Inry-teaters, poedel-rompe, knie-lengte rokke, bonkige bykomstighede, rooi lippe – geen wonder hulle noem dit die fantastiese vyftigs nie! Daar word gereeld vir bruide gesê om hul unieke persoonlikhede in hul troue inkorporeer en nie die norm te volg nie. Hierdie gestileerde fotosessie bewys wat vermag kan word indien ‘n bruid besluit om waaghalsig te wees.
‘n Groep talentvolle diensverskaffers in die trou-industrie het, onder leiding van Karlé Potgieter, hierdie 1950’s geïnspireerde gestileerde fotosessie bymekaargesit. Dit bied kop tot toon idees, advies en inspirasie vir toekomstige bruide. Let op hoe verskillende elemente bymekaar gevoeg is en gebind word deur gemeenskaplike kenmerke. Die bruid se swaar grimering, rooi skoene, tesame met die rooi kewer motor dien as fokuspunte. Dít word weer uit gebalanseer met haar eenvoudige rok, juwele en haarstyl.
Rol af vir unieke 1950’s trou-inspirasie en ontdek jou waaghalsige kant!
Wie het die fotosessie gereël
Karlé Potgieter het die fotosessie gereël.
Inspirasie vir die fotosessie?
Dit is lekker om elke nou en dan uit jou daaglikse roetine te breek en iets aan te pak wat kliënte nie gereeld voor vra nie. Ek het dit goed gedink om iets buite die boks te doen om toekomstige bruide te laat besef hulle hoef nie altyd hulle troue te beplan rondom wat die huidiglik tendense is nie.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ek werk op ‘n daaglikse basis met die beste verskaffers in die industrie. Dus het ek nie twee keer gedink aan wie om te betrek vir die fotosessie nie. Sumarie se buitelug troufoto’s is haar spesialiteit en ek het geweet sy sal die foto’s by die rooi kar in die veld perfek kan vasvang. Sadé is besig om baie vinnig haar merk in die mode industrie te maak; Sy is bekend vir haar eksentrieke ontwerpe. Igna is ‘n meester as dit by blomme kom. Maak nie saak wat jy vir haar vra nie, sy lewer altyd top kwaliteit.
Agter die skerms inligting
Ons het nie enige probleme gehad nie. Alles was vooraf haarfyn beplan en het vlot op die dag verloop.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Dit was baie spesiaal om te sien hoe almal hulle eie unieke styl na die tafel bring. Die tydjie op die stel was ‘n absolute fees! Om te sien hoe soveel talentvolle mense saamwerk en almal se idees van 1950’s trou-inspirasie saamkom, was regtig ‘n baie bevredigende ervaring.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
As jy ‘n waaghalsige klassieke tema soos dié vir jou troue wil hê, moet jy seker maak dat dit ook by jou persoonlikheid pas. Nog iets wat jy in gedagte moet hou is dat die tipiese 1950’s kat oogomlyner nie by alle oog vorms pas nie. Kry dus eers raad by ‘n professionele grimeer kunstenaar en maak seker of dit by jou sal werk voor jy ‘n besluit neem.
- Grimering, hare en stilering : MUD Studio Bloemfontein
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf : Sumarie Photography
- Ontwerper : Dé Wear
- Blomme : Bloomz Flowers by Design
- Kar : Hanno Otto
- Model : Nadia von Maltitz