ล Groep talentvolle diensverskaffers het vanjaar hul kreatiwiteit en vaardighede na The Conservatory in Franschhoek gebring. Hierdie gestileerde fotosessie bied trou inspirasie vir die moderne bruid wat nie sal skroom om die nuutste modes en tendense aan te pak nie, maar ook lief is vir tradisionele romanse. Die diensverskaffers het ล ongelooflike prentjie bymekaargesit wat deur die veelsydige lente-seisoen en The Conservatory se moderne argitektuur geรฏnspireer is. Hul keuse van styl en dekor beeld die prag van lente uit, met effense spatsels van die vorige winter seisoen.
Hierdie fotosessie laat ons opnuut die skoonheid van ons land se seisoen-veranderinge waardeer, asook waarmee Suid-Afrika se talentvolle diensverskaffers reg onder ons neuse aan die werk is. Rol af as jy jouself kan sien trou by ล pragtige venue, omring deur ล moderne lentefees. Verkry trou inspirasie uit die unieke gestileerde fotosessie.
Wie het die fotosessie gereรซl?
Moderne Lentefees was โn gesamentlike poging van Karoelien Rust van Krust Photography en Lienkie van Eeden van Love Lienkie Events.
Inspirasie vir die fotosessie?
Met die aanbreek van lente, kom onverskrokke skoonheid. Pragtige blomme begin kop uitsteek, maar tog talm die tekens van winter. Die Boland is soms traag om sy winter-kombersie af te skud en gee dus vir ons die mooi van altwee seisoene. Grys grou reรซnerige dae word opgekikker deur die spatsels kleur van veldblomme. Die diep blou wolke wat die pragtige berge omring sorg vir die perfekte agtergrond.
Die kontras tussen warm en koud was ons inspirasie vir ons Moderne Lentefees fotosessie โ perfek vir die bruid wat hou van moderne simplisiteit, maar tog ook romanse.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
The Conservatory, weg gesteek tussen die berge van Franschhoek, was die perfekte venue. Die moderne lyne van die glas, staal en beton struktuur sit ล raam om die majestueuse berge. Dit lyk kompleet soos โn dak tot vloer landskap kunswerk.
Die minimalistiese dekor van sement-tekstuur kershouers en minimalistiese eetgerei word opgekikker deur kleurvolle blomme van Anna Botany en fluweel meubels van NConcepts and Designs. Elbeth Gilles se skeppings sal enige bruid laat JA sรช. Juwele van Anine Roos en die keurige grimering van Corlรฉ Barnard het ons lentefees af afgerond met โn tikkie weelde.
Ons diensverskaffers was โn gedugte span wat bestaan het uit slegs vrouens. Dit het die atmosfeer vrolik, grapperig en stres-vry gehou.
Agter die skerms inligting
Moderne Lentefees is gereรซl binne slegs twee weke! In hierdie industrie waar mense graag ver vooruit datums vasmaak, kan dit โn probleem raak. Maar, soos reeds genoem, was hierdie โn gedugte span vrouens. Almal was gereed en gemotiveerd om in te spring en te help.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Dit was ล baie spesiale oomblik toe ons waarneem hoe die hele prentjie bymekaarkom. Mens het altyd โn idee in jou kop oor hoe iets moet lyk, maar eers wanneer al die elemente in plek val, sal jy weet of die droom โn sukses raak. Gewoonlik met visie en toewyding is die eindresultaat mooier as wat mens verwag.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Moenie bang wees om kontrasterende elemente saam te gooi nie. In ons geval was ons mal oor die minimalistiese voorkoms van sement en staal, asook sagte romanse. Op die ou einde het die kleurvolle blomme die minimalistiese voorkoms pragtig gekomplimenteer.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
-
- Venue : The Conservatory
- Fotograaf : Krust Photography
- Koรถrdineerder : Love Lienkie Events
- Trourokke : Elbeth Gilles
- Grimering : Corlรจ Barnard
- Hare : Delightful You
- Juwele : Anine Jewelley
- Blomme : Anna Botany
- Dekor : N Concepts and Designs
- Skryfbehoeftes : Susan Brand
- Koek : Sugar and Spice Patisserie
- Kerse : Candles 4 U
- Eetgerei : Functions and Events Hiring
- Kousband : Limerence Garters
Modelle:
- Elrine
- Lianรฉ
- Martine