Troukoek tendense waarvan jy moet weet

Wanneer dit by die beplanning van jou troue kom, is min besluite so lekker as dié van jou troukoek.  Tussendeur die chaos van honderde afsprake, die wipplank van emosies en die lang ure van beplanning, wat kan beter wees as die proe van heerlike koeke?  Wees so gretig as wat jy wil, want jou troukoek moet net so lekker proe soos wat dit lyk.

wedding cake ideas
Fotograaf: Jané-Ulla

Die Styl


Dit kan oorweldigend wees om die regte styl te kies;  Wees eerlik met jouself oor waarvan jy hou en wat julle as paartjie se styl reflekteer.  Indien jy ‘n unieke troukoek wil hê, moet jy mooi beplan presies hoe jy wil hê die troukoek moet lyk.  Dit kan help om na foto’s in tydskrifte en prente aanlyn vir inspirasie te kyk, maar moenie presies dieselfde doen nie.  Die koek se ontwerp moet ooreenstem met die estetiese van jou troue.  By ‘n formele troue is dit gepas om ‘n algemene gestruktureerde, multi lae koek te verwag, maar dit kan fraai of eenvoudig versier word – so lank as wat die styl jou en jou verloofde s’n pas.

By ‘n informele troue kan jy werklik enigiets doen wat jy wil!  In plaas van ‘n multi lae koek kan ‘n eenvoudige enkellaag koek vertoon word met ‘n interessante ‘koek topper’ of ‘n dramatiese staander bo-op.  Die koek kan soveel blomme, kleure, patrone of prentjies ophê soos jy dit verkies!

Inspirasie vir jou koek se styl kan kom van die plek waar jou troue plaasvind,  jou eie styl, modes en tendense, die natuur (takkies en blomme lyk pragtig op ‘n trou koek) of die spyskaart as dit bedien gaan word as nagereg.  ‘n Baie gewilde opsie is ook om jou bloemis by die styl van jou troukoek te betrek.  Laat jou spysenier sy ding doen met die heerlike geure en jou bloemis die koek ophelder met dieselfde blomme wat jy vir die dekor gekies het.

wedding cake ideas
Fotograaf: Lizelle Goussard
wedding cake ideas
Fotograaf: Boundless Hearts Photography

Verskillende Opsies


Hier volg 2019 se gewildste troukoek geure:
  • Pienk Sjampanje.  Hierdie opsie is perfek vir ‘n sagte, verfynde bruid.  Al wat jy doen om hierdie troukoek te maak, is om die water in die resep met sjampanje te vervang!
  • Appel Karamel Koek.  As jou troue in herfs maande plaasvind, sal hierdie koek die perfekte toevoeging tot jou herfs tema wees.
  • Gesoute Karamel Koek.  Hierdie heerlike geur gaan weer hand aan hand met ‘n winter troue.
  • Sjokolade Cuppacino Torte.  Meeste gaste is lief vir ‘n lekker koppie koffie as die aand laat raak – kombineer dit met ‘n lekker sny Cuppaccino koek en jy het ‘n wenner!
  • Vars framboos en botterroom Koek.  Die opsie is ‘n relatiewe nuwe tendens vir troukoeke.  Dit vermy die eenvoudige vanielje geur, deur die mengsel met framboos te verbeter.
  • Sjokolade bedekte framboos Koek.  Hierdie opsie sal jou gaste se monde laat water!  Indien dit reg gedoen word, sal jou gaste nog vir lank oor jou troukoek fantaseer.
wedding cake ideas
Fotograaf: Michelle Van Staden Photography
wedding cake ideas
Fotograaf: Christine Joy Photography

Alternatiewe


Dit is 2019!  Daar was al honderde suksesvolle troues wat ver van die tradisionele trou rituele afgewyk het.  Bruide dra nie meer almal wit rokke nie, bruide en bruidegomme maak saam klaar vir hul groot dag, ‘n tannie of oom vergesel die bruid in die paadjie af, ens.  Dus het jy ook vrye teuels met die kies van jou troukoek.  Inteendeel, jy hoef nie eers ‘n troukoek te hê nie!  Hoe klink ‘n 2 meter x 2 meter donut muur met warm vanielje, sjokolade en aarbei geursel wat teen die muur af drip?  Of ‘n reuse glashouer vol ‘Macaroons’ wat jou kompleet laat voel asof jy in Italië vakansie hou?  Hier volg troukoek alternatiewe vir die meer waaghalsige bruidspaartjies:

‘n Kaas koek

Nee, nie die kaaskoek wat ons in Suid-Afrika ken nie.  ‘n Koek gemaak van regte kase soos Cheddar, Mozzarella, Bloukaas ens!  Komplimenteer hierdie koek met vars vrugte en pragtige blomme en jou gaste sal nie kan ophou praat daaroor nie!  Hierdie opsie het onlangs baie gewild in Ierland geraak.  Kom ons bring dit Suid-Afrika toe!

‘n Macaroon Toring

Kies en keur uit hordes verskillende kleure en geure om jou gaste te beïndruk.

Verpersoonlikte trou koeke

‘n Troukoek en ‘n ‘dankie-sê’ geskenk ineen!  Bederf jou gaste met ‘n mini koek, spesiaal gemaak met hul naam op.

‘n Pannekoek Troukoek

Stapel soveel pannekoeke soos wat jou hart begeer om ‘n pannekoek toring te maak!  Rond dit af met heerlike stroop om jou gaste se smaakkliere te laat smelt. 

Ronde Koek Balletjies

Hierdie opsie is kreatief en prettig!  Die ronde koek balletjies word op stokkies gesit wat dit maklik maak om te eet.  Wat hierdie opsie nóg beter maak, is dat jy dit met enige geursel kan versier!  Jy kan selfs verskillende geure op jou troudag hê, sodat jou gaste self kan besluit waarin hulle hul balletjie wil ‘dip.’

Croquembouche

Wat ‘n vreemde woord!  Hierdie opsie is eintlik eenvoudig – dit bestaan uit donsige deeg wat bymekaar gehou word met karamel stroop!  Die deeg balletjies word dan opmekaar gesit en vorm ‘n ‘Croquembouche’ toring. 

‘n Nagereg Tafel

Hierdie is ‘n baie goeie én gewilde opsie.  Verskillende nagereg opsies word op die tafel geplaas sodat gaste self kan besluit wat hulle wil hê.  Jou ouma Nellie is dalk mal oor ‘n vrugtekoek maar jou blommemeisie se gesiggie trek sommer as sy dit net sien!  Só kan jy maklik voorsiening maak vir die gaste met spesiale voorkeure of spesifieke allergieë.

Moenie bang wees om verskillende opsies, teksture, kleure en geure te probeer nie.  Jy trou net een keer en jy sal dus net een troukoek hê!  Indien jou buitengewone, interessante opsie reg gedoen word, sal dit nog lank op jou gaste se lippe bly!  Indien nie, wees gerus dat jou troukoek nie die belangrikste deel van jou troue is nie.  Jy kan rondspeel soveel soos wat jy wil!  Indien ‘n vreemde, buitengewone rok nie reg gedoen word nie sal dit ‘n veel groter dilemma wees as ‘n troukoek!  So laat jou self toe om kinderlik opgewonde te raak en beplan ‘n lip-lek-lekker troukoek saam jou aanstaande.

wedding cake ideas
Fotograaf: Stella Sassen
wedding cake ideas
Fotograaf: Wynand van der Merwe

Artikel Krediet: Foto’s slegs vir illustrasie doeleindes. Die betrokke fotograwe is onder elke foto krediet gegee.