Richard & Emma se intieme troudag

Richard en Emma se visie vir hul troudag was ‘n klein en intieme geleentheid, ingekleur met liefde en die mense waarvoor hulle die meeste omgee.  Hulle het die mees perfekte venue gekies om hul visie ‘n realiteit te maak.  Die paartjie se gaste kon gemaklik sit en kyk hoe hulle ewige liefde aan mekaar verklaar, terwyl die asemrowende see-uitsig die prentjie afrond.  Richard en Emma het boonop hul blomme en die opstelling van hul dekor self gedoen!  Let veral op na die blomme op die tafels; Uitgedroogde, fyn blomme in lang deurskynende vase – hoe pragtig!  Emma se keuse van trourok, haar blomkroon en die paartjie se keuse van venue en dekor is dié van ‘n elegante, ietwat boheemse, plat op die aarde paartjie.

As jy ‘n intieme troudag oorweeg, rol gerus af vir die mooiste trou inspirasie.

wedding in Durbanwedding in Durban

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 1 Junie 2019 getrou.  Ek (Emma) was 26 en Richard was 30 jaar oud.

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ek en Richard het deur gemeenskaplike vriende ontmoet en gereeld dinge saam as vriende gedoen.  Ons het begin gesels en later tyd alleen saam spandeer.  Ons liefde het net geblom!

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Vertel ons meer van jul ringe


My verloofring is van my Ouma se goue troupand gemaak.  Dit is herontwerp na ʼn solitêre snit met ʼn protea instelling en diamante op die pand.  Ons troupante is is van Richard se ouma se ring gemaak.  Die ring het drie diamante ingehad wat ons gebruik het op my ring in ʼn unieke vorm te herontwerp.  Richard se ring bevat ook van die goud van sy ouma se ring.

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Vertel ons meer oor die fotograaf


Ons fotograaf, Cheney, het ons by ʼn familie fotosessie ontmoet.  Sy is ʼn lieflike vrou en ʼn baie talentvolle fotograaf.  Haar pryse is ook billik in vergelyking met ander fotograwe wat dieselfde kwaliteit foto’s as sy bied.

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Een ding wat regtig op ons troudag uitgestaan het, was dat ons seun gedoop is.  Dit was vir ons as getroude paartjie baie spesiaal.  Na al die harde werk, het die venue asemrowend gelyk!  Ons kon ook nie vir beter weer vra nie.

Indien ek iets kon verander, sal ek kies om nie my eie hare en grimering te doen nie.  Ek dink as as ek vir iemand anders gekies het om dit te doen, sou ek ‘n bietjie meer ontspanne op die dag gewees het.

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Vertel ons meer van jul Wittebrood


In plaas van ʼn wittebrood vir net ons twee, beplan ons ʼn familie-vakansie in Mauritius.  Ons seuntjie sal amper twee wees as ons vir ons eerste familie vakansie oorsee gaan.

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons idee van ons droom troue was ‘n klein en intieme troudag, met net ons naaste vriende en familie om die dag saam ons te vier.  Hierdie venue het perfek by die visie wat ons vir ons troudag gehad het, ingepas.  Ons is ook baie lief vir die see en die venue het ʼn pragtige uitsig oor die see gehad.  Dit was ook nie té ver van Durban nie, so ons gaste hoef nie lank te gereis het nie.

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons advies sal wees dat paartjies moet probeer om die hele proses te geniet.  Dit gaan by tye stresvol wees maar alles is die moeite werd.  Jou troudag is die beste dag van jou lewe, al gaan jy van die kleiner details met tyd vergeet.

wedding in Durbanwedding in Durbanwedding in Durban

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons eerste dans liedjie was The Book of Love deur Peter Gabriel.  Ek en Richard was nog altyd mal oor hierdie liedjie;  Dit dra baie betekenis in ons verhouding.  Ons het glad nie voor die tyd geoefen nie;  Ons het maar net op die dag geïmproviseer!

wedding in Durbanwedding in Durban

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]