Die talentvolle Kaapstad gebaseerde troufotograaf, Gustav Klotz Photography, het Mark en Lizelle se visie vir hul troudag verstaan en kon al die unieke elemente op foto’s vasvang sodat hulle altyd met liefde en trots na hierdie dag kan terugkyk. Lizelle het ook lank gesoek na die perfekte trourok voordat sy haar finale keuse gemaak het en Mark het haar pragtig gekomplimenteer met ʼn stylvolle pak.
Mark en Lizelle se intieme troudag van 45 gaste was werklik uniek en spesiaal. Indien bruidspaartjies ʼn lang gastelys het, baseer hul gewoonlik hul trou venue keuse op die grootte van die venue om te verseker dat almal gemaklik sal inpas. Wanneer jy egter minder gaste nooi, moet jy ook seker maak dat jou keuse van venue by ʼn kleiner troue sal pas. As die venue te groot vir die aantal gaste is, sal die onthaal leeg en koud voel. Mark en Lizelle het deeglik navorsing gedoen en die perfekte venue gekies.
Hulle wou wegbreek van die tradisionele en seker maak hul troudag is ʼn unieke ervaring vir hul gaste. Hulle het wel op ʼn wynplaas getrou, wat redelik algemeen is, maar het besluit om hul seremonie in die kelder self te hou! Die onthaal was by ʼn unieke restaurant op Franschhoek kelder se perseel; ʼn Ou spoorlyn wat herontwerp is om soos die binnekant van ʼn trein te lyk.
Rol af vir wenke oor hoe om diensverskaffers te kies, asook inspirasie en unieke voorstelle as jy ʼn intieme troudag beplan.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons troudatum is 22 September 2018. Mark was 36 en ek (Lizelle) was 33 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons het by ‘n troue ontmoet! Kort daarna het ons altwee by dieselfde maatskappy begin werk en van daar het dinge ontwikkel.
Mark het die vrae werk gedoen terwyl ons vir ‘n naweek in Darling was om die Weskus blomme te gaan kyk. Hy het my laatmiddag met sonsondergang onder ‘n groot boom in die tuin van ons gastehuis gevra om te trou. Die verlowing was gevolg met baie sjampanje en ‘n lekker braai!
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek het elke tipe rok aangepas om so veel moontlik idees te kry van wat werk, en wat werk nie. Ek wou graag ‘n noupassende rok dra, maar kon nie die presiese ontwerp kry waarvoor ek gesoek het nie.
Net toe ek amper moed verloor het, word ek verwys na Besters Bridal Boutique in Knysna. Ek het op baie kort kennisgewing ʼn afspraak met Vanessa gereël en sy het dadelik ‘n idee gehad van die tipe rok wat my lyf die mooiste sal pas. Die eindresultaat was uitstekend! My rok se snit was perfek en só gemaklik. Ek het regtig baie spesiaal in my trourok gevoel.
Vertel ons meer van jul ringe
Mark het my gevra om te trou met ‘n tydelike “simboliese” ring en die idee dat ons saam my verloofring en ons trouringe kan ontwerp. Hy het sy ma se juwele geërf en ‘n sakkie met allerhande verskillende juweelstukke (onder andere ook haar verloofring) met ons verlowing vir my gegee – dié sakkie was amper verlore in die Knysna vuur!
Emma Anne Jewellery het alles ontwerp en vir ons gemaak; My 5-diamant verloofring is in platinum geset, asook my oorkruis “ewigheid” troupant. Mark se ring is bypassend en het ook dieselfde oorkruis “oneindigheid” ontwerp. Een van sy ma se diamante is aan die binnekant van sy ring geset vir sentimentele waarde.
Vertel ons meer oor die fotograaf
Aangesien die foto’s so belangrik is om die dag vas te vang, het ek deeglike navorsing gedoen om die regte fotograaf op te spoor. Gustav Klotz Photography het dadelik uitgestaan. Mens kon sy ondervinding en passie vir wat hy doen duidelik in sy foto’s sien.
Tot ons geluk was hy beskikbaar vir ons trou datum! Hy het ons verwagtinge oortref met sy uitstekende diens en natuurlik die ongelooflike eindresultaat van ons foto’s.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Ek en Mark waardeer albei die klein dinge, so ons dag was vol merkwaardig en vrolike oomblikke; Die grimering en aantrek, die eerste keer toe ons mekaar op die dag sien, toe ons as Mnr en Mev instap by die onthaal en ons “kaas koek” sny, toe almal Happy Birthday sing vir pa van die bruid – alles was perfek!
Daar is niks wat ons sal verander nie.
Het julle enige diensverskaffers vanaf Mooi Troues gekry?
Ek het baie bronne gebruik en volg al maande lank Mooi Troues. Ek het baie idees en wenke van julle af gekry!
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ons wou ‘n intieme troue gehad het, waar almal saam gesels en kuier by ‘n lang tafel. Ons wou egter nie ‘n tradisionele wynplaas venue hê en het gesoek vir iets meer modern, wat nie baie dekor benodig nie.
The Platform by Franschhoek Cellar was perfek – die lang vertrek van die restaurant was die ou spoorweg en sluit aan by ‘n kroeg in die volgende vertrek, met ‘n swart en wil teel dansvloer. Die industriële gevoel van baksteen mure, met swart en goud detail, moderne ligte, en groot vensters wat uitkyk oor die treinspoor en wingerde, het alles saam gewerk vir die perfekte trou venue.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Lizelle: Moenie net die eerste verskaffer of kwotasie aanvaar nie. Soek en onderhandel totdat jy die beste kopie kry. Spandeer ekstra op dit wat vir jou belangrik is – veral gemaklike skoene! Maak seker om ‘n koördineerder aan te stel wat op die dag dinge kan bestuur en seker maak jou troudag verloop glad.
Mark: Maak vooraf afsprake met al jul diensverskaffers om seker te maak dat almal verstaan wat julle verwagtinge vir die dag is. Bevestig die besonderhede met elke verskaffer die week voor die troue. Dit help dat julle die dag meer geniet, met die vertroue dat alles sal verloop soos dit moet.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Eerste het ons ‘n venue gekies, waar gaste gesellig en gemaklik kon kuier. Dit het ons vroeg ʼn baie goeie aanduiding gegee vir die beraming van die geleentheid. Ons was baie bevoorreg om bydraes van beide ons families te ontvang, so ons kon van daar af ʼn begroting uitwerk en met die beplanning begin.
Ons het tyd spandeer om goeie kopies en plaaslike verskaffers te soek en het 45 gaste onthaal.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons wou graag ‘n meer vrolike eerste dans hê, in plaas van stadig of tranerig. So dit was op maat van Taylor Swift se liedjie Love story – dit is nog altyd vir ons ʼn pragtige liedjie en Mark het selfs daarna verwys toe hy die ja-woord gevra het! Ek het eers saam met my pa begin dans, en toe sny Mark in – dit was baie spesiaal!
Gelukkig dans ons lankal saam by troues en funksies, so ons het nie oefening voor die tyd nodig gehad nie. Ons sal wel voorstel om net ‘n gevoel te kry van dans met julle nuwe trou skoene aan!
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons het die Kaap platgery! Eers was vir ‘n paar aande by ʼn gasteplaas en Spa in Tulbagh om te rus na die troue. Van daar is ons McGregor toe. Nie een van ons was al daar nie en het behoorlik die area (en wynplase) leer ken. Laastens het ons opgevaar kus toe om tyd in Pringlebaai deur te bring. Dit was onvergeetlik! Die weer het so mooi saamgespeel dat ons Hangklip kon klim, op die strand kon rondstap en in die son ontspan.
- Fotograaf: Gustav Klotz Photography
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Franschhoek Cellar
- Dekor: Special Events
- Blomme: Amazing Flowers
- Trourok: Bester’s Bridal Boutique
- Bruidegom se pak: Eurosuit
- Grimering en hare: Tatiana Herbst
- Musiek/Platejoggie: Infinity Times Infinity
- Kaas koek: Fairview
- Troukoek: Sacred Ground
- Skryfbehoeftes: Deidre Kolver
- Ringe: Emma Anne Jewellery