Kalligrafie trou uitnodiging inspirasie

Ons hier by Mooi Troues is altyd gewillig om nuwe bydraers te kry om vir ons lesers veelsydige trou inspirasie te bied.  Dus verwelkom ons hierdie week ‘n nuwe skryfbehoefte bydraer by die Mooi Troues familie – Rabbits Trail.  Die stigter en ontwerper, Marieke, het ‘n warm en hartlike persoonlikheid en is uiters passievol oor wat sy doen.  Sy het in Januarie 2018 haar ontwerp-studio in Pretoria gestig en het sedertdien van krag tot krag beweeg.  Sy spesialiseer in trou-uitnodigings, skryfbehoeftes en ook trou-webtuistes.  Haar liefde lê egter in die krag van papier – iets wat jy vir ewig tussen jou vingers kan voel terwyl jy nostalgies terugdink aan die beste tyd van jou lewe.

Volgens haar is skryfbehoeftes een van die min dinge wat jy vir ewig kan hou – die blomme en troukoek is buite die kwessie, jou rok word net een keer gedra en die res van die elemente verdwyn met tyd.  Maar jou skryfbehoeftes kan vir altyd gebêre word om jou te herinner aan jou spesiale dag.

Kyk hieronder na Marieke se kalligrafie trou-uitnodiging.  Die vlootblou en wit gepaard met die eenvoudige blompatroon is ‘n pragtige en tydlose kombinasie.  Marieke se vaardighede, talent en fyn hand kan duidelik in hierdie ontwerp gesien word.  Die ontwerp is uniek, stylvol en gevul met sentimentele waarde.  Ons sien uit om ná hierdie voorsmakie nog baie van Marieke se werk met julle te kan deel!

Rabbitstrail: Wedding Stationery | Wedding Invitations | South Africa Rabbitstrail: Wedding Stationery | Wedding Invitations | South Africa Rabbitstrail: Wedding Stationery | Wedding Invitations | South Africa Rabbitstrail: Wedding Stationery | Wedding Invitations | South Africa Rabbitstrail: Wedding Stationery | Wedding Invitations | South Africa

Meer oor Skryfbehoeftes op Mooi Troues


Trou skryfbehoeftes speel ‘n belangrike rol in jou troudag.  Daarom deel Mooi Troues weekliks trou skryfbehoefte inspirasie van ons bydraers.  Hulle is professionele grafiese ontwerpers met ondervinding in die trou bedryf.  Die bydraers verstaan waarna die moderne bruidspaar opsoek is en ken die nuutste tendense.  Mooi Troues het ‘n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aanlyn, wat ontwerp is deur talentvolle grafiese ontwerpers.

Die trou uitnodiging is een van die eerste indrukke wat jou gaste van jou troue sal kry.  Wanneer gaste die venue binnekom, is die eerste dinge waarna hulle soek die sitplekkaartjie, asook die naamkaartjies op die tafels.  Wanneer jou gaste by hul sitplek sit, is almal gewoonlik nuuskierig om te weet wat hulle gaan eet.  Dus sal die spyskaart op die tafel ook deel wees van jou gaste se eerste indruk van die onthaal.

Is jy opsoek na trou skryfbehoeftes vir jou grootdag?  Mooi Troues bied gratis trou skryfbehoeftes inspirasie, beskikbaar aanlyn.  Elke  bruidspaar wat opsoek is na iets uniek vir hulle troue, sal by Mooi Troues iets vind.

Ons het ook ‘n groot verskeidenheid gratis aflaaibare trou skryfbehoeftes beskikbaar.  Jy kan gratis vanaf Mooi Troues aflaai, laat druk en vir jou troudag gebruik.  Klik hier om te kyk na ons gratis skryfbehoeftes.

Jy kan kies en keur tussen honderde verskillende trou uitnodigings, spyskaarte, naam kaartjies en vele ander items.  Indien jy opsoek is na skryfbehoefte ontwerpers wat Mooi Troues aanbeveel, klik hier om ons Trougids te besoek.

Mooi Troues hoop jy geniet die bron van inspirasie wat ons vir jou troudag bied.

Rabbitstrail: Wedding Stationery | Wedding Invitations | South Africa Rabbitstrail: Wedding Stationery | Wedding Invitations | South Africa

Artikel Krediet: