Alhoewel Holly en James alreeds ʼn klein troue in Amerika gehad het, was Swellendam in die Wes-Kaap se natuurskoon net té onweerstaanbaar om nie ʼn groter troue met al hul familie en vriende te hê nie. Hulle het plaaslike diensverskaffers rondom die area gebruik om hul spesiale dag in Swellendam ʼn realiteit te maak. Dié diensverskaffers het hul wildste verwagtinge oortref! Vandag spog hulle met ʼn pragtige troue tussen die berge, fynbos en oneindige plaas-groen natuurskoon van ʼn Swellendam trou venue, Joubertsdal Country Estate.
Rol af om na die Amerikaanse se sprokiesverhaal in Suid-Afrika te lees en geniet die pragtige foto’s van Heléne Viljoen Photography.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons het op Mei 4 Mei 2019 getrou. Holly was 35 en James was 32 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ek (Holly) het aansoek gedoen vir ʼn werk by ʼn baan-onderneming. Min het ek geweet dat die man wat met my die onderhoud doen, die man is met wie ek gaan trou. James het my in Desember 2017 by Creation Wines gevra om te trou.
Vertel ons meer van jul ringe
My verloofring was James se ouma Josephine sin. Dit is in 1925 vir haar in Swellendam gemaak. Ek en James het albei ons trouringe by Browns gekoop. Op James se pand is ons troudatum toe ons in Amerika in die hof getrou het, ingegraveer. Op my troupand is ons troudatum van ons troue in Swellendam ingegraveer – hierdie datum word as ons offisiële datum gebruik.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Ons venue was ons gunsteling deel van ons troudag! Alles van die skape by die venue tot die berge was pragtig!Joubertsdal is die mees ideale venue waarvoor ons kon vra.
As ons iets kon verander, sou ons gevra het vir minder wind. Maar met wind en al, kon ons nie vir ʼn beter dag vra nie!
Vertel ons meer oor die fotograaf
Ons fotograaf, Helene Viljoen, is ʼn lewendige, jong en passievolle fotograaf. Ten spyte van die onweer op ons troudag, het sy kalm gebly en vir ons geïnspireer. Sy het dit maklik gemaak om haar raad te volg en dit het die ongelooflikste foto’s opgelewer! Ons het van begin tot einde gemaklik met haar gevoel.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Ons advies is dat paartjies ʼn oomblik op hul troudag moet neem om hulle harde werk en beplanning in te neem. Mens werk so hard om die dag ʼn sukses te maak en jy verdien ʼn oomblik om die sukses te vier.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ons het na venues in Swellendam gekyk. Hierdie dorpie het ʼn spesiale plek in ons harte omdat James se ouma- en oupagrootjie, asook my verloofring van daar af kom. Die oomblik toe ons in Joubertsdal inry, het ons albei geweet dat ons daar wil trou. Die groen heuwels, natuurlike hout, hoë balke en pragtige kapel was alles vir ons asemrowend! Dit was asof ons drome vir ons troudag in ʼn oogwink bewaarheid is.
Ons dekor was gebaseer op die skoonheid van die venue. Ons wou nie van die treffende venue wegneem nie, so ons het ʼn natuurlike groen palet gekies. Christie van La Flor het die dekor gedoen. Hy het die tafels en die muur agter die hooftafel met plaaslike groen versier. Ons het vlootblou servette gekies om die groen uit te balanseer. Ons was uiters tevrede met Christie en sy span wat ons trou-dekor droom bewaarheid het.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Ons het ʼn streng begroting opgestel en daarby gehou. Ons het geskat hoe baie ons sal wil spandeer op ons troudag en hoeveel mense ons dink sal opdaag. Ek dink omdat ons ʼn bietjie ouer is en self vir ons troue betaal het, kon ons hierdie getalle goed skat.
Ons het 96 gaste onthaal.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons eerste dans was vreeslik prettig! Na ʼn minuut van alleen dans, het al ons gaste saam ons op ʼn hip-hop liedjie kom dans. Dit is presies wat ons wou gehad het!
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons wittebrood het voor ons troue plaasgevind. Soms neem mens se besige lewenstyl oor en kan mens nie ʼn wittebrood na die troue hê nie; Dit is iets wat baie paartjies deesdae doen. Ons het Holland en Parys besoek en daarna na Cali, Utah en Arizona gereis. James het besluit om van die Suidrand van die Grand Canyon na die Noordrand te hardloop! Die wittebrood was vir ons albei ʼn ongelooflike ervaring en ons was baie bevoorreg om na verskillende kontinente te reis. My gunsteling deel was die trappies bo die Eiffeltoring toe ons op ʼn someraand gesit en kyk het hoe die mense onder ons sing, sokker speel en dans. Parys is ʼn betowerende stad!
- Venue: Joubertsdal Country Estate
- Fotograaf: Helene Vijoen
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Grimering: Colleen van Rensburg
- Haarstilis: Nadine Fischer
- Dekor: La Flor
- Spyseniering: Sout en Pepa
- Confetti: Preserved Hydrangea
- Trourok: Davids Bridal (Amerika)
- Trouringe – Brown’s Jewellers