Renske van RDK Photography het seker gemaak dat Herman en Chené se buitengewone verlowingsfotosessie uniek is. Sommige paartjies hou daarvan as hul verlowingsfotosessie op hul troue se tema gebaseer is en ʼn voorsmakie vir hul gaste is; Hierdie paartjie het egter die teenoorgestelde roete gekies. Chené het ʼn slank swart rok en donker grimering gekies omdat sy weet dat sy dit nie op haar troudag sal kan doen nie. Hulle verlowing foto’s het ʼn misterieuse gevoel gehad, terwyl dit steeds hul oneindige liefde vir mekaar uitgebeeld het. Renske het ʼn uitstekende werk gedoen om hierdie paartjie se visie vir hul verlowing foto’s ʼn realiteit te maak.
Rol af en kyk na Herman en Chené se buitengewone verlowingsfotosessie.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ek was ‘n tweedejaar student by Tuks en het pas in ʼn nuwe woonstel ingetrek. Ons het die aand uitgegaan om dit te vier en my vriendin het iemand ontmoet van wie sy hou. ʼn Paar weke later het hierdie ou by by ons kom kuier en een van sy vriende saamgebring. Dit is toe ek vir Herman ontmoet het. Na daardie aand het ons glad nie kontak gehad nie, maar mekaar weer ʼn jaar later raakgeloop. Van daar af het ons onophoudelik gesels! Vier jaar later en ons is verloof! Herman is so liefdevolle mens en het die vermoë om die goed in ander uit te bring.
Vertel ons wie het wie gevra om te trou?
Herman het my gevra wanneer ek dit die minste verwag het. Hy het my voete onder my uitgeslaan! Hy het geweet dat ʼn verlowing iets is wat my kinderlik opgewonde maak en waarna ek vreeslik uitsien! Kort voor ons verlowing het ek begin karring en probeer uitvis wanneer dit gaan gebeur, minwetend dat hy al lank daaraan beplan. Herman het geweet dat hy ‘n plan moet maak en my ʼn rat voor die oë draai, anders gaan ek presies weet wat aangaan!
Een Sondagoggend het die dominee tydens die diens oor die huwelik gepraat en hoe wonderlik dit is. Ek dink toe hartseer by myself dat hierdie in die verre toekoms vir ons is omdat Herman so lank vat om die groot vraag te vra. Intussen knip Herman en sy vriend vir mekaar oog, juis oor hulle weet wat vanmiddag op my wag. Daardie middag het my beste vriendin my gebel en gevra of ons Sondag middagete saam haar wil eet.
Op pad huistoe mis Herman die afrit wat ons moet neem. So entjie verder het ons in Muldersdrift, by Helivate, gestop. Ons stop toe bo op die koppie by Kloofzicht met ‘n ongelooflike sonsak uitsig. Herman het gereël dat ons ‘n piekniek hou en daar het hy my grootste droom laat waar word. Dit was perfek!
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons wou graag iets anders en uniek gedoen het. Ek lank terug Renske van RDK Photography se werk gesien en het ek geweet sy gaan my foto’s eendag neem! Ons was mal oor haar styl en sommer net haar menswees ook. Ek het klomp prentjies op Pinterest afgelaai en van daar af het ek en Renske gesels. Ons is absoluut gaande oor ons foto’s en kyk letterlik elke dag daarna!
Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?
Ons kleurskema is blos pienk met ʼn tikseltjie van swart. Ons albei was baie gemaklik voor die kamera en Renske maak dit net soveel lekkerder en makliker. Die swart kleurskema van die foto’s pas by die tema van ons troue. Ons het die foto’s ook sommer vir ons trou webtuiste en uitnodigings gebruik! Ek wou baie graag donkerder grimering gehad het om anders te lyk as op ons troudag. Tylah is ongelooflik en sy het my grootste verwagtinge oortref.
Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?
Ons het lank terug op Florence Guest Farm se webtuiste afgekom. Daar en dan het ons besluit dat as ons eendag gaan trou, dit die perfekte venue sal wees. Ons is bevoorreg genoeg om later in die jaar daar te kan trou. Die venue skep ʼn ongelooflike romantiese gevoel en die natuurryke area is beeldskoon. Ons droomtroue is ‘n aand waar ons lekker kan kuier saam met ons familie en vriende en net die dag kan geniet.
- Fotograaf: RDK Photography
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Grimering: Make-Up with Tylah
- Haarstilis: Bobs & Beehives
- Venue: Maboneng Precinct