The Lemon Tree Gastehuis in Prins Albert

Ons kuier by The Lemon Tree in Prins Albert.  ‘n Pragtige gastehuis en selfsorg kothuis geleë in Pastorie straat.   Hierdie is die perfekte Karoo wegbreek plekkie vir die wat opsoek is na iets luuks, maar nogsteeds die Karoo gevoel het.  The Lemon Tree is stapafstand van die dorp en jy kan maklik na al die dorp se attraksies stap.   As jy nie bang is vir hoogte nie kan jy ook by die Swartberg pas op ry en die lieflike uitsigte aanskou.

Prins Albert is ‘n mooi karoo dorpie geleë in die Groot Karoo.  Die dorpie is nie net mooi nie, maar bied ook baie vir toeriste om te doen.   Van ‘n plaaslike teater in die hoofstraat genaamd The Showroom Theatre. Dan is daar die melkery, Gay’s wat heerlike plaas-melk asook vleis produkte verkoop.  As jy ‘n liefhebber van vye is, sal jy ook mal wees oor Weltevreden Vye Plaas slegs 30 kilometer op ‘n grondpad.  Dit is ‘n oases om te besoek.  Saterdag is die dorp aan die woel met plaaslike winkeltjies wat oop is en ook die Saterdag markie.  Dit is ‘n klein markie, maar daar kan jy plaaslike produkte koop.   Laaste maar nie die minste nie!  Die spook roete wat jy saam met Ailsa kan doen.

Nooi ons om jou plek of dorp te kom besoek.  Vir meer akkommodasie, lees ons verblyf kategorie op Mooi Leefstyl.  Geniet vandag se artikel.

Gastehuis:


Die gastehuis gedeelte is deel van die hoofhuis van The Lemon Tree.  Dit is ‘n lieflike plek met die mooiste afeindigings.  Dit is nie net modern nie, maar het ook luukse afeindigings.

In die gastehuis kan hul twee volwassenes en twee kinders of vier volwassenes akkommodeer.  Die een kamer het ‘n Koningin-grootte bed in ‘n ruim kamer.  Daar is ‘n tweede kamer wat uitkyk op die tuin met twee enkel beddens.   Per versoek kan dit ook verander word in ‘n Koning-grootte bed.

Daar is ‘n ruim badkamer met ‘n groot stort en wasbak.  Daar is ‘n aparte gaste toilet area langs die badkamer.

In die gastehuis se leefarea is daar meer as genoeg gemaklike sitplekke en daar is ‘n koffie stasie.  Gaste kry gratis koffie, tee en beskuit.  Daar is ook ‘n klein yskas om jou drankies koel te hou op die warm Somer dae.

Ontbyt is opsioneel en is ‘n addisionele koste.  Hulle heerlike ontbyt word bedien in die eetkamer.

The Lemon Tree in Prins Albert The Lemon Tree in Prins Albert The Lemon Tree in Prins Albert The Lemon Tree in Prins Albert The Lemon Tree in Prins Albert

Die Tuin:


Ons is mal oor tuine by Mooi Leefstyl en die buitelewe in die algemeen.  By The Lemon Tree sal jy definitief nie teleurgestel word wanneer dit by hul tuin kom nie.

Hulle het ‘n baie oulike tuin area wat groen is vol bome en verskillende plant soorte.  Jy sal nooi sê dit is in die middel van die Karoo nie!  Daar is verskillende vrugte bome en ook kruie in hul tuin.   Dit is ‘n heerlike spasie om buite te kom sit onder ‘n boom en ‘n heerlike koppie tee te geniet.

Hulle het ook ‘n groot olyfboom area agter die meer formele tuin, met ‘n uitkyk dek wat hulle gebou het.  As jy op die uitkyk dek staan het jy prentjie mooi uitsigte van die Prins Albert area.

Op die oomblik is hulle besig met hul Akwaponiese stelsel waar jy lewende groente en kruie groei deur die gebruik van ‘n water sisteem en visse.  Klik hier om meer te lees oor die sisteem.  Dit is ‘n baie interessante manier om groente te groei en ons sien dit meer gebruik word die afgelope paar jaar.

The Lemon Tree in Prins Albert Prince Albert Accommodation

Selfsorg eenheid:


Die selfsorg kothuis is so oulik uitgelê – ons wil dae hier spandeer.  Dit het ‘n oopplan kombuis en leefarea.  In die kombuis is daar ‘n mikrogolf oond, klein yskas, basiese breekware en eetgerei.

Die hoof kamer wat ‘n koningin grootte bed het met ‘n badkamer.  Daar is ook ‘n dagbed in die leefarea.  Die tweede slaapkamer is ‘n kleiner kamer met ‘n dubbel stapelbed, perfek vir kinders.  Hierdie eenheid kan vier volwassenes en twee kinders akkommodeer.

Dit is so ‘n oulike selfsorg plekkie en daar is ook ‘n lieflike buite area waar jy kan sit.  Privaatheid is ook belangrik vir ons en ons kan definitief sê die eenheid is lekker privaat.

Fasiliteite en Geriewe by The Lemon tree:


Swembad:  Die swembad is ook geleë in die meer formele tuin area en jy sal definitief hiervan gebruik maak in die Somer.

Gratis Wi-Fi:  Dit is ‘n bonus.  Ons weet jy is op vakansie, maar mens wil nogsteeds jou vakansie foto’s met familie en vriende deel op sosiale media.  Onthou ook om die hutsteken, #mooileefstyl te gebruik.

Braai geriewe:  ‘n Lieflike braai area onder die bome met ‘n groot tafel in die skaduwee.  Jy kan lekker braai terwyl die res van jou vriende of familie in die swembad baljaar.

Parkering:  Jou motor word veilig parkeer agter hekkie daarom hoef jy nie onnodig te stres dat jou motor in die pad hoef te staan nie.

Kaggels:  In die gastehuis en selfsorg eenheid is daar kaggels.  Dit is om jou warm te hou op daardie koue Winter aande.

Bespreek jou verblyf:


Bespreek jou verblyf nou by The Lemon Tree vir jou volgende wegbreek na Prins Albert.  Hulle is geleë by 13 Pastorie Straat in Prins Albert.  Besoek hulle webtuiste vir meer inligting of stuur Leonie ‘n e-pos.  Jy kan hul ook volg op Instagram.

    Artikel Diensverskaffers: