Hierdie gestileerde fotosessie het by ล normale bruid-ekspo begin en ontaard in die mooiste romantiese herfs trou inspirasie vir al ons lesers om te sien. Uitgedroogde blomme is steeds ล baie gewilde mode in 2019 en gaan hand aan hand met ล herfs troue. Dit is merkwaardig om te sien hoe die kontrasterende elemente mekaar komplimenteer en uitlig. Jou oog beweeg saggies oor al die dekor-elemente terwyl jy moeiteloos die kompleksheid van elke detail waarneem. Hierdie is die perfekte trou inspirasie vir ล eksentrieke, tog elegante bruid.
Indien jy ล herfs troue oorweeg, sal jy beslis baat vind by hierdie romantiese herfs fotosessie.
Wie het die fotosessie gereรซl?
Hierdie fotosessie het letterlik net gebeur! Ons was ล handvol diensverskaffers wat ล uitstalruimte by Three Rivers Lodge se bruid-ekspo gedeel het. Fiona Photography was besig met ล informatiewe praatjie; Ons het besluit dat ons nie die geleentheid kan laat verbyglip sonder om hierdie pragtige prentjie af te neem nie! Mariska Pfahl Couture het sonder om te skroom vir ons ล model รฉn ล rok beskikbaar gestel.
Inspirasie vir die fotosessie?
Reeds vanaf 2017 is daar ล tendens om gedroogde blomme en blare te gebruik. Nie net was hierdie tendens die inspirasie vir hierdie sessie nie, maar ook om kontrasterende elemente te gebruik; Die kontras tussen vars en gedroogde elemente, die kontras tussen oud en nuut en die kontras tussen aardse bruine, sagte vroulike pienk en koninklike goud.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Elke verskaffer het haar individuele, unieke styl, maar saam het ons ล betowerende prentjie geskep. Ek glo diensverskaffers moet mekaar se werk komplimenteer sonder om te kompeteer, asook mekaar aanvul en net die beste in mekaar se werk na vore bring.
Agter die skerms inligting
Ons het geen onvoorsiene omstandighede gehad nie โ alles het perfek in plek geval!
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Vir my was die spesiaalste deel om terug te staan en te kyk hoe alles perfek saamwerk. Elke liewe element het ล ander een sรณ mooi gekomplimenteer. Dit was wonderlik om na die fotoโs op Fiona se kamera te kyk en te sien hoe elke diensverskaffers se element die ander sล komplimenteer. Die passie en liefde wat elke diensverskaffer het vir dit wat hy/sy doen, is merkwaardig.
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg.
Paartjies wat die romantiese herfs trou inpirasie wil volg, moet seker maak dat al die gedroogde elemente met ล brand-vertrager middel behandel word. Hierdie gedroogde blomme is hoogs vlambaar.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Stilering: Sophiaโs + The Peachy Peony
- Blomme: Sophiaโs Bespoke Florals
- Dekor en fluweel stoel: Meraki Floral and Decor Design
- Fotograaf: Fiona Photography
- Haarstilis: Inside Out Hair Salon
- Koek: Sweetly Cakes
- Rok: Mariska Pfahl Couture
- Skryfbehoeftes: The Peachy Peony
- Venue: Three Rivers Lodge