Die kies en ontwerp van verloofringe en trouringe kan โn stresvolle situasie wees โ dit is immers die enigste juwelierstuk wat jy รฉlke dag รฉn vir die res van jou lewe moet dra. Mans het dikwels slapelose nagte oor of hul vrou โn ronde of ovaal diamant soek, hoeveel maande se salaris hul aan die ring moet spandeer, of die ring ooit gaan pas, ensovoorts. Vrouens het weer die prentjie van hul perfekte ring, maar is onseker of hul man al die skimpe vang, of hy regtig oplet na haar pinterest borde en of hy by โn betroubare juwelier gaan uitkom.
Kundige in die juweliers bedryf, Jan Scherman van Schermanโs Jewellery Design, deel sy kennis met ons lesers. Of jy nou stres oor die tipe metaal, die vorm, die ontwerp of die prys โ jy kan beslis jou vrou se droom ring in sy bekwame hande los. Jan het jare se ondervinding in die industrie en sal met een konsultasie die las van jou skouers afhaal.
Rol af en lees meer oor Jan se kennis en ervaring. Indien jy rondom Kaapstad is en steeds slapelose nagte oor jou geliefde se ring het, moenie huiwer om met Schermanโs Juweliers kontak te maak nie.
Schermanโs Juweliers storie:
My idee vir Schermanโs het sowat 12 jaar gelede ontwikkel toe ek โn tweede jaar student was. Ek was egter eers in die begin van 2017 op die regte plek in my lewe om die droom te laat realiseer. Alhoewel Schermanโs al vir langer as โn dekade bestaan as โn idee, is dit nou eers drie jaar โn regte besigheid.
Na ek studeer het (B-Tech in juweliers ontwerp en vervaardiging by CPUT) het ek โn twee jaar vakleerlingskap by โn meester-goudsmid gedoen. Daarna het ek ook my MQA kwalifikasie ontvang. Na die vakleerlingskap was ek gelukkig om โn pos as goudsmid by โn internasionale juwelier in die V&A Waterfront in Kaapstad te kry. Ek het meeste van my kennis van diamante en ander edelstene en edelmetale daar opgedoen. Die gehalte beheer hier is van die strengste in die wรชreld so ek was baie bevoorreg om hieraan blootgestel te wees. Ek het vir ses jaar daar gewerk.
Ontwerpe en Juweliersware wat Schermanโs Juweliers maak:
Buiten โn paar eksklusiewe Schermanโs ontwerpe, word al ons juwele volgens ons kliรซnte se persoonlike behoeftes gemaak.
Ek probeer om al die juwele so te ontwerp dat dit oor klomp jaar nogsteeds as stylvol beskou sal word. As โn beskrywing sou ek sรช ons styl is modern-klassiek. Daar is natuurlik uitsonderings; Aan die einde van die dag gaan dit immers oor wat die kliรซnt wil hรช.
Op Maat gemaakte juweliersware:
Ons spesialiseer in juwele wat op maat gemaak word (custom-made.) Alhoewel juwele winkels โn groot verskeidenheid van juwele aanhou, kry mens nie altyd waarna jy soek nie.
Omdat juwele so sentimenteel is, verkies ek om my kliรซnte persoonlik te ontmoet per afspraak by my ateljee in Brackenfell. So probeer ek vasstel waarvan hulle hou en waarvan nie. Meeste van die tyd het my kliรซnte โn goeie idee wat hulle wil hรช, van daar af is dit net om die idees te verfyn en prakties te maak. In die gevalle waar die persoon glad nie weet waarvoor hulle soek nie, bied ek natuurlik my kennis en leiding aan om wel tot by โn finale stuk te kom.
Ek versoek meestal dat hulle fotoโs aan my deurstuur van wat hou en wat hulle op die internet of in tydskrifte gesien het. Van daar af maak ek my voorstelle, veral hoe om dit uniek en eie aan die kliรซnt te maak. Die voorgestelde ontwerpe word gemaak en die kliรซnt kry dan die kans om dit verander soos hulle dit wil hรช. Daarna volg vervaardigingsproses. Dit neem gewoonlik tussen 3-4 weke.
Gunsteling metale en stene om mee te ontwerp:
In die laaste twee jaar het die aanvraag vir roosgoud asook die style wat as โvintageโ beskou word, aansienlik gestyg. Witgoud was in die verlede die meer populรชre metaal maar dit het egter die afgelope paar jaar verander. Ons werk met alle edel-metale, goud en sy verskillende kleure en karate asook platinum, palladium en silwer.
Omdat die prys van witgoud so hoog is die laaste ruk, is platinum โn wonderlike alternatief. Platinum is ook my gunsteling metaal om mee te werk. Die rede vir die styg van witgoud se prys, is die feit dat palladium gesmelt word met suiwer goud om wit goud te maak. Die aanvraag na palladium het regoor die wรชreld deur die dak geskiet! Dus hits my kliรซnte aan om vir platinum te gaan as hulle โn wit metaal wil hรช.
As dit kom by stene sou ek se dat 70% van alle stene waarmee ek werk diamante is. Van daar af is tanzaniet baie populรชr en daarna robyne, saffiere en smaragde (emerald.)
Verloofring begroting:
โn Groot bepalende faktor as dit kom by juwele is natuurlik die begroting. Daar is โn mite dat โn man โn verloofring moet bekom wat gelyk is aan 3 maande se salaris. Alhoewel daar sommige mense is wat dit wel kan bekostig, is daar baie wat nie kan nie. Dit is egter goed om ingedagte te hou dat โn verloofring die een besitting is wat mens regdeur jou lewe hou, en dikwels selfs oordra na jou kinders. Dus, as alles goed gaan, is dit โn een-keer-koop. Ander duur besittings, soos huise en karre, koop en verkoop ons gereeld deur ons lewens. Ons verkoop nie sommer ons verloof- of trouringe nie, juis oor die betekenis en simboliek wat ons daaraan heg.
Die grootste uitgawe, as dit kom by verloofringe, is natuurlik die middel diamant en die metaal keuse. Ander faktore is die hoeveelheid bykomende stene en hul groottes asook die ontwerp; Hoe meer kompleks die ontwerp is, hoe meer tyd en vakmanskap verg dit vir vervaardiging.
Ek vra altyd my kliรซnte hoeveel hulle wil spandeer op โn nuut gemaakte stuk; So kan ek met realistiese voorstelle en ontwerpe vorendag kom.
As dit kom by prysklas vir โn verloofring, het ek al ringe gemaak van rondom R4 000 asook ringe wat by die miljoen rand draai! Daar is wye spektrum van wat gedoen kan word. As โn gemiddeld sou ek se tussen R17 000 en R45 000 vir n verloofring en so R7 000 tot R15 000 vir โn dames troupand. In verband met mans pante, sal ek voorstel tussen R8 000 en R20 000.
Hoe lank voor die troue moet โn paartjie โn trouring begin soek?
As dit kom by paartjies wat trou, word alles normaalweg af-geskop deur die verlowing โ dan is dit net die pante wat oor is. As gevolg van ons wonderlike somer weer in Suid-Afrika, het ons โn trou seisoen. Dit begin rondom September besiger raak en dan bereik dit โn hoogtepunt tussen Desember en Januarie. Daarna begin dit weer stelselmatig afneem tot en met die winter maande.
Met dit ingedagte, sou ek sรช die pante moet voltooi wees tenminste โn week voor die troue om enige onvoorspelbaarheid te vermy. Afhangende van hoe besig dit is, kan juwele somtyds bietjie langer neem om te maak. Al begin die juwelier eers later met die vervaardiging, is dit voordelig dat die kliรซnt vooraf โn datum by die juwelier bespreek. So twee maande voor die troudatum sal enige onnodige stres vermy.
Kontak Schermanโs vir โn konsultasie:
Schermanโs Jewellery Design se ateljee is geleรซ in Brackenfell, Kaapstad. Kontak Jan op 072 928 0385 of deur epos by info@schermans.co.za
Afsprake kan ook gemaak word deur die bogenoemde kontak besonderhede. Daar is geen kostes aan afsprake verbonde nie.
Die webtuiste is schermans.co.za. Indien jy meer van Schermanโs Jewellery Design se werk wil sien, volg hom op Facebook en Instagram onder @schermansjewellery.
Artikel Krediet:
- Vrae beantwoord deur: Jan Scherman van Schermanโs Jewellery Design
- Fotograaf: Jan Scherman