Hierdie kleurryke somer gestileerde fotosessie is propvol trou inspirasie vir bruide wat in die somer wil trou. Alhoewel herfs en winter troues ongelooflik mooi kan wees, is somer troues nogsteeds meeste bruide se voorkeur. Daar is net ‘n algehele gevoel van liefde in die lug! Die helder blomme in die tuine en die voëltjies wat sorgvry tjirp is genoeg om enigeen se gemoedstoestand op te kikker.
Hierdie gestileerde fotosessie dra ook egter ‘n dieper betekenis. Dames in die trou-industrie het onder leiding van Dayna, eienaar van Strawberry Weddings & Events en kenner in die geleentheid industrie, koppe bymekaar gesit om kleurryke somer trou-inspirasie te lewer. Die fotosessie dra ‘n sterk boodskap van vroue bemagtiging oor. Daar word bewys wat vermag kan word indien dinamiese vrouens saamwerk. In elke foto word ook duidelik uitgebeeld hoe sterk, tog grasieus vroumense is.
Hierdie groep diensverskaffers bymekaar het werklik puik resultate gelewer! Rol af vir pragtige en uiters betroubare trou-inspirasie.
Wie het die fotosessie gereël?
Strawberry Weddings and Events het die fotosessie gereël. Hulle is geleë in die hartjie van Stellenbosch se wingerd plase en lewer al vir jare uitsonderlike diens aan bruidspaartjies.
Inspirasie vir die fotosessie?
Ons inspirasie vir die fotosessie was vroulike entrepreneurs wat saamwerk. In die trou-industrie is dit maklik om mekaar as kompetisie te sien. Ons wou dus die boodskap oordra dat indien vrouens saamwerk, ons soveel meer kan vermag. Ons het prettige kleurskema, met ‘n misterieuse gevoel gekies.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Een van Strawberry Weddings and Events se kenmerke is dat ons te alle tye aandag aan detail gee. Ons wou graag ‘n span vroulike entrepreneurs bymekaarbring wat die kwaliteit werk lewer waarna ons self streef. Al die diensverskaffers deel dieselfde passie en liefde vir die industrie.
Agter die skerms inligting
Die fotosessie het plaasgevind in Februarie se oorweldigende hitte! Daar was egter nie lugverkoeling in die venue nie. Dus kon ons slegs sekere blomme gebruik wat in die hitte kon oorleef.
Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?
Ons wou op vroulike bemagtiging fokus en ons mede vroulike entrepreneurs in die trou-industrie ondersteun. Daar behoort geen ding soos kompetisie te wees nie; Daar is meer as genoeg werk vir al ons diensverskaffers in die trou-industrie. Ons wou die boodskap oordra dat ons mekaar moet ondersteun, in plaas daarvan om mekaar as kompetisie te sien. Dit was wonderlik om met so ‘n groep dinamiese vrouens te werk!
Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?
Daar is geen boek met reëls wat sê wat jy mag en nie mag doen op jou troudag nie. Maak jou eie reëls! Jou troudag moenie ‘n refleksie wees van wat jy dink die wêreld wil sien nie. Dit moet julle as paartjie se persoonlikhede komplimenteer.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Stilering + Koördinering: Strawberry Weddings and Events
- Venue: Anura Vineyards
- Fotograaf: Angelique Smith Photography
- Blomme en Dekor: Paradiso Flowers
- Breekware: Sitting Pretty
- Linne: Table Cloth Hiring Co
- Hare + Grimering: Danielle Artistry
- Model: Tessa Talmage
- Trourokke: Cathrine’s Bridal Couture
- Skoene: Opari Shoes
- Meubels: A Create
- Skryfbehoeftes: Secret Diary