Jon & Jennilee se feestelike troudag

Jon en Jennilee, lewenslustige paartjie van Gauteng, spog met feestelike troudag by ʼn spog trou venue.  Die paartjie het dit reggekry om tussendeur al die chaos en warrelwinde van emosies ʼn stresvrye en prettige troudag te hê.  Hul troue was ʼn heerlike dag waar vriende en familie kon bymekaarkom en die wonderlike geskenk van liefde vier.  Hulle het oulike sêgoed en kreatiewe idees gehad om ʼn prettige atmosfeer te skep.

Rol af en geniet Jon en Jennilee se feestelike troudag.

Andries Combrink Photography Guarnieriatelier Andries Combrink Photography Lace on Timber Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink PhotographyAndries Combrink Photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 17 Januarie 2019 getrou.  Jon was 33 en ek (Jennilee) was 25 jaar oud.

Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het in ‘n koffiewinkel by die kantoor-park, waar ons albei gewerk het, ontmoet.  Dit was beslis liefde met die eerste oogopslag!

Jonnie het my in die tropiese paradys, Maldives, gevra om te trou.

Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Voor my verlowing het ek nog nooit vantevore na trourokke gekyk nie!  Alles was dus vir my baie nuut en ek het geen benul gehad van watter tipe rok of styl ek graag sal wil hê nie.  Ek het na boetieks gegaan en elke tipe styl moontlik aangepas!  Toe ek met hierdie spesifieke rok uit die aanpas-kamer kom, het my ma in trane uitgebars; Toe weet ek – hierdie is dié rok.

Guarnieriatelier v Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier Guarnieriatelier GuarnieriatelierGuarnieriatelier

Vertel ons meer van jul ringe


Ek het vir Jon ‘n titanium ring gekoop en my vingerafdruk in die binnekant laat ingraveer.

Ek (Jon) het vir Jennilee a klassieke en tydlose verloofring gekoop.  Dit simboliseer ons twee wat vir ewig saam sal spandeer, asook haar onmisbare skoonheid.  Ek het vir kwaliteit bo grootte gegaan, omdat dit vir my belangrik is dat sy die beste kry wat ek haar kan gee.  Haar troupand is ook ʼn klassieke styl om by haar verloofring te pas.

cool wedding

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons hele troudag was só spesiaal – vanaf die oomblik toe ek op ons troudag my oë oopgemaak het, tot die aand wanneer ons as man en vrou gaan slaap het.  As ek ʼn oomblik moet uitsonder, sal dit wees die oomblik toe ek by die paadjie afstap en ons mekaar vir die eerste keer sien.

Daar was ‘n geweldige storm op ons troudag!  Natuurlik sou ons graag lekker weer wou hê, maar mens kan nie moeder  natuur verander nie.  Behalwe vir die weer, sal ek nie ‘n enkele ding van ons troudag verander nie – dit was die wonderlikste dag van ons lewens.

cool weddingLace on Timber Lace on Timber Lace on Timber Lace on Timber Lace on Timber Lace on Timber Lace on Timber Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Lace on TimberAndries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography cool wedding Lace on Timber cool wedding Andries Combrink Photography cool wedding Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf


Andries Kombrink was ons fotograaf.  Hy is ongelooflik talentvol!  Hy het die mees asemrowende foto’s van ons spesiale dag geneem.  Ons kon nie vir ‘n beter fotograaf vra nie.

Andries Combrink Photography alternative wedding Andries Combrink Photography cool wedding alternative wedding Andries Combrink Photography

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie ‘n begroting gehad nie. Indien ons wel ‘n formele een sou opstel, dink ek ons het oor ons begroting spandeer!  Ons het 70 gaste onthaal.

cool wedding alternative wedding alternative wedding ring Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography alternative wedding cool wedding Andries Combrink Photography Lace on Timber alternative wedding Lace on Timber cool wedding Andries Combrink Photography cool wedding Andries Combrink Photography alternative wedding alternative wedding alternative wedding Andries Combrink Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


My stiefma het Lace on Timber voorgestel.  Voordat ons na hierdie venue gekyk het, het ons na tenminste 18 ander venues gekyk!  Elkeen het ietsie gehad waarvan ons nie gehou het nie.  Toe ons by Lace on Timber instap, was dit absoluut foutloos!  Ons het dadelik geweet dat dit die venue vir ons troudag moet wees.

Die inspirasie vir die dekor het vanaf die venue gekom.  Lace on Timber het ‘n baie rustieke styl, so ons het die tema daarby aangepas.

Lace on Timber cool wedding alternative wedding cool wedding Lace on Timber Lace on Timber Lace on Timber Andries Combrink Photography Andries Combrink Photography alternative wedding Andries Combrink Photography cool wedding

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Vir die eesrte dans het ek met my pa gedans.  Ons het die liedjie Butterfly Kisses van Bob Carlisle gekies.  Ons het nie vooraf geoefen nie so ons het maar op die aand geïmproviseer!

Lace & Timber wedding Lace on Timber cool wedding Lace & Timber wedding cool wedding alternative wedding Lace & Timber wedding alternative wedding alternative wedding alternative wedding Lace & Timber wedding alternative wedding Lace & Timber wedding Lace & Timber wedding Lace & Timber weddingwidth= Lace & Timber wedding alternative wedding Lace & Timber wedding Lace & Timber wedding

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Vir die dames: Indien mense hulp aanbied, aanvaar dit.  Dit is onmoontlik om alles alleen te doen.  Hou altyd jou trou-lysie byderhand – mens dink aan so baie goed deur die dag, teen die tyd wat jy dit wil neerskryf, het jy al helfte daarvan vergeet!  Indien jy selfdoen dekor oorweg, maak seker dit is ‘n paar weke voor die troue alreeds gedoen.  Maak seker dat jy ook die proses tussendeur al die chaos, stres en beplanning geniet.  Só ervaring kry jy net een keer in jou lewe – maak die beste daarvan.

Vir die manne: Die beplanning proses is baie stresvol en uitmergelend; Maak seker jy is ondersteunend en help waar jy kan.  Moenie met jou aanstaande stry nie; Werk saam om jul groot dag ʼn sukses te maak.  Dit is baie belangrik om vir julself genoeg tyd te gee vir beplanning.  Maak lysies en merk take wat alreeds gedoen is, af.

Lace & Timber wedding Lace & Timber wedding cool wedding

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]