Twee verliefdes, Francois en Bianca, het in die woud ingevaar om hul verlowing fotosessie in die natuur te doen. Die styl van hul foto’s is op hul troue se tema gebaseer. Hulle het die foto’s vir trou-uitnodigings gebruik en om vir hul gaste ‘n voorsmakie van hul troudag te gee. Die foto’s vertel ‘n storie van die paartjie liefdesreis en is gevul met liefde en vreugde.
Rol af en geniet Francois en Bianca se verlowing fotosessie.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons werk het ons by mekaar gebring. Francois het my vir ‘n pos genader en ek het vir die onderhoud gegaan; Ironies genoeg het hy my na die onderhoud geneem ook! Ons spot altyd dat en sê dat alles by sy rooi bakkie begin het. Ek het die werk gekry en ons het meer tyd saam spandeer. Sy mooi glimlag, sy passie vir sy werk en sy sin vir humor het beslis my oog gevang. Ons albei is kokke, so die gemeenskaplike passie het ons ook na mekaar aangetrek. Vir Francois was dit my goeie hart, omgee vir ander, my vriendelikheid en dat ek altyd georganiseerd is.
Vertel ons wie het wie gevra om te trou?
Francois het verseker die vra werk gedoen! Ek is maar hardkoppig, so sy Plan A en B het misluk. Ek het heeltyd, minwetend, sy planne in die wiel gery. Hy het egter deur gedruk en met die derde probeerslag geslaag. Francois het my tydens ‘n yskoue winter in Hermanus gevra om te trou. Hy het my na die parkeerarea geneem waar ons die eerste keer gesoen het en die groot vraag gevra.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons troue se tema is baie natuurlike hout en groen. So die woud verlowing fotosessie was beslis gepas! Dit pas mooi in by die tipe styl wat ons wil oordra na die troue. Ons gaste kry dus ‘n klein voorsmakie van wat hul kan verwag by ons troue.
Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie
Die fotosessie was ingesluit by ons fotograaf se pakket. Dit was dus die perfekte geleentheid om ons fotograaf te leer ken en gemaklik voor die kamera te raak. Ons het van die foto’s gebruik vir ons ‘Onthou-die-datum’ uitnodigings. Ek en Francois het ook nog nooit ‘n fotosessie saam gedoen nie. Dit was beslis ‘n goeie oefenlopie vir die groot dag en maak mens sommer van voor af verlief!
Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue
Ons droomtroue is beslis ‘n sosiale troue! Ons wil baie voete op die dansvloer hê! Dit is een van min geleenthede waar albei kante van die families bymekaar is; Dus is dit ons baie belangrik dat almal lekker saam kuier en een groot familie word. Daar moet beslis baie lekker kos wees en “Oe en Ah” oomblikke wat ons gaste gaan verras.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Chantel and May Photography
- Hare en grimering: Nique on Fleek Professional Beauty
- Verloofring: Browns Jewellers