Aubrey & Jess se selfdoen troue

Selfdoen-dekor is nie altyd die maklikste roete om te volg nie.  Dit vereis deeglike beplanning, tyd-bestuur en natuurlik ‘n kreatiewe brein!  Aubrey en Jess het egter die selfdoen-dekor toets met vlieënde vaandels geslaag!  Hierdie twee kreatiewe persoonlikhede het hul dekor op komplimentêre kleure, geel en donkerblou, gebaseer.  Die kleure het beslis hul sprankelende persoonlikhede na vore gebring.

Soos wat ons Mooi Troues lesers al teen die tyd weet, is alle troues verskillend  – maar hierdie een is beslis uniek en die moeite werd om na te kyk!  Aubrey en Jess bewys dat mens nie ‘n arm en ‘n been hoef te spandeer om jóú perfekte dag te hê nie.

Rol af en geniet hul liefdevolle troudag.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 26 Januarie 2019 getrou.  Ek (Jess) was 25 en Aubrey was 27.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


In Desember 2013 het ons albei ‘n Christelike Kamp bygewoon.  Alhoewel ek nie al ons gesprekke kan onthou nie, het ons mekaar drie jaar later weer raakgeloop toe ek Johannesburg toe trek.  Ek het toevallig by dieselfde kerk as hy aangesluit en hom meer en meer begin sien.  Nie lank daarna nie het ek ‘n kamer in ‘n mode-ateljee begin huur – en soos die noodlot dit wou hê was ons bure! Elke aand as ek laat gewerk het, het hy kom kuier met koffie en lekker geselsies.  Aubrey het my gevra om te trou.

Snowflake PhotographySnowflake Photography Snowflake PhotographySnowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Vertel ons meer van jul ringe.


Aubrey het die ringe gemaak.  Hy wou dit eenvoudig hou en ek wou graag hê my toekomstige man moet my ring ontwerp.

Snowflake PhotographySnowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het my rok by ‘n tweedehandse winkel in Melville gekoop.  Ek het my mode-ontwerp vaardighede gebruik om die rok bietjie te verander en my eie te maak.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Karla van Snowflake Photography was ons fotograaf.  Sy was uiters professioneel en soveel pret om mee te werk.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het 120 gaste onthaal.  Aubrey se broer het ‘n deel van ons wittebrood-kostes gedek.  Dus kon ons by die begroting van R50 000 hou.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Die pastoor van Christ Church Blairgowrie het die venue verniet aan ons gegee.  Ek was mal daaroor omdat dit so mooi en lig is.  Ons het ook die opsie gehad om die saal te gebruik indien dit sou reën. Ons dekor was geïnspireer deur ons gunsteling pinterest borde en selfdoen-idees.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Vertel ons meer oor die inspirasie vir julle troukoek.


Ons het kolwyntjies gehad omdat dit in ons begroting gepas het.  Ons het ook twee troukoeke gehad om aan ons skoonouers te oorhandig.  Dit is ons ‘n tradisie om die skoonouers te bedank omdat hulle jou aanstaande grootgemaak het.  Ek het die koek geel versier omdat dit my gunsteling kleur is, en Aubrey het sy koek donkerblou versier.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Vir ons wittebrood het ons vir ‘n lekker rustige week na ‘n bed en ontbyt hotel net buite Johannesburg gegaan.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ons vriende was almal so gewillig om te help met die beplanning en dekor.  Dit het ons albei baie beïndruk en was vir ons baie spesiaal.  As ek kon teruggaan sou ek nie so bekommerd wees om Aubrey se familie te beïndruk nie.  Maak nie saak wat nie, almal was gelukkig op ons troudag.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


My advies is om nie te probeer om self te koördineer op jou troudag nie.  Sit iemand wat jy ken in beheer sodat jy so min as moontlik op jou spesiale dag hoef te doen.

Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography Snowflake Photography

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]