Neil & Veronica se minimalistiese droomtroue

Neil en Veronica se minimalistiese droomtroue getuig van niks minder as pure liefde nie.  Die paartjie het die beplanningsfase sowel as hul troudag so minimalisties en eenvoudig as moontlik gehou.  Die bruid en bruidegom se persoonlikhede word uitgestraal in elk van hul pragtige foto’s.  Dit is egter nie nét te danke aan hul fotograaf nie, maar ook aan hul noukeurige keuse van diensverskaffers.  Neil en Veronica het spesiale aandag gegee aan die dinge wat eintlik saak maak. Vanaf hul keuse van ringe tot by die keuse van venue het tot op die laaste detail hul persoonlikhede uitgebeeld.  Dís wat die dag vir Neil en Veronica so spesiaal gemaak het.

Dit is nie altyd maklik om die minimalistiese roete te volg en steeds vir die bruid haar perfekte, droomtroue te gee nie.  Vir Neil en Veronica het dit egter natuurlik gekom! Rol af en ontdek hul geheime.

bruid grimering bruid grimering

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 13 April 2019 getrou.  Op die dag was Neil en Veronica albei 28.

minimalistiese troue minimalistiese troue

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het ontmoet toe ons albei op universiteit was.  Neil het in Bloemfontein geswot en ek in Potchefstroom.  Ons het ontmoet toe Neil een vakansie by sy vriende, wat bokant my gebly het, kom kuier het.  Van daar was daar ʼn onvergeetlike konneksie tussen ons.  Neil het my gevra om te trou op ons 5 jaar herdenking.

klassieke bruidegom klassieke bruidegom klassieke bruidegom

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Aangesien ek iemand is wat maar vinnig deurmekaar kan raak, het ek nie te veel rokke aangepas nie.  Ek het dit minimalisties gehou en slegs drie afsprake gemaak.  Na die tweede afspraak het ek my droomrok gevind!  Die rok het perfek ingepas by die visie wat ek vir ons groot dag gehad het.

Vertel ons meer van jul ringe.


Neil het my ring self ontwerp.  Dit is vir my vreeslik spesiaal om te weet dat hy dit self kon uitdink en laat maak.  Aan die ander kant was Neil se ring ʼn moeilike situasie.  Sy vingers is bietjie dun en ons het baie gesukkel om vir hom ʼn ring te kry.  Uiteindelik het ons in Centurion reggekom en ons albei was baie tevrede met ons ringe.

droomtroue droomtroue droomtroue droomtroue droomtroue

Vertel ons meer oor die fotograaf en videograaf?


Ons het dieselfde verskaffer as fotograaf en videograaf gebruik.  Sy en Neil het by dieselfde maatskappy gewerk en sy was van die begin af ons eerste keuse.  Sy het haar kostes deurgestuur en ons was van baie tevrede met haar dienslewering.  Haar werk is asemrowend en haar energie is aansteeklik!

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Vir my was daar twee groot oomblikke wat ek altyd in my hart sal dra;  Die oomblik toe my pa my vir die eerste keer sien.  Toe die deure oopgaan en ek sien hoe Neil vir my staan en wag.  Die trane in sy oë en senuweeagtige bewegings van een voet na die ander is ʼn oomblik wat ek altyd sal onthou.  Daar is absoluut niks wat ek aan ons dag sal verander nie.

droomtroue droomtroue

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


My advies is om seker te maak dat die strooimeisies se rokkies reg en klaar is voor die troudag.  Ek het die grootste nagmerrie gehad met die strooimeisies se rokke! Dit was nie betyds klaar nie en toe breek al ritssluiters boonop ook nog!  My moeder het die dag gered en al die rokkies reggemaak op die dag.  Aangesien ek die rokke laat maak het kan ek getuig dat al is die verskaffer hoe bekend, moenie blindelings vertrou dat hulle dit reg sal doen nie.

Advies van Neil se kant is die bruidegom betyds sy pak vir die dag moet gereed kry.  Ons het effens gesukkel omdat Neil sy pak redelik laat gekoop het en ons gedruk was vir tyd om die pak terug te kry nadat dit verstel moes word.

Ander advies is bloot om die hele proses te geniet, vanaf die beplanningsfase na die groot dag en al die frustrasies tussenin.  Dit is ʼn fantastiese reis en moet net geniet word.

Vertel ons meer van jul Wittebrood.


Neil het my verras en ek het geen idee gehad waarheen ons gaan vir wittebrood nie.  Hy het die informasie in ʼn koevert gesit en die aand na die troue vir my gegee.  Ek het dit saam hom oopgemaak en gesien ons gaan vir ʼn week Mauritius toe.  Dit was die beste vakansie van ons lewe!  Alles was só pragtig en vreeslik lekker.  Ons wou nie terug kom nie!

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het na 4 venues gaan kyk, maar toe ons by Rosemary Hill kom, kon ek sien Neil se hart smelt.  Ons wou nog altyd ʼn troue gehad het wat baie groen en natuurlik is – ʼn plaas-gevoel.  In terme van dekor wou ons baie minimalisties gaan.  Die venue self is so pragtig en ons het gevoel dat daar nie veel meer nodig is om dit vir ons mooi te maak nie.  Minder is meer vir ons.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons was onder begroting bloot omdat ons nie onnodige goedjies gedoen het nie.  Bv. Ons het nie ʼn sitplek plan laat maak nie, die skuur het vensters gehad en ons het sommer met ʼn afwas pen daarop geskryf.  Daar was ook nie geskenke of naamplaatjies op die tafels nie wat ʼn groot verskil in ons begroting gemaak het.

90 van ons naaste familie en vriende het die dag saam ons gevier.

Vertel ons meer oor jul eerste dans?


Ons eerste dans se liedjie was Darling – Roan Ash.  Daar is nie woorde vir daardie eerste dans saam jou man/vrou nie.  Om saam te wees in daai oomblik, die manier wat julle soen, die manier wat julle na mekaar kyk, dis betowerend en onvergeetlik.  Ons het nie voor die tyd geoefen vir ons dans nie, ons het die oomblik net ingeneem.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: