‘n Sprokieswêreld gevul met trou inspirasie

Inge Rawlins se unieke verjaarsdag geskenk is die perfekte trou inspirasie vir bruide wat die volle sprokiesverhaal ondervinding op hul troudag wil beleef.  Dit is belangrik vir bruide om nie net vir hul aanstaande en gaste mooi te lyk nie, maar ook werklik soos ʼn prinses te voel.

Hierdie gestileerde fotosessie beeld veral uit hoe belangrik dit is om die regte diensverskaffers te kies om vir elke paartjie ʼn unieke ervaring te gee wat by hul persoonlikheid pas.  Die fotograaf het die geluk wat Inge van binne straal perfek vasgevang terwyl sy die natuurskoon van die De La Mas venue beklemtoon.   In elke foto hieronder kan gesien word hoe diensverskaffers bymekaar gekom het en elk hul unieke stempel afgedruk het om ʼn sprokieswêreld vir Inge oop te maak.

Rol af en geniet die pragtige gestileerde trou inspirasie.

gestileerde fotosessie gestileerde fotosessie gestileerde fotosessie

Wie het die fotosessie gereël?


Inge se sussie het my gekontak om ’n fotosessie vir haar te reël as haar verjaarsdag geskenk.  Sy het my gevra om vir Inge die hele sprokiesverhaal ondervinding te gee. Ek was dadelik opgewonde en het gedink dit is die oulikste geskenk!

gestileerde fotosessie De La Mas gestileerde fotosessie De La Mas gestileerde fotosessie De La Mas

Inspirasie vir die fotosessie?


Ek dink elke jong meisie se droom is om soos ’n prinses te voel.  Ek probeer om in al my fotosessies daardie ondervinding vir my kliënte te gee.  Die trou inspirasie was sagte kleure.  Met ’n kombinasie van helder kleur blomme asook baie kerse om die sprokiesverhaal by mekaar te bring.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Hierdie industrie laat jou toe om verskillende mense te leer ken.  Soms “kliek” mens net met sekere verskaffers en dit is asof hulle weet wat jy soek amper voor jy dit sê. Ek en hierdie diensverskaffers loop al ’n lang pad saam en ek het geweet saam sou ons vir Inge die beste ondervinding kon gee vir haar fotosessie.  Ons verstaan mekaar se behoeftes en ons weet ons kry elkeen die beste diens van mekaar af.

wedding flowers

Agter die skerms inligting


Ek dink wanneer die Here se hand in iets is, maak dit nie saak wat verkeerd gaan nie, want mens weet dit gaan steeds wonderlik wees.  Ek  kan eerlikwaar sê dat elke liewe diensverskaffer ʼn uitstekende diens gelewer het.  As gevolg daarvan het alles so mooi in plek geval!

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die foto’sessie?


Toe ons begin neem het, het ek die tweede foto vir Inge gewys.  Jy kon in haar oë sien dat haar asem weggeslaan was!  Soms is ons so hard op onsself en tot ’n mate bang dat die foto’s wat ons neem ons foute sal wys.  Die beste deel vir my is wanneer mense na my foto’s kyk en sien dit wat ek geneem het, is hoe hulle werklik sonder redigering lyk.  Ek is mal daaroor om mense so te inspireer en te voel ek maak ʼn verskil in hulle lewens.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Wees jouself.  Selfs met grimering en met die mooi rok is dit so belangrik dat jy steeds soos jy voel. Vir paartjies het ek dieselfde raad – maak seker dit is julle liefdes taal wat deurkom in die foto’s.  Ek sê altyd vir my kliënte, die foto’s moet in hulle huis hang en nie in myne nie.  Hulle moet wegstap en sê wow, dit was ongelooflik lekker.  Kies jou verskaffers reg.  Lees die resensies oor wat ander mense van hulle sê.  Dis immers so belangrik om ’n goeie ondervinding te hê.


    Artikel Diensverskaffers:

    • Blomme + dekor: Love Beloved

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: