Wow! Ons by Mooi Troues is so bevoorreg om die troue van Michael en Robin te kan deel. Hoekom dié paartjie se trou só spesiaal vir ons is, want Robin vertel vyf maande na hul troue lees sy nog elke dag ons artikel. Dit is regtig super spesiaal vir ons om te hoor. Nou kan ons Michael en Robin se troue by Zorgvliet Wine Estate met ander getroue Mooi Troues lesers deel.
Robin het baie van haar diensverskaffers op Mooi Troues gevind en jy kan ook in haar voorbeeld volg deur hier te klik om na ons aanlyn trougids te bestudeer.
Die paartjie se troue was gevier by Zorgvliet Wine Estate in Stellenbosch. Zorgvliet Wine Estate bied ʼn verskeidenheid van opsies; van hul baie elegante trou venue, The Oak Room en ʼn kapel vir die seremonie. Hul Banghoek Room is perfek vir drankies voor die onthaal. Sou u gaste akkommodasie verlang, kan 34 mense oorbly in die Country Lodge, binne loopafstand van die venue. Vir gesellige saamkuier voor of na die troue.
Rol af en geniet die oulike paartjie se pragtige bruilofsfees.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons troudatum was op 31 Desember 2018. Baie mense het my aangegluur as ek die datum aan hulle noem, want dit is so ongewoon, maar my antwoord was altyd dieselfde. Wat is beter as om jou nuwe jaar as Mnr en Mev in te gaan en ook jou familie en vriende daar te hê wat ʼn bonus. Michael was 35 en ek (Robin) 30
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons het 1/10/2014 ontmoet, dit was my eerste dag by ʼn nuwe werk (waar Michael as vlieënier) gewerk het. Ek kan onthou dat ek hom ontmoet het, maar ek onthou nie in sulke kleurvolle “detail” soos hy nie, hy onthou self watter kleur hemp ek aangehad het. Ons was regtig eers baie goeie vriende, kon lekker gesels en saam lag. Michael was oorgeplaas na ʼn ander basis en ons ontmoetings was toe beperk met drukkies (ek gee glo baie lekker drukkies) en geselsies. Die vriendskap het baie vinnig in meer ontwikkel en na ons eerste afspraak was die koeël deur die kerk.
Michael het my gevra om te trou in Knysna op 27 Desember 2017 op die strand. Al het ek altyd gesê ek wil tog nooit by die strand verloof raak nie. Dit was een van die beste dae van my lewe.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het
Ek (Robin) is ʼn baie eenvoudige mens, ek hou van eenvoud selfs in my daaglikse kleredrag keuses. My rok het ook so toevallig gebeur. My ouers woon in Knysna en ek in Kaapstad, ek het geweet dat daar ʼn plek is wat rokke maak en verkoop en om my ma deel te maak van proses het ek voorgestel dat ons Besters Bridal besoek. Die eienares Vanessa het die regte taal gepraat, ek het vir haar ʼn foto gewys en sy het gesê dat sy die rok vir my kan maak.
Ek was vir 2 aanpassing by haar, en die rok was perfek, geen stres of enige iets nie. Ek het ook vir die opsie gegaan, vir maak om te huur, wat beteken het dat my rok uniek was, maar dat ek ook nie opgesaal met dit was na die tyd nie.
Vertel ons meer van jul ringe
My ring was nie my eerste keuse nie, maar toe ek dit aan pas het dit my hart gesteel. Mens kom op ʼn plek in jou lewe, waar party goed meer belangrik is as ander, en om baie te spandeer op ʼn ring was nie op daardie stadium vir my belangrik nie. Ek en Michael het saam gesoek na ʼn ring en by toeval op die “love story” ring by Browns afgekom. Ek het verlief geraak op dit en Michael het dit toe gekoop net voor hy gevra het om te trou. Letterlik seker 3 dae voor die tyd.
Michael se ring was ook ʼn groot gesoek, maar ons het toe op ʼn Tungsten ring besluit by Wolf Bros. Ek moes net keer of die ring was rooi, alles is rooi want dit is sy gunsteling kleur.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf
Anke Bester (van Anke Photography) het saam my en Michael gewerk, dus het ons haar geken en het dinge baie meer gemaklik gemaak. Sy is regtig fantasties, bekostigbaar (amper verstik toe ek sien hoeveel fotograwe kos) en regtig professioneel. Die samestelling van haar pakket is wonderlik en ons was nog paar maande steeds verras deur die fotos van die dag.
Omdat die begroting ʼn klein bietjie onder druk was het ek gekies om nie ʼn videograaf te hê nie. Ek het ook altyd gelees (op Mooi Troues) hoe bruide sê hulle is spyt hulle het nie videograaf gehad nie, maar ek dink mos altyd ek weet van beter. Ek moet se ek is redelik spyt, want ek kan die helfte van die dag nie onthou nie alles gebeur so vinnig.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Vir my was die merkwaardigste gedeelte om aan my pa sê sy na my verewig te kon stap. So 8 jaar terug was my pa gediagnoseer met fase 4 kanker en ek het nie gedink dat die oomblik vir ons twee gespaar gaan wees nie, maar God weet altyd beter en om my man te sien huil toe hy my sien. Wel ek het gesê ek gaan terug draai as hy nie huil nie.
Michael se antwoord – Om trou aan my prinses voor God, familie en vriende te beloof.
Ek sou my dag al 00h00 die oggend begin het, dit gaan regtig so vinnig verby.
Het julle enige diensverskaffers vanaf Mooi Troues gekry?
Ek dink my diensverskaffers het al baie op Mooi Troues verskyn, maar ek het meer Mooi Troues gebruik vir inspirasie, en ek is mal oor die stories lees. Ek doen dit nogsteeds al is en al oud getroud (5maande lol).
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Moenie oor die klein goedjies stres nie. Die dag gaan te vinnig vir jou om bekommerd te wees oor klein goedjies, geniet die tyd met die mense naaste aan jou. Stres gaan inskop maar moet nooit visie verloor van die rede vir die dag nie. Jy trou met jou beste vriend en jou sielsgenoot.
Oh en eet jou trou kos, mens kry lus daarvoor as jy na jou foto’s kyk.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Michael het my op my verjaarsdag 17 Desember 2017 na Zorgvliet Wine Estate geneem vir een van hulle wonderlike pieknieks (waar ek gedink het hy gaan vra om te trou). Na die dag, en geen verlowing nie was ek sommer kwaad vir alles en ek het Zorgvliet in my agter kop gesit.
Wat niemand vir jou sê nie is dat as jy 31 Desember wil trou dat net 3 venues (okay, miskien 7) jou sal kan help want die res maak al by 22ste Desember toe.
Ons het na 7 venues gaan kyk, waarvan Zorgvliet Wine Estate die laaste was, toe ek weer daar kom het ek na nuwe oë na dit gekyk, dit was alles wat ek wou hê een van my vereistes was dat ek ʼn “eenstop winkel” en ek wou ʼn Kapel hê om in te trou (hulle is regtig alles in een)
Bernie en Christine, die in-huis koördineerders is wonderlik, en hulle het regtig by gedra tot ʼn onvergeetlike dag.
Ons dekor inspirasie was (alles behalwe rooi ), simplisties en elegant en het nog al die tyd geweet ek wil wit hê en natuurlike groen, met stukkies goud. Ek het vir Lené Price van Authentic Planning my visie gegee en sy het tot lewe gebring. Ek het nie geweet hoe my blomme lyk tot op dag van troue nie. Ons het haar een keer gaan ontmoet en sy het my advies gegee en goed uitgewys wat ek nie eers aan gedink het nie.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Eish, dit is iets waaroor ek nie praat nie. Ons was baie gelukkig dat altwee ouer pare ons gehelp het met die uitgawes. By R120 000 het ek ophou tel. Ons het net 60 gaste by ons trou gehad. Ons het vir onsself gesê die mense wat deel van ons verhouding was, was die wie ons daar wou hê.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Vyf dae in Mauritius, Solana Beach resort, dit was fantasties! Michael vlieg in Afrika en 3 dae na ons by die huis gekom het moes hy weer vertrek vir 3 maande, so daardie tydjie saam op ons eie het so baie vir ons beteken.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Drie woorde “wat ‘n missie”! Tot op die einde het ons nog nie besluit wat ons eerste dans liedjie gaan wees nie. Ons het eers 2 weke voor tyd besluit daarop en toe begin oefen.
So het ons besluit op ʼn liedjie wat meer ons gevoelens teenoor mekaar uitbeeld as iets sentimenteel – When God made you – Newsong ft Natalie Grant.
Ons liedjie is eintlik Dans van Riana Nel, maar een van ons vriende het dit gebruik vir sy troue. Dit het nie te goed vir hom uitgewerk, so ons was bietjie bang om dit te gebruik.
- Venue + Spyseniering: Zorgvliet
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Anke Photography
- Dekor: Authentic Planning
- Bruid se rok: Bester’s Bridal Boutique
- Bruidegom se pak: Woolworths
- Foto hoekie: Retro Photobooth
- Platejoggie: Pie in the sky