Bosduifklip venue in Lambertsbaai is ‘n opelug restaurant wat spog met vele toekennings. Dié trou venue is boonop vreeslik populêr onder paartjies was graag in die Weskus wil trou. Nicole deel met Mooi Troues se lesers dat sy Bosduifklip venue reg hier op ons webwerf gevind het. Bosduifklip venue het al hul boksies afgetik.
Sy het ook die inspirasie vir die trou dekor op Mooi Troues se webwerf gevind. Ons is mal oor die aardse rustieke dekor elemente.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
30ste Maart 2019 en Nicola was 26 en Jon-Sam 37
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons het mekaar ontmoet by musiek fees rond om die 28 Maart 2016. Altwee van ons was daar met ‘n groot groep vriende en het gekamp vir 3 dae. Ons het die eerste aand ontmoet en kon mekaar net nie uitlos vir die hele naweek nie. Daarna het ons mekaar elke naweek gesien en nie lank daar na saam in getrek.
Jon-Sam het vir Nicola gevra om te trou op n Wynplaas in Stellenbosch. Ons was veronderstel om druiwe te pluk met ‘n groep van ons vriende, maar het verdwyn op ons eie en n piekniek gehad in die wingerde. Dit was toe Jon-Sam op een knie gaan en vir my vra om hom te trou. Dit was natuurlik ‘n baie groot ja.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek het vir maande gesit en op Pinterest gekyk. My idee het so baie verander soos enige bruid sal dink ek. Ek wou nog altyd ‘n boheemse styl gehad het en ook iets anders. Dus het ek toe besluit op n 2 stuk met ‘n gewone romp en ‘n mooi chiffon vloeiende toppie vir die seremonie en ‘n sy oop rug rok vir die onthaal. My idee was modern chic boheemse.
Vertel ons meer van jul ringe.
Ons is baie eenvoudige mense en het gekies vir iets wat by ons persoonlikhede sal pas. Die bruid wou nie ‘n groot ring met groot diamante gehad het nie. Sy het n foto gesien van ”n natuurlike steun en het die foto aangestuur. Sy het eers haar ring op die dag gesien.
Haar ring is ‘n 2 stuk Roosgoud met fyn diamante’s en n labradoriet steun. Die bruidegom het n palissander hout Tungsten Ring wat perfek by hom pas.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf
Die fotograwe is twee baie spesiale mense Aike en Simone van Bow & Tie photography. ‘n Ongelooflike paartjie wat ons dag so spesiaal gemaak het. Ons het hulle gekies, want ons wou ‘n aardse toon gehad het met foto’s. Hulle was net perfek ons kon nie vir beter vra nie.
Ons het nie n videograaf gehad nie, ons het aan ons gaste gevra om video’s te neem vir ons.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Die merkwaardigste oomblik was beslis toe ons mekaar sien vir die eerste keer by die Seremonie. Ons het vir so lank beplan en kon nie glo die dag was uiteindelik hier nie. Ook om hierdie spesiale dag te kon spandeer met vriende en familie.
Ons sal nie een ding verander het nie.
Het julle enige diensverskaffers vanaf Mooi Troues gekry? Indien moontlik, wie?
Ons het ons venue Bosduifklip op Mooi Troues gesien. Ook baie inspirasie vir ons troue op Mooi Troues gevind.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Van die bruid: Mees belangrikste is GENIET DIT NET! Dit gaan so vinnig verby! So moet nie stres oor die klein goedjies nie, niemand weet wat jy beplan het nie. Spandeer n bietjie meer op ‘n goeie grimeer kunstenaar en fotograaf, jy het tog net daai een dag. Kyk mooi na jou vel en drink baie water!
Van die bruidegom: Doen soveel as moontlik voor die tyd, maak seker dat alles reeds klaar is voor die dag kom. So kan dit ‘n meer ontspanne gevoel wees op die dag. Maak ook seker al jou toesprake is klaar. En natuurlik n goeie bottel whiskey 😉
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Nicola kom oorspronklik van die Weskus af en Jon-Sam ry branderplank gewoonlik in Lambert’s baai. So toe ons Bosduifklip sien het dit net sin gemaak, maar toe ons na die venue gaan kyk was dit meer as wat ons verwag het! Ons wou ‘n baie ontspanne aardse gevoel gehad het en dit het net perfek gevoel.
Die idee vir dekor was n aardse rustieke boheemse style, ons wou nie te veel gedoen gehad het nie, want die venue self het so baie karakter alreeds. Ons het eenvoudige dekor gehad, met leë botteltjies wat ons vir maande lank versamel het, met net tee lig kerse orals rond gestrooi en natuurlik n ou branderplank as dekor gebruik.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Die begroting was redelik klein en wou nie meer as as R75 000 spandeer het nie. Ons het n klein bietjie oor gegaan maar gelukkig niks wat die bank gebreek het nie. Daar was 86 gaste in totaal onthaal.
Vertel ons meer van jul eerste dans
Die liedjie keuse was Another Universe by Arno Carstens. Ons het nie geoefen nie. Altwee van ons is n bietjie styf wanneer dit kom by vas dans so ons het dit maar net gewerk. Al was dit n bietjie snaaks was dit die perfekte eerste dans gewees.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons het Thailand toe gevlieg vir ”n paar dae en in Phuket gebly. So beluit ons toe op ingewing van die oomblik om Bali toe vlieg waar ons vir so twee weke in Uluwatu gebly het. By ver die mooiste plek en die mees wonderlikste mense. En behalwe … die branderplankry was ook baie goed 😉
Na Uluwatu het ons n boot rit gevat na die Gili Islands. Dit was ongelooflik mooi en weereens die lekkerste mense, kos, asook natuurskoon. Ons sal beslis weer terug keer na Bali toe en het aan mekaar belowe dat dit n jaarlikse reis vir ons sal wees.
- Venue: Bosduifklip Restaurant
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Bow & Tie Photography
- Grimering van Bruid & Moeder: Clarita Smit Hair, Make-up and Lash extensions
- Strooimeisies se hare en grimering: Labut Emporium
- Bruid se romp: Valencia Harrison
- Bruidegom se ring: Touchwood
- Bruid se ring: The Jewellery Workshop
- Bruidegom se kleure: Markhams + Due South
- Blomme: ‘n Geskenk van twee van ons goeie vriende
- Platejoggie: Go West
- Bruidsmeisies rokke: YDE
- Strooijonkers: Woolworths
- Bruid se stewels: Woolworths