Tyler & Kimberly se wynland troue

Die aantreklike paartjie Tyler en Kimberly het hul droom wynland troue in die wynlande van Paarl gehou.  Hulle het ‘n buitelug seremonie gehad en die onthaal was gehou in ‘n markies tent by Rhebokskloof Wine Estate wat met rustieke minimalistiese dekor versier was.  Elemente van groen en wit was ‘n fokus punt.

By Mooi Troues hou ons baie van die houtborde wat by elke gas se sitplek was.  Ons dink dit is ‘n baie oulike idee as trou geskenk wat gaste kan gebruik as kaasborde of vir wat ookal hul goed dink.

Kimberly se trou rok is ook vreeslik mooi met ‘n elegante kant bo-stuk.  Tyler moes behoorlik sy emosies inhou toe Kimberly in die trougang afstap.  Die fotograaf het dié kosbare emosie perfek vasgevang.

Mooi Troues wens vir Tyler en Kimberly alle voorspoed vir hul lewens saam.  Ons is baie opgewonde om hulle liefdes storie met ons lesers te kan deel.  Rol af en geniet elke oomblik van dié wynland troue.

Julle troudatum en ouderdom van paartjie op troudag


Ons troue was op die 16de Februarie 2019 en ons is albei 25 jaar oud.

Evelyn Francis Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het mekaar ontmoet deur gemeenskaplike vriende gedurende die Desember 2017 vakansie.

Drie maande later in Maart 2018 het ons saam begin woon en het verloof geraak in Augustus daardie jaar.

Tyler het my gevra om met hom te trou gedurende ons oorsese vakansie in Griekeland.

Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra Robyn Roberts at Calegra

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het omtrent 15 trourokke aangepas, maar toe ek my trourok aangepas het, het ek dadelik verlief geraak daarop.  My rok het ek gekies omdat dit eenvoudig maar elegant en vleiend was.  Ek kon myself onmiddellik visualiseer waar ek in die gang afloop in ons troue die oomblik wat ek dit aangepas het.  Waaraan ek gehou het was hoe my trourok verander kon word van die dag na die aand met die romp wat oor die rok was.

Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography

Vertel ons meer van jul ringe


Eers wou ek aanvanklik beplan om vir Kim te vra om met my te trou nadat ons van ons vakansie in Griekeland af terug gekeer het.  Ek wou genoeg geld gehad het om vir haar ʼn verloofring te koop.  Gedurende ons vakansies in Griekeland kon ek egter nie wag om haar te vra om met my te trou nie.  So het ek haar toe gevra om met my te trou sonder ʼn verloofring.

ʼn Paar maande later het ek haar verras op ons eerste herdenking van ons verhouding met ʼn ring wat my 2 maande geneem het om te ontwerp.  Kimberley se ring is ʼn klassieke solitêre met ʼn protea gevormde klamp.  Tyler se troupand is ʼn moderne geborselde titanium ontwerp.

Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography goom claping hands Groom biting his fist wehn he saw his bride Jane Ullah Photography bride walking down the isle emotional groom Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons het Jané se fotografie op Instagram ontdek en dadelik verlief geraak op haar foto’s veral die manier waarop sy die foto’s geredigeer het met betrekking tot die beligting.   Albei van ons is maar  skaam vir ʼn kamera en Jané het ons baie op ons gemak laat voel.  Ons was baie verheug met die resultaat van ons foto’s en sal haar hoog aanbeveel aan ander paartjies.

Ons het nie ʼn videograaf gehad as gevolg van begroting beperkings nie, maar Jané was in staat om elke spesiale oomblik van ons troue in foto’s vas te vang.

Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography

Wat was die merkwaardigste oomblik van die dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die mees ongelooflike oomblik van ons troue was om al ons familie en vriende by ons spesiale geleentheid wat vir ons 6 maande geneem het om te beplan, te gehad het.  Om ʼn troue te beplan is baie spanningsvol en tydrowend en om al ons harde werk te sien saamval op die dag was baie spesiaal vir ons.

Daar is niks wat ons sou wou verander van ons troudag nie.  Ons het elke oomblik ongelooflik baie geniet.

Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Bride and groom next to a dam groom folding his arms around his bride groom folding his arms around his bride groom folding his arms around his bride goom picking up his bride bride and groom kissing Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Evelyn Francis Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Evelyn Francis Troue in die wynlande Troue in die wynlande Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Troue in die wynlande Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Troue in die wynlande

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Kimberly – Om ʼn troue self te beplan is maar spanningsvol. Ek sal elke bruid bemoedig om die rede hoekom hulle gaan trou te onthou.  Gedurende die spannings tye moet die bruid onthou dat die troudag oor haar en haar toekomstige man gaan en dat dit die belangrikste is.  Dit mag dalk soms lyk of alles nie volgens plan verloop nie maar alles sal uiteindelik saamval op die belangrikste dag in jou lewe en jy moet elke minuut daarvan geniet.

Tyler – Ondersteun jou bruid altyd en help so veel as moontlik.  ʼn Troue is ʼn spanpoging net soos ʼn huwelik ʼn spanpoging is.  Werk saam en maak seker dat alles lank vooruit beplan is.  Gelukkige vrou……Gelukkige lewe!

Jane Ullah Photography Troue in die wynlande Jane Ullah Photography Robyn Roberts Bridal & Evening Wear Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography Robyn Roberts Bridal & Evening Wear

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Nadat ons van ons vakansie in Griekeland terug gekeer het, het ons begin ondersoek instel na trou venues.  Ons wou by die aanvang ʼn buitelug troue gehad het aangesien ons beplan het om in die middel van die somer seisoen te trou.  Rhebokskloof was die eerste trou venue wat ons besoek het en was ook die trou venue wat ons gekies het.

Dit het ons die geleentheid gegee om die seremonie in die buitelug te hou en dit het ook ʼn pragtige ontvangs area verskaf.  Ons het ʼn rustieke minimalistiese dekor gehad het, want die venue was reeds baie mooi.   Die inspirasie vir die dekor het ontstaan as gevolg van baie ure wat ons op Pinterest spandeer het.  Ons het by natuurlike kleure soos groen en wit met hout funksies gehou.

Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed Rhebokskloof Wyn Landgoed

Wat was jul begroting?  Hoeveel gaste het julle onthaal?


Daar was nie ʼn begroting gehad nie, want ons het geen idee gehad wat die koste van ʼn troue oor die algemeen kan wees nie.  Ons het ons net daarop gespits om die beste prys vir elke kwotasie te ontvang.  Ons het verskeie verskaffers met mekaar vergelyk voordat ons voortgegaan het om die verskaffers te kies wat die beste waarde vir geld verskaf het.  Daar was ongeveer 85 gaste by ons troue.

wedding cakes Jane Ullah Photography Jane Ullah Photography wedding cakes wedding cakes wedding cakes

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het een aand tot laat wakker gebly en toe op ʼn liedjie afgekom, Tori Kelly ft. Ed Sheeran – I was made for loving you,  op Youtube waarvan ons albei gehou het.   Teen die tyd van ons troue het ons die woorde van die liedjie so goed geken aangesien ons seker ʼn honderd keer daarna geluister het.  Voor die troue was ons lewens so besig omdat ons familie van verskillende dele van die wêreld gekom het en ons nie tyd gehad het om ons eerste dans te oefen nie.   Toe die liedjie speel op ons troue, het ons net stadig styf teen mekaar gedans en die oomblik daarvan geniet.

Jane Ullah Photography

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het besluit om eerder te gaan reis in plaas daarvan om ʼn luukse wittebrood te onderneem.  Ons het in Thailand gereis vir 4 weke, Indonesië vir ʼn verdere 4 weke en ons reis afgesluit in Malasie/Singapoer voordat ons ʼn werkgeleentheid in onderwys aanvaar het in Thailand.

    Artikel Diensverskaffers:

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: