Aandete by Protégé in Franschhoek

Ons het ‘n heerlike aandete by Protégé Restaurant wat geleë is in die Le Quartier Francious Hotel geniet.  Protégé is ‘n gemaklike fynproewer restaurant wat nie heeltemal so formeel is soos ander fynproewer restaurante nie.  Dit is die perfekte opsie is vir gaste wat opsoek is na ‘n restaurant wat bietjie meer informeel is, maar nogsteeds fantastiese kos bedien met die aandag op die kos en minder op die formaliteit van die restaurant self.  Sjef Cameron Smith is in beheer van die kombuis by Protégé en het hom self kom voorstel aan ons toe ons eerste dis bedien word.

restaurant vorsprung studio photography casual fine-dining vorsprung studio photography waiter, restaurant kitchen, vorsprung studio photography gin cocktail, vorsprung studio photography

“Small plates” spyskaart

Hulle het twee opsies van kos bestel.  Jy kan of gebruik maak van hulle “small plates” spyskaart opsie en self bestel wat jy wil soos jy wil en betaal per bord kos of jy kan gebruik maak van hulle Sjef spyskaart opsie.  Ons het die Sjefs spyskaart gehad van R 550 per persoon is en dan kry jy sewe van die sjef se gunsteling disse vanaf die “small plates” spyskaart.   Dit is net genoeg kos en is ‘n heerlike verskeidenheid van kosse wat bedien word.

casual fine-dining vorsprung studio photography Saldanha oyster, vorsprung studio photography restaurant, couple, waitress, fireplace, vorsprung studio photography edamame beans, vorsprung studio photography

Seekos alternatief

Günther eet glad nie seekos nie.  Die Sjef het al die vis disse waar moontlik vervang met ander heerlike disse.  Baie dankie daarvoor, dit is min dat restaurante op die laaste oomblik so iets sal doen vir hulle gaste.  Ons kan sien dat by Protégé die sjefs hulle passie uitleef deur die lip-lek-lekker kos wat hulle bedien.

casual fine-dining, open kitchen, vorsprung studio photography casual fine-dining vorsprung studio photography casual fine-dining, vorsprung studio photography casual fine-dining vorsprung studio photography casual fine-dining vorsprung studio photography gin cocktail, casual fine-dining, vorsprung studio photography

Ons gunstelinge

Van ons gunstelinge op die spyskaart sluit in die Saldanah Bay Oysters wat Asiatiese styl (“Asian Style”) bedien was.  Dit het nie net heerlik geproe nie, maar was ook prentjie mooi.  Die Korean Fried Chicken met Koljander en Karringmelk was fantasties en dit was nog net die begin!  Nou vir ons gunsteling dis van die aand, die Roti, sjoe, die perfekte gebraaide lam, kruie en suurtjies was gebruik om hierdie heerlike Roti bymekaar te sit wat letterlik smelt in jou mond van lekkerte.  Hulle beesvleisfilet wat bedien word met  beenmurg, swart peper, wortel was net so lekker en perfek gaar gemaak.  Al die smake werk so mooi saam en komplimenteer mekaar perfek.   Ons het ons besoek aan Protégé af geëindig met ‘n heerlike soet nagereg en ‘n koppie Cuppucino.

casual fine-dining, vorsprung studio photography casual fine-dining, vorsprung studio photography casual fine-dining, vorsprung studio photography

Vriendelike gasvrou

Die gasvrou was ook baie vriendelik en het ons op ‘n vinnige toer gaan wys na die tuine buite by Protégé.  Daar is verskillende haas standbeelde in die tuin.  Sy het ook Leeu Estates in kennis gestel dat ons klaar is en dat hulle ons weer kan kom optel.  Dit is wat ‘n mens puik diens noem.  Dit is definitief ‘n aandete wat ons sal onthou en ons sal definitief terug wees.

casual fine-dining, vorsprung studio photography casual fine-dining, vorsprung studio photographycasual fine-dining, vorsprung studio photography

Bespreek jou tafel

Bespreek jou tafel nou by Protégé deur die skakel te volg: https://www.protegerestaurant.co.za/book-online

Volg hulle ook op Instagram en Facebook en word daagliks geïnspireer deur prentjie mooi kos wat jou definitief sal oortuig om ‘n bespreking te maak by Protégé.

casual fine-dining, vorsprung studio photography