Ons by Mooi Troues deel met ons lesers die selfdoen troue van Johan en Mariaan. Wat dié troue so besonders maak is dat dit ʼn oggend troue was. Paartjies wat nie te duur vir ʼn troue wil betaal nie moet tog daaraan dink vir ʼn oggend troue. Onthaal jul gaste met ontbyt, of brunch soos Johan en Mariaan. Jul troufoto’s kan altyd na die ontbyt geneem word en word die dag nie te lank nie.
Johan en Mariaan het meeste van hul troudekor self gedoen en Mooi Troues se lesers wat opsoek is na oulike goedkoop trou idees sal baie inspirasie hieronder vind.
Geniet die selfdoen troue.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons troudatum was 12 Januarie 2019. Mariaan was 26 en Johan 27 jaar oud.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Albei ons ouers bly in Piet Retief en Mariaan het gestudeer in Pretoria en Johan gewerk in Midrand. Wanneer ons wel vir ons ouers gaan kuier het het Mariaan ʼn saamry geleentheid saam Johan Pretoria toe gevat en so het ons mekaar beter leer ken.
Johan het vir ons ʼn week vakansie beplan in Maart 2018. Die 20ste Maart 2018 het ons opgegaan tafelberg toe, en na baie geloop om die perfekte plek te kry, het Johan vir Mariaan gevra om te trou.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Mariaan se trourok het vreeslik baie detail van kant aan die bo-stuk gehad. Sy het spesifiek van die af-skouer effek gehou, asook die kwaliteit materiaal van rok. Sodra ek die rok aangepas het en met oë groot van my ma en skoonsus het ons al drie net geweet dis die rok vir my.
Vertel ons meer van jul ringe.
Johan het Mariaan se platinum ring met die ovaal diamant spesiaal laat maak in die Kaap by Cape Diamonds. Johan se Tungsten ring het ons in Pretoria gekoop en het spesifiek gehou van die swart skynsel.
Vertel ons meer oor die fotograaf
Ons het Blue Tree Photography gebruik vir ons troufoto’s. Ons het hulle op sosiale media ontdek en baie gehou van die ligte, natuurlike en kwaliteit fotos wat hul neem. Hul is wonderlike mense en het ons op ons gemak laat voel en het nie omgegee om so ver te ry om ons spesiale dag vas te vang nie.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Elke troudag kan nie perfek wees nie, maar albei van ons was baie rustig. Die oomblik wat ons nie sommer sal vergeet nie is die seremonie en die sekerheid dat ons is vir mekaar bedoel is. Die kos by die troue was ook wonderlik en het presies ons tema van ‘n brunch troue weerspieël.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Advies van die bruid: Geniet net elke oomblik van die beplanning en die troudag. Die dag gaan so vinnig verby, en maak seker om alles in te neem en te waardeer.
Advies van die bruidegom: Ondersteun jou toekomstige vrou deur die loop van die proses en probeer soveel as moontlik besluite saam te neem oor die troue sodat albei die dag sal geniet.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Met ʼn lang gesukkel opsoek na ‘n venue het ons besluit om in Piet Retief te trou omdat meeste van ons familie daar is. Daar was ʼn ongelooflike venue – Welverdiend – wat ons harte gesmelt het met die onthaal met die hoeveelheid lig wat deur die groot vensters inkom en die plantasies in die agtergrond.
Met die dekor wou ons graag iets eenvoudig gehad het en steeds elegant omdat dit ‘n brunch troue was. Ons is mal oor vetplante en protea’s en wou graag die houtkissies met vetplante vir familie lede gegee het om na die troue te hou vir herinnering. Die houtkissies het Mariaan se ma gemaak en geplant met die woorde geloof, hoop, liefde, vreugde, vrede en vertroue as tafel benamings in gegraveer.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?
Ons het self alles betaal en dus ʼn baie klein begroting gehad. Ons het besluit om dit so klein as moontlik te hou met familie en het omtrent 40 mense by ons brunch troue gehad. Ons het meeste van die kostes gesny deur van die goed self te doen.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons het Bali toe gegaan vir ons wittebrood. Ons is lief daarvoor om kultuur en natuur te ontdek en Bali was perfek daarvoor. Ons het bietjie van die see geniet asook meer van die ongelooflike natuur soos die watervalle en ‘rice terraces’ in Ubud, Bali.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograwe: Blue tree Photography
- Venue: Welverdiend Guesthouse and Function venue
- Protea blomme: Doornkraal Proteas and Country Venue
- Troupak: Smartguy