Die vliegtuig verlowing fotosessie van Alex en Jessica se inspirasie kom van Jessica se pa se werk jare terug. Haar pa was ‘n was ʼn vegtervlieënier in sy jonger dae. Vliegtuie speel nog ‘n groot rol in haar familie. By Mooi Troues dink ons dit is ‘n wonderlike manier om die “familie wortels” so uit te beeld in ‘n nuwe hoofstuk.
Die fotograwe, ‘n Mooi Troues diensverskaffer, was reg om die spesiale oomblik in verewige herinneringe vas te vang.
Rol af en geniet die pragtige foto’s van Alex & Jessica se vliegtuig verlowing fotosessie.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Jess: Albei van ons is heelwat skaam, so toe ons gevra was deur n gemeenskaplike vriendin of ons op ʼn “blinde afspraak” wil gaan was ons ʼn bietjie onseker, maar het ʼn kans gevat. Daar was dadelik ʼn aantrekkingskrag tussen ons. My hart het dadelik hard begin klop die oomblik toe hy voor my deur stop. Alex sê tot vandag toe dat dit “liefde met die eerste oogopslag” was. Ons altwee kon nie ophou glimlag daardie aand nie.
Vertel ons wie het wie gevra om te trou?
Alex: Ons was op pad Kaapstad toe om op my familie plaas te kuier – Paardefontein.
Ons het by ʼn piekniek plekkie gestop net buitekant Somerset-Oos om bene te strek toe ek besluit het dis nou of nooit. Ek het afgegaan op een knie en haar vertel hoe lief ek is vir haar en na baie trane, drukkies en soene het sy ja gesê. Dit was een van die beste oomblikke van my lewe.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Alex: Die idee was Jess s’n en ons inspirasie kom van my pa af. Hy was ʼn vegtervlieënier in sy jonger dae. Vlieg en vliegtuie is ʼn diep gewortelde passie van my sowel as my hele familie. Ons het uitgevind dat die South African Air Force Museum in Port Elizabeth beskikbaar is vir foto’s en ons het nêrens anders gekyk nie – dit was die perfekte plek vir ons fotos.
Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?
Jess: Ons het besluit om ʼn verlowing fotosessie te doen om gemaklik te raak met die kamera, maar ook om ons fotograwe, Riegard en Eidie Janse van Rensburg, beter te leer ken. Dit was een van die beste besluite wat ons kon maak en ons stel dit voor vir elke paartjie wie regmaak vir hulle groot dag. Rieg en Eidie, van RRAD Photography het ons vreeslik gemaklik laat voel en daardeur het hulle ongelooflike mooi fotos geneem. Ons het van hierdie fotos gebruik in ons trou uitnodigings.
Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?
Jess: Vir die droom troue wil ons soveel ‘ons’ hou as moontlik. Ons is nie vreeslike bont mense nie, so ons troue gaan ons skoon, gemaklik en intiem hou. Graag wil ons hê ons familie en vriende moet hulself geniet en het besluit dat ons ʼn goeie platejoggie sal kry, ʼn oop kroeg, grasperk speletjies, ʼn Fotohokkie en meisies wie die kinders kan oppas en lekker besig hou.
- Fotograaf: RRAD Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Hare, naels en grimering: Bliss Hair, Skincare and Kids Salon
- Plek: South African Air Force Museum (Port Elizabeth)