Mooi Troues deel grag met ons lesers die bruilofsfees van Peet en Carli met julle.
Die paartjie het getrou by ล venue in Gauteng wat aan al hul vereistes voldoen het en gemaklik hul 150 gaste kon akkommodeer. Carli se trourok is van Bridal Manor en het dadelik haar hart gesteel. Sy het Peet en hul gaste laat snak na hul asems. Die musiek vermaak in die kerk en tydens die canapรฉs was die talentvolle musiek duo, Akoestiek Musiek.
Peet en Carli het ook ล bietjie hul dag se tydlyn gemeng deur hul fotosessie voor hul seremonie te hou. Dit is ล briljante idee om nie die trou gaste te laat wag tussen seremonie en onthaal nie. Paartjies moet dit tog eers bespreek met hul fotograaf, want lig is ล groot faktor.
Ons by Mooi Troues weet sommer ons lesers sal baie van Peet en Carli se bruilofsfees hou so rol af en geniet hul troue.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons is op 17 Februarie 2018 getroud. Ek was 30 en Peet 31.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ons het ontmoet in 2006 as eerstejaarstudente in die Rekeningkunde klas op die PUK. Die Peet-en-Carli-sage het na 10 jaar ล keerpunt bereik toe Peet vir 5 dae Engeland toe vlieg om vir my te gaan kuier. Kort daarna het ek in Februarie 2017 Pretoria toe getrek. Dit was ล romantiese oggend in Swaziland in Oktober 2017 toe Peet my vra om te trou: Salm en roereier brunch (voorberei deur Peet) gepaar met Hermanus Pietersfontein Bloos en ล asemrowende uitsig oor die vallei.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Die rok was nie gegrond op ล prentjie op ล Pinterest bord nie en is ook heeltemal anders as die styl wat ek gedink het by my sal pas. My suster, ma, skoonma, skoonsus en vriendin het saam met my gegaan om rokke te pas by Bridal Manor in Garsfontein en die David Tutera rok het eenvoudig net my hart gesteel.
Vertel ons meer van jul ringe.
Ons ringe is gemaak deur Lorean Jewellery Design. Peet ken vir Lorean al vir ล paar jaar en Lorean is self betrokke by al die ontwerpe. Die โtrilliant cushion cutโ diamant van my ring stel die verhouding tussen God, man en vrou in die huwelik voor. Peet se ring is van titanium en is gegrond op ล foto op Pinterest.
Vertel ons meer oor die fotograaf.
Patrick Furter Photography was ons fotograaf. Peet het hom op sy suster se troue ontmoet en ons was mal oor sy fotoโs. Patrick is ล prettige ou wat by ons styl gepas het en hy het ons op ons gemaak laat voel.
Wat was die merkwaardigste oomblik van diรฉ dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Ons het gekies om voor die seremonie fotoโs te neem. Patrick het ล afgesonderde bouval op die perseel gekry en Peet het daar vir my verras met Sjampanje. Die oomblik toe ons mekaar sien en net ons twee dit kon deel was ongelooflik spesiaal. Ons kon vir mekaar sรช hoe ons voel en net die oomblik inneem.
Wat sou ons verander? Dit was ongelooflik warm, maar ons was so geseรซnd met die weer, veral oor die seremonie buite was. Eintlik sou ons niks anders wou hรช nie.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Hou julle Excel sigblad by!
Dames, as jy iets nie kan bekostig nie, gaan daarsonder/kry ล goedkoper alternatief. Vra jouself of dit regtig gaan saak maak as jy dit nie het nie. Moenie oor die klein goedjies stres nie.
Mans, almal wil advies gee. Onthou dit is julle dag, vat al die insette as bydraes en nie wet nie. Julle moet doen wat vir julle werk. Daarby saam, dink mooi aan wie jou seremoniemeester is. Hy/sy dra meer by tot die troue as baie van die ander goed.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Vereistes vir die venue toe ons November 2017 begin rondkyk het was dat dit beskikbaar moes wees tussen Februarie en April 2018 (amper onmoontlik), 150 gaste kan vat en steeds ล groot genoeg dansvloer moet hรช. Idlewild Country Estate het aan al die vereistes voldoen en natuurlik was die venue baie mooi op die oog ook. Die dekor het daarna net bymekaar gekom.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons het ~160 gaste gehad en daarom was dit noodsaaklik om nie onnodig geld uit te gee nie. Ons het ons begroting op ล Excel sigblad gesit en die kostes daarteen gemeet. Vir ons was dit belangrik om getroud te wees, dat die gaste lekker eet, die kuier geniet en lekker dans terwyl hul ons huwelik vier en dis waarop ons gefokus het. Dit was voorwaar ล fees!
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons was vir ล onvergeetlike week in Mauritius en het by een van die oorde aan die noorde van die eiland gebly. Die weer was fantasties met net genoeg reรซn om die eiland af te koel. Daar is baie aktiwiteite en ekskursies by die oorde en oor die eiland. Ons het ล bromponie gehuur waarmee ons die eiland verken het en met ล catamaran na ล omliggende eiland gevaar. As ons net wou ontspan, het ons op die strand gelรช en geswem. Ons sal Mauritius verseker aanbeveel.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Ons het die dansvloer geopen op Second hand heart van Ben Haenow en Kelly Clarkson. Toe die liedjie uitgekom het in 2015, was Peet my metgesel vir my broer se troue en dit het net ons โliedโ geword. Ons hou beide baie van dans en het nie gevoel dis nodig om ล geoefende dans uit te voer die aand van die troue nie. Dit moes net natuurlik en lekker wees, sonder stres.
- Musiek in die kerk en tydens die canapรฉs: Akoestiek Musiek
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ล internet konneksie het en ล toestel wat gekonnekteer is tot ล aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ล rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ล diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Patrick Furter Photography
- Venue: Idlewild Country Estate
- Pak: Peet het die pak laat maak toe hy in Vietnam was.
- Rok: Bridal Manor Pretoria
- Hare: Palladium Hair Co Pretoria
- Grimering: Lana V Makeup Artistry
- Bruidegom se ring: Lorean Jewellery Design
- Bruid se ring: Lorean Jewellery Design
- Blomme: Bofberg Flowers
- Platejoggie: Up a Tone Events