Droom jy van ล troue in die wild of ล romantiese wittebrood in die Tuinroete by ล Wildreservaat? Dan het ons die perfekte opsie vir jou. Gondwana Game Reserve, geleรซ in die Tuinroete, buitekant Mosselbaai, is dit maklik bereikbaar per motor vanaf George lughawe of Kaapstad.
Ons was vriendelik verwelkom deur die ontvangsdame met ล heerlike glas ystee. Hulle portier het onmiddellik aangebied om ons bagasie na ons eenheid te neem, terwyl ons besig is om in te klok vir ons nag by Gondwana Game Reserve en ล fantastiese tyd te hรช.
Restaurant:
Nadat ons ingeklok het, het ons ล heerlike middagete geniet in hulle restaurant. Ons het heerlike middagete geniet met lieflike uitsigte en ล lekker oop gevoel wat saam met die natuur vloei. Hulle restaurant het twee dele, ล informele deel en dan ล meer formele restaurant gedeelte.
Swembad:
Dit was koel toe ons Gondwana besoek het, omdat ons aan die begin van Winter seisoen is in Suid-Afrika, so kon nie regtig gebruik maak van die swembad area nie, maar hulle het ล lieflike swembad met die mooiste uitsigte oor die wildreservaat en die berge in die agtergrond. Dit is prentjie mooi en kan net dink hoe lekker dit in die Somer moet wees. Hulle doen ook etes buite as die weer dit toelaat en kan ook ontbyt buite bedien by die boma-area.
Kwena Lodge:
Ons het in die Kwena Lodge gebly, wat ล moderne weergawe van die tradisionele Khoi-San woning se boustyl is. Al die eenhede word omring met die mooiste natuur tonele, uitsigte van die Outeniqua en Langeberg bergreeks. Daar is ook wilde diere wat sommer tot teen jou eenheid kom. Moet nie bang wees nie, in die aand word jy deur ล professionele wildreservaat gids begelei na jou eenheid om seker te maak jy is veilig en ook in die oggende voor die son opkom. Na ons aandete toe ons lekker rustig in die bed lรช hoor ons iets buite beweeg en ek loer toe deur die gordyne, om buite drie olifante reg op ons stoep te hรช. Letterlik 3 meter van ons af! Dit was ล belewenis gewees en ons het nie eens gedink daaraan om ล foto te neem nie, maar eerder net daarna te kyk en dit te beleef.
Die eenheid waarin ons gebly het, het ล Koning-grootte bed gehad, ล badkamer met ล bad, stort, dubbel-wasbak en aparte toilet. Die kamer self is ruim genoeg vir ล paartjie en daar is ล lekker groot stoep buite met stoele en ook ล buite sonbed waar jy die Afrika-son kan geniet. Daar is ook gratis Wi-Fi in die eenhede en koffie/tee fasiliteite.
Hulle het ook ล Afrika Wittebrood pakket beskikbaar, klik hier om meer te lees oor hulle wittebrood pakket en die fasiliteite beskikbaar vir paartjies.
Middagtee:
Daar is ล middagtee wat in die kroeg-area by die Kwena Lodge bedien word voor die gaste uitgaan op hulle wildrit vir sonsak. Die middagtee was ล verskeidenheid van soet en sout vingerhappies en ล keuse van koffie of tee. Net ล ietsie om jou maag te vul vir die twee tot drie ure wildrit voor aandete bedien word.
Aandete:
Vir aandete het ons ล kaas-bord geniet en ook ล sop voor ons voorgereg bedien was. As voorgereg het Jaun ล heerlike vegetariese opsie en Gรผnther โkrokkedilโ geniet. As hoofgereg het Jaun ล garnaal paella gehad en Gรผnther ล heerlike stuk biefstuk. Dit was perfek gewees! As nagereg was daar heerlike kaaskoek en Tiramisu wat hulle gedeel het. Hulle restaurant se kos is fantasties.
Voor die nagereg bedien was het die personeel ons verras met ล mooi sang deur die restaurant wat definitief iets baie spesiaal was en ons kon sien al die gaste geniet dit vreeslik.
Wildritte:
Ons was op twee wildritte gewees, een die middag na middagtee en die ander wildrit was voor die sonsopkoms die volgende oggend, voor ontbyt. Die aand wildrit was lieflik gewees. Ons het Renosters, Impalas, ล Seekoei en haar baba gesien, olifante en ook Sebras. Ons het met sonsak gestop om ล drankie en lekker vingerhappies te geniet in die wild. Nadat ล olifant na ons aangeloop gekom het, was ons vinnig weer terug in die motor. Dit was nogal ล ervaring om dit te beleef. Die volgende oggend het ons Wildebeeste en Kameelperde gesien. Dit is altyd lekker om so ล groot verskeidenheid diere te kan sien op ล wildrit. Omdat dit wilde diere is, is daar altyd ล moontlikheid dat jy nie so baie diere sien nie, dit bly wilde diere en as hulle wil wegkruip sal hulle.
Ontbyt:
Ontbyt word bedien in die restaurant area. Daar is ล groot verskeidenheid ontbyt keuses van verskillende kase, pappe, salamiโs, koue-vleise, brode. Jy kan ook ล keuse van ล heerlike warm ontbyt van die spyskaart bestel. ล Goeie ontbyt sal definitief jou dag op ล hoogtepunt laat begin.
Meer inligting:
Daar is ook ล Spa op die perseel, as jy bietjie wil ontspan en gaan vir ล massering sessie.
Bespreek jou wegbreek by Gondwana Game Reserve deur hulle webtuiste te besoek vir meer inligting om te boek of hulle ล e-pos stuur deur hier te klik.
Volg Gondwana op Instagram, Facebook en Twitter.
- Fotos en kopiereg voorbehou deur ยฉ Vorsprung Studio