Roman & Kimberlee se pragtige plaastroue

appelliefie art and photography

Paartjies wat op trou staan en opsoek is na oulike plaastroue idees sal baie van Roman en Kimberlee se troue hou.  Dié paartjie het hul plaastroue in Hartbeespoort gehou.

Ons by Mooi Troues sê spesiale dankie aan Gauteng gebaseerde trou fotograaf Appelliefie Art + Photography wat die pragtige plaastroue op foto’s vasgevang het wat ons nou met Mooi Troues se lesers kan deel.  Rol af en kyk na Caitlin se fotografie werk hieronder.  As jul opsoek is na ‘n troufotograaf vir jul troue, gaan loer gerus na Appelliefie Art + Photography se profiel in Mooi Troues se aanlyn trougids.

Geniet Roman en Kimberlee se plaastroue en deel met almal.

appelliefie art and photography

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op die 4de Augustus 2018 getrou.  Roman was 23 en Kim was 22.

bridal makeup pretoriabridal makeup pretoria bridal makeup pretoria appelliefie art and photography bridesmaid dresses pretoria appelliefie art and photography bridesmaid dresses pretoria

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Roman het in Italië gebly op daai stadium om op sy motorsport loopbaan te konsentreer.  Kim se pa wat betrokke was in motorsport het per toeval Roman se CV opgespoor en Kim was verlief van daardie dag af.  Roman was 16 en Kim 15 jaar oud, maar na die eerste dag wat ons mekaar ontmoet het, was ons verlief en het geweet dat ons gaan trou.  Roman het 6 jaar later op die Magaliesberge gevra.

wedding suits pretoria bridesmaid dresses pretoria bridesmaid dresses pretoria bridesmaid dresses pretoria best groom reactions

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Kim was verlief met die winter styl rokke.  Onverwags het Kim en Ilke, een van haar beste vriendinne,  vinnig een oggend besluit om na die rok te gaan kyk en kon nie Pretoria verlaat sonder die rok nie.

wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria wedding chapels in pretoria photographers in pretoria

Vertel ons meer van jul ringe.


Kim hou van ‘n simplistiese en fyn ringe en was mal oor ‘n band.  Roman het Kim se ring gekoop by Louis Daniel in die teenwoordigheid van sy skoonsussie, Natania.  Na die eerste besoek, het Roman geweet dit was Kim se ring en het haar ring laat maak in wit goud met diamante wat reg rondom die band is, wat ewigheid simboliseer.

Kim het Roman se ring laat maak met die woorde “I will never let go” in die binnekant gegraveer, wat baie beteken vir altwee, veral tydens ons verhouding waar Roman oorsee was.

photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria appelliefie art and photography photographers in pretoria

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Nadat ons ‘n koffie saam Caitlin gedrink het, het ons dadelik geweet dat sy ons fotograaf gaan wees, die vriendelikheid en warmte van haar geloof het ons aangelok en het geweet dat die Here haar op ons pad gesit het.

Jean de Villiers was ons videograaf, ‘n ou skool vriend van Roman wat baie talentvol en spontaan is.  Ons hou baie van sy styl en was geseënd om hom daar te kan hê om sy betowering te doen.

photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria appelliefie art and photography photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Om die Here te loof en te prys in sy natuur was uniek en onbeskryfbaar.  Sy teenwoordigheid was ‘ n gevoel wat baie naby aan ons sal bly.  Om ons geloftes aan mekaar te maak saam ons naaste familie en vriende was ‘n seën!

Kim was bietjie siek met griep en sou graag nie haar neus so baie geblaas het nie!

photographers in pretoria appelliefie art and photography photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria photographers in pretoria appelliefie art and photography photographers in pretoria

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Na ‘n onbeplande middag rit, het ons die venue opgespoor en het die plek besoek.  Ons het ingesluip en dit was asemrowend, presies wat ons wou gehad het.  Daar het ons Simone dadelik gekontak om haar te ontmoet, sonder om na enige ander venue te kyk, het ons die deposito betaal!

Ons wou altyd iets baie natuurlik gehad het en Claudette van Smoorverlief, het ons verras met meer as wat ons ooit kon vra met die dekor en blomme. Die kleure wat ons wou hê was baie groen, bloos pienk en Boergondië.  Na ‘n paar idees tussen die drie van ons, het ons die res in Claudette se hande gelos.

the barn redstone country estate the barn redstone country estate the barn redstone country estate

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Die Here het ons geseën en groot deure vir ons oop gemaak om ons troue self te kon bekostig.  Ons het goed en billik gespaar en die res was geloof.

the barn redstone country estate the barn redstone country estate the barn redstone country estate the barn redstone country estate

Hoeveel gaste het julle onthaal?


85 van ons naaste familie en vriende.

the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Kim: Geniet elke oomblik van die beplanning en trou dag.  Moet nie bekommerd wees oor die klein goedjies nie, dit gaan vinnig verby!

Roman: Ondersteun jou bruid in elke aspek in die beplanning van die mooi dag.  Dit is net een dag van jou lewe, maak seker jy spandeer dit met die mense wat jy lief het en vir jou omgee.

the barn at redstone weddingthe barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Die dag na ons troue, het ons vertrek na die Pilanesberge toe vir ‘n paar dae en van daar af Kaap toe gereis na die wyn lande.

the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding the barn at redstone wedding

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: