Corné & Lente se trou naweek by Bon Cap

Lesbian Wedding at Bon Cap in Robertson

Die twee beeldskone bruide, Corné en Lente, het ʼn behoorlike bruilofsfees van ʼn hele naweek by die plaas Bon Cap net buite Robertson gehou.  Hulle kon die hele naweek behoorlik kuier, lag en lekker kos eet.  Die gasvrou, Michelle, het reg gestaan om te verseker al die gaste geniet die naweek bruilofsfees behoorlik!

Elk van die twee bruide het hul individuele persoonlike uitgebeeld in hul trourokke.  Lente se rok is meer uitspattig en Corné se rok meer klassiek.

Die dekor van die plaas trou venue by Bon Cap was op gemaak met dekor geïnspireer deur Italië.  Met ʼn vyf-gang maaltyd is elke dis gepaard met sy eie wyn was die onthaal behoorlik uit die boonste rakke.  Al die gaste het ook saam die twee bruide die dansvloer oopgemaak.  Die liefde van die twee bruide is behoorlik gevier!

Dié troukoek is iets besonders en lyk lip-lek-lekker.  Toekomstige troupare wat iets anders soek sal baie van die idee van troukoek hou!

Besig om ʼn troue te beplan?  Wil jy ʼn hele naweek daarvan maak?  Kyk na die foto’s hieronder terwyl jy Corné en Lente se lof vir die plaas trou venue Bon Cap lees.  Ons glo dit is genoeg motivering om die plaas venue te bespreek vir jou droom troue!

bon cap wedding photos Klassieke trou rok

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


06 Oktober 2018, Corné: 37 Jaar oud en Lente: 31 Jaar oud

bruid grimering Moeder van die bruid

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het by n “dak-nat-maak” braai in Pretoria ontmoet net nadat Lente van haar “gap” jaar oorsee af terug in die land was.  Ons was al vir 10 jaar ʼn paartjie voor ons getrou het.  So ons het gereeld van trou gepraat en was dit die stap wat ons albei volgende wou vat.  Corné het besluit om op ons vakansie in die romantiese Italië dié vraag te vra!

Trou rok op 'n hanger Laggende bruid Ma van die bruid

Vertel ons meer oor hoekom die bruide hul spesifieke trourokke gekies het?


Bruid 1: Lente, ek is maar die meer uitspattige van ons twee.  Toe ek met my ontwerper ontmoet het, het ek nie eers een prentjie van ʼn rok vir haar gewys nie.  Dit was alles net foto’s van abstrakte kuns. So dit was ʼn kreatiewe skepping wat soos goeie wyn, net beter geword het soos ons aanhou ontwerp het!

Bruid 2: Corné, My ontwerp het seker 20 keer verander!  Ek wou van die begin af ʼn eenvoudige en klassieke styl hê.  Dit was nogal n proses om by die finale produk uit te kom.

twee bruide Hier kom die bruid Pa van die bruid lesbian wedding at bon cap two brides two brides two brides two brides two brides two brides

Vertel ons meer van jul ringe.


Soos met ons rokke, het ons albei ons eie en verskillende smaak.  Ons wou van dag een af ons eie ringe ontwerp met n baie duidelike idee van wat ons wou hê.  Die ringe is deur verskillende ontwerpers gemaak – om te pas by ons eie unieke style.  Corné se ring is Roosgoud met diamante, elegant en tydloos.  Lente het 5 pante, elkeen met ʼn ander ontwerp en ʼn ondeursigtig diamant.

lesbian wedding at bon cap two brides two brides two brides lesbian wedding at bon cap Trou kos two brides

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Die besluit op ʼn fotograaf het lank gevat.  Ons het na so baie foto’s gekyk van verskeie fotograwe, Bravo&Thatcher het ons oorwen met hulle werk!  Hulle het ook ons verlowing foto’s gedoen.  Mens besef nie eintlik hoe intiem ʼn fotosessie is nie.  ʼn Persoon met ʼn baie groot lens wat diep in jou siel en verhouding inkyk.  Ons pad saam het net so gemaklik begin, dat die troudag net nog lekkerder voor die kamera was, ons wil veral vir Blyde en Paul dankie sê!

bon cap wedding photos lesbian wedding at bon cap

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Meeste mense sê jy moet die toesprake kort hou, maar ons het dit op ʼn ander manier gedoen.  Ons het heelwat vriende en familie gehad wat deur die loop van die aand gepraat het.  Hulle woorde was regtig spesiaal.

Die kos!  Ons het 5 verskillende gange gehad met elk ʼn ander wyn.  Michelle van Bon Cap het ons nie teleurgestel nie.  Ons sou dit definitief aanbeveel om nie te probeer geld spaar op die kos nie!

bon cap wedding photos bon cap wedding photos bon cap wedding photos two brides two brides two brides bon cap wedding photos two brides two brides bon cap wedding photos two brides bon cap wedding photos two brides bon cap wedding photos two brides bon cap wedding photos lesbian wedding at bon cap bon cap wedding photos two brides

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het gesukkel om ʼn venue te kry en dit was baie amper en ons het maar “elope”!  By ʼn bruid expo het ons met swaar harte geloop en het ons niks gekry waarvan ons gehou het nie.  Ons was op pad uit toe ons verby een van die laaste stalletjie loop.  Daar ontmoet ons Michelle van Bon Cap, die dekor van haar stalletjie, haar oop idees en ongelooflike persoonlikheid het ons net daar en dan gehad – 3 dae later was ons in Robertson om te begin beplan!  Ons dekor was gebaseer op ons vakansie in Italië, baie vars kruie, kos wat met liefde gemaak word en ʼn gemaklike plaas styl met opflikkering.

Bon Cap trou venue Bon Cap trou venue Bon Cap trou venue Bon Cap trou venue Bon Cap trou venue

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Sjoe, om ʼn troue te beplan is baie werk (al was ons twee bruide), daar is werklik baie meer detail as wat mens oorspronklik verwag.  In die oomblik kan die reëlings ʼn mens nogal oorweldig, maar as ons terug kyk en die herinnering en gevoelens van die groot dag kom terug, maak dit alles die moeite werd!  Ons wou eers ook nie ʼn vreeslike groot troue gehad het of soveel tyd en geld spandeer nie, maar op die dag bevind jy jouself in n onbeskryflike see van liefde en emosies en daar is niks wat beter as dit voel nie!

Bon Cap trou venue Bon Cap trou venue Bon Cap trou venue bon cap wedding photos bon cap wedding photos bon cap wedding photos

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het 56 gaste gehad by ons troue en omdat ons troue oor ʼn hele naweek geval het, was die begroting aangepas gewees om al ons gaste vir die naweek te kon onthaal.

bon cap wedding photos bon cap wedding photos

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het gelukkig nie nodig gehad om enige dans passies te oefen nie, want ons eerste dans het al ons trou gaste ingesluit, die dans vloer was sommer dadelik oop en ons dink dit het ons trou makietie definitief op ʼn goeie noot afgeskop!  Ons liedjie was Keala Settle & The Greatest Showman Ensemble – This Is Me.  Die woorde van die liedjie was maar net iets wat na aan ons harte lê en vir soveel ander mense ook moed kan gee!

two brides two brides two brides bon cap wedding photos

Vertel ons meer van jul Wittebrood:


Die wittebrood was al gereël gewees lank voordat ons ʼn venue of ʼn trou datum gehad het … ons het seker maar geweet dinge sou uitwerk.  Ons wou baie graag ʼn Wit-Kersfees hê, so ons was Oostenryk toe.  Vir ʼn week het ons met ʼn huur motor van klein dorpie na klein dorpie gery, al agter die Kers markte aan, tussen berge vol sneeu, gevriesde mere en Mozart.  Ons het daarna gaan ski (of altans, probeer) en Kersfees gevier in ʼn dorpie vol van die mooiste tradisies, Gluehwine en kos, waarna ons, ons wittebrood afgesluit het in die kunssinnige Beryn.

two brides two brides

    Artikel Diensverskaffers:

    • Venue + kos + dekor + troukoek + verblyf + Trou beplanner + gaste geskenkies: Bon Cap

    Klik hier vir meer diensverskaffers

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: