Die oulike paartjie Hendrik en Maronel het hul droom troue by die luukse Bakenhof wynlandgoed trou venue in Wellington gevier.
Maronel was in 2016 ‘n deelnemer van die realiteit televisie program, Boer Soek ‘n Vrou. Gelukkig vir Hendrik het sy uitgeval en wás hy dié man wat vir Maronel by die kansel gewag het.
Hulle albei het só gelukkig gelyk in hul foto’s en ons by Mooi Troues wens hul al die geluk in hul huwelik.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Vrydag , 14 Desember 2018 – Hendrik: 29 Jaar oud en Maronel: 24 Jaar oud
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Maronel het in haar vierde jaar (2016) van onderwys swot, verveeld saam met haar vriendin op die bank gesit. Dié vriendin het besluit hulle gaan iets opwindend doen. So besluit hulle om vir Boer soek ‘n Vrou in te skryf. Sy het in die top 5 gekom toe die boer haar huis toe stuur. Daardie aand sit Hendrik op die bank gesit en dadelik Maronel gaan soek op sosiale media. Hy het haar gekry en so het hulle begin uitgaan. Ses maande later het hy haar gevra om te trou in George se Botaniese tuine.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek het ‘n elegante rok gesoek met mooi detail en afwerkings. Dadelik het ek geweet Cindy Bam gaan my perfekte rok kan maak. Ek het nie ‘n stywe rok gesoek nie. My rok was vol kant en blomme bo met stene hier en daar. Die romp was egte sy en het vanaf my middel uit geskiet. Toe ek die rok aanpas het ek dadelik geweet dat dit my rok is.
Vertel ons meer van jul ringe.
Hendrik het saam met Maronel ‘n paar keer ringe gaan aanpas. Sy het na die vierde soektog ‘n ‘trilogie’ ring by Browns gesien en was dadelik verlief. Maar tog het sy bietjie gesukkel om te kies, omdat haar eerste keuse ‘n prinses snit was. Hendrik het skelm agter haar rug haar ma gevra om te help met die besluit aangesien Maronel nie met haar ma dit kon bespreek nie. Hy het toe die ‘trilogie’ ring vir haar gekoop. As God dit toelaat sal hulle graag wil hê die drie groot stene moet haar man en hulle toekomstige twee kinders voorstel. Hendrik se ring is ‘n wolfram ring, juis omdat dit nie kan krap nie.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Ons fotograaf was die ongelooflike Wendy Lategan van Art photo. Sy het met elke oomblik die bruidspaar so gemaklik laat voel en altyd seker gemaak die bruid lyk op haar beste.
Die videograwe was Lemonsquare productions. Ons het van hulle styl gehou.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Bruid: Om die voorreg te kon gehad het om saam met my pa ‘n opwindende dans te doen, asook Hendrik se gesig te kon sien terwyl hy so lekker lag. Ek het van voor af verlief op my man geraak.
Bruidegom: Ek het die oggend opgestaan met so ‘n groot opwindende gevoel, ek wou net my bruid sien. Die stresvolste deel van my dag was toe ek self die oggend my hemp moes stryk. Toe ek haar sien by die kapel en ook die hele aand en hoe sy elke oomblik geniet het was dit meer as net ‘n merkwaardige oomblik, dit was mooier as woorde.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Bruid: Alles sal uit werk soos dit moet. As iets skeef loop moet nie dadelik daaroor stres nie. Dink net aan hoekom jy hierdie beplan, dink aan jou ongelooflike man wat vir jou wag en sê elke dag voor en na die troue dankie vir God vir al jou seëninge.
Bruidegom: Gee jou toekomstige vrou spasie om voluit te beplan aan die troue, dra so af en toe maar ‘n koppie tee aan. As sy vir hulp vra, wees daar, al is dit net om haar rustiger te laat voel. Haar glimlag op die troudag maak alles meer as die moeite werd.
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ons het na baie venues gaan kyk, maar spesifiek een gesoek met ‘n kapel en ‘n onthaal saal. Toe ons by Bakenhof in stap het ons dadelik geweet hier sal ons, ons gelofte aan mekaar beloof. Die kapel was klein, elegant en intiem.
Maronel en haar ma het stemmingsborde gesoek en uiteindelik een gekry wat pas. Hulle inspirasie was ‘n blomme elegante troue met kleure mauve, bloos pienk, grys en pennygum groen.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons het 90 gaste gehad by die seremonie en die onthaal. Die begroting was vasgestel deur ons ouers en ons het daarby gehou. Ons was baie bevoorreg om ouers te hê wat meeste van die kostes gedra het en vir ons ons droom troue gegee het.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons het na die troue vir ‘n week na ons stukkie hemel, Yserfontein, toe gegaan. Die Desember vakansie was redelik kort , dus het ons besluit om eerder Kersfees en Nuwejaarsdag saam met ons geliefdes te spandeer. Ons gaan iewers hierdie jaar op ons wittebrood, maar net Hendrik weet wanneer en waar.
Vertel ons meer oor jul eerste dans
Liedjie: Tougher than the rest : Bruce Springsteen
Inspirasie: Hendrik het die liedjie gekies, sy droom was om op sy troudag op die spesifieke liedjie te dans. Hendrik is mal oor “oldies” musiek, en vir Maronel was die liedjie perfek. Hendrik was vir haar ‘tougher than the rest.’
- Venue: Bakenhof Wedding venue
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Blomme + Dekor: Joli Creations and Designs
- Fotograaf: Art Photo
- Platejoggie: Dj Dean
- Troukoek: Kanya Hunts Kitchen
- Trourok: Cindy Bam Couture
- Grimering en Hare: Clarita Smit MUA
- Pak: Euro Suit
- Trou uitnodigings: Joli Creations and Designs
- Strooimeisies rokke: Kameo Design
- Kos: Retha Rix Catering