De Vries & Sonette se asemrowende mooi verlowing

verlowing idees

Die natuurliefhebbers sal absoluut verlief wees op die asemrowende mooi verlowingfoto’s van De Vries en Sonette.  Dié paartjie het in Mpumalanga by Kaapsehoop hul foto’s laat neem.

Die uitsigte is asemrowend en ons by Mooi Troues het nie woorde wat dié prentjie mooi uitsigte eer sal gee wat dit verdien nie.  Ons moedig ons lesers om stadig en deeglik deur De Vries en Sonette se verlowing foto’s hieronder te blaai.

Geniet dié artikel en deel met almal.

verlowing idees

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Liefde met eerste oogopslag!!!  Ons het ontmoet op die ouderdom van 12 by ʼn atletiek byeenkoms.  De Vries het eerste prys behaal en en ek het op die dag Medaljes oorhandig aan al die atlete..  Die oomblik toe ek die medalje oorhandig was daar ʼn onderlangse verliefde giggel.   Elke Sondag aand kon ek ʼn oproep verwag van De Vries – dit was ʼn instelling.  Maar ons was net beste maats vir 7 jaar en na matriek het ons besluit om dinge na die volgende stap te neem.

verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees

Eienskappe wat ons na mekaar toe aangetrek het:


De Vries: Sonette se sprankelende persoonlikheid en haar glimlag het my vlinders gegee van dag een af.  Sy het ʼn ongelooflike mooi hart en is net uit en uit my beste vriend.  Ek is lief vir haar wange.

Sonette: De Vries het ʼn ongelooflike klein en sagte hart en het net soveel liefde en omgee vir ander mense.  Meer opreg kry mens nie.  Daar is ook niemand wat my so kan maak lag soos hy nie, nooit ‘n vervelige oomblik saam met hom nie.

verlowing idees

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Ons verlowing was besonders spesiaal.  Ons was vir ʼn 7 eiland toer in Kroasië.  Op die dag het De Vries voorgestel dat ons gaan snorkel.  Hy moes vreeslik gestres het, die ring was in sy swembroek weggesteek.  Later op ʼn uitkyk punt het hy toe op sy knie gegaan en die ring uit ʼn skulpie uit gehaal.  Dit was ʼn dag vol opwinding  wat ons vir die res van ons lewe sal koester.

engagement ring verloof ring verlowing idees kaapsehoop engagement Mpumalanga kaapsehoop engagement Mpumalanga

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


As Laevelders is die Bosveld ons huis en ons is albei natuurliefhebbers.  Ook die rede waarom ons besluit het op Bordeaux in Limpopo vir die troue.  Ons voel die skoonheid van die natuur beskryf ons liefde vir mekaar.  Lora Photography het elke oomblik vasgevang tydens die verlowing fotosessie en ons weet dit sal ook so wees op die dag.

kaapsehoop engagement Mpumalanga kaapsehoop engagement Mpumalanga verlowing idees kaapsehoop engagement Mpumalanga verlowing idees

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Dit was baie gemaklik en ons sal dit aanbeveel vir enige trou paartjie.  Die twee voordele is dat mens die verlowingfotosessie vir die elektronies uitnodigings kan gebruik.en dat die sessie jou voorberei vir die groot dag.  Die fotograaf en die paartjie moet oor die weg kom, dit is ʼn belangrike deel van die keuse wat jy maak vir jou groot dag.

verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees verlowing idees

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


ʼn Klassieke, tydlose en elegante Bosveld troue.  Dit is vir ons baie belangrik dat almal saam die dag geniet en as getuies dien waar ons een word in God se teenwoordigheid.  ʼn Dag wat ons alle verwagtinge oortref en waar almal lekker saam lag die dag net geniet saam ons.  Die begin van ʼn gelukkige lewe saam.

kaapsehoop engagement Mpumalanga engagement ring engagement ring verlowing idees kaapsehoop engagement Mpumalanga kaapsehoop engagement Mpumalanga kaapsehoop engagement Mpumalanga verlowing idees

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: