Christopher & Natashia se elegante troue in die Noord-Kaap

Paartjies wat in die Noord-Kaap wil trou sal pragtige trou inspirasie vind uit Christopher en Natashia se elegante troue.  Natashia deel ook met ons dat sy van haar trou inspirasie reg hier op Mooi Troues gevind het.

Ons is baie opgewonde om met Mooi Troues se lesers Christopher en Natashia se elegante Noord-Kaap troue met julle te deel.  Rol af en geniet elke foto en die aantreklike paartjie se oulike liefdes storie.

northern cape weddings northern cape weddings

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons is op 24 November 2018 getroud.  Christopher was 27 en Natashia 30

northern cape weddings wedding dresses northern cape weddings northern cape weddings wedding dresses wedding dresses northern cape weddings northern cape weddings

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Een vroeë oggend het ek ʼn vreemde stem hoor gesels in ons kantore.  Die man se stem het my aandag getrek en ek het dadelik gevra wie die oulike man was wat nou net hier was.  Verstom vra een van die dames vir my hoe weet ek dat dit ʼn oulike man is? My antwoord was, ek kan dit in sy stem hoor.  Die volgende oggend dou voor dag daag die man weer by ons kantore op, opsoek na een van my kollegas.  Ons stel onsself aan mekaar voor en die res is geskiedenis.  Christopher reken dit was liefde met die eerste oogopslag, ek sê dit was liefde van die eerste keer vandat ek sy stem gehoor het.

Christopher het my gevra om te trou toe ons in Maart 2018 met vakansie in Hartenbos was.  Ons het ʼn fotosessie op die strand gehad, maar min het ek geweet dat hy vooraf met die fotograaf gekonkel het oor sy beplanning vir die dag.  Ek het omgedraai en die volgende oomblik staan die man op sy knie, my hart het behoorlik gebokspring.

wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses wedding dresses

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het altyd gedink ek gaan maande vooruit beplan hoe my trourok moet lyk, maar dit was glad nie die geval.  My sussie het voorgestel dat ons gaan rokke aanpas.  Ons het ʼn afspraak by Bridal Emporium in Bloemfontein gemaak en al voorkeur wat ek gehad het was dat daar kant moet wees.  Hulle het vir my 10 rokke gegee om aan te pas en ek was dadelik totaal en al versot op die spesifieke rok.

Kurt Geiger Kurt Geiger Kurt Geiger Kurt Geiger Kurt Geigerwedding rings wedding rings wedding rings

Vertel ons meer van jul ringe.


Ons albei se ringe is deur The Jewellery Shoppe in Kimberley gemaak, Phillip is uitstekend.  My ring is uit witgoud gemaak en my pantjie uit Roosgoud.  Ek het ʼn “stapelbare voorkoms” ingedagte gehad. So my ring moes baie fyn wees, sodat ek mettertyd verskillende pantjies kan byvoeg.  Ons het besluit om met ons troue net een pand te laat maak.  Dan sal ons in die toekoms soos ons geseën word met kindertjies, nog pantjies byvoeg.  Christopher se ring is uit Platinum gemaak en het ʼn matt afwerking.  Ek het aan die binnekant vir hom ʼn boodskappie laat graveer “You complete me”.

northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings emotional groom northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf was die ongelooflike Nerette Botha van Zoomink.  Dit was vir ons belangrik om ʼn fotograaf te hê wat ons laat gemaklik voel voor die kamera. ‘n Fotograaf wat die ekstra myl sal loop, aangesien so dag maar redelik lank en uitdagend kan raak tussendeur al die foto’s wat geneem moet word.

Johan Bekker van Memories Video Productions was ons videograaf en het ons dag so mooi vasgevang.  So dag gaan in ʼn oogwink verby en dis baie spesiaal om so ʼn pragtige video opname te hê sodat ons rustig terug kan kyk na die dag.

zoomink northern cape weddings northern cape weddings zoomink zoomink northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Dis eintlik moeilik om net een spesiale oomblik uit te sonder, aangesien alles rondom ons dag so besonders was.  Maar as ek een spesifieke oomblik moet uitsonder, sal dit wees toe ek in die paadjie afgestap kom en ons mekaar vir die eerste keer sien.  Net daar het ek besef dat die Here van die begin af ʼn plan met ons gehad het.  Die oomblik was heeltemal te groot en albei van ons kon net nie die emosies keer nie, die trane het by beide van ons se wange begin afrol.

Vir Christopher was die hoogtepunt die oomblik toe ons die ringe aan mekaar se vingers sit en hy besef dat ons nou werklik man en vrou is.  Ons harte was gevul met vrede, dankbaarheid dat die Here ons oor mekaar se pad gestuur het en liefde in oorvloed.  Die dag was perfek!

zoomink northern cape weddings northern cape weddings zoomink northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings zoomink northern cape weddings zoomink northern cape weddings zoomink northern cape weddings

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Christopher se advies aan die manne: Raak betrokke by die reëlings van jul spesiale dag.  Dis ʼn opwindende tyd in jul lewe en dit kom net eenkeer.  Om te weet julle het saam as ʼn paartjie aan elke aspek beplan, maak alles soveel meer spesiaal.

As ek vir die dames advies kan gee: Onthou om te gaan sit met jou rok tydens aanpassings.  Gewoonlik het jy die rok net vir ʼn vinnige 5 of 10 minute voor die spieël aan terwyl hulle besig is met die verstellings en die finale aanpassing.  Ek dink die meeste van ons gaan sit vir die eerste keer met jou rok aan, die dag op jul troue en dan is dit te laat as iets pla of ongemaklik voel.

Moenie te veel bekommer oor die klein goedjies wat verkeerd mag loop nie, probeer om asem te haal, ontspan en neem elke oomblik in.  Die mense praat na die tyd oor die lekker kos en kuier, nie oor ʼn servet of blom wat nie op die regte plek was nie.

Indien dit vir julle moontlik is, sal ons verseker ʼn videograaf aanbeveel.  Die aand gaan in ʼn oogwink verby en dis so spesiaal om na die tyd rustig terug te kyk na al die kosbare oomblikke.

Maak seker dat jy deur die loop van die aand hier en daar 5 minute alleen saam jou ander helfte spandeer.  Net sodat jul albei saam kan rustig raak en die oomblik saam as man en vrou waardeer.

zoomink northern cape weddings zoomink northern cape weddings zoomink northern cape weddings zoomink

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons wou graag ʼn venue hê wat akkommodasie op die perseel verskaf, waar ons die onthaal en seremonie sommer ook op een plek kon hou.  Ek was al vantevore by The Venue en het geweet hul kos is heerlik.  Toe ons een oggend by die venue instap, was Christopher ook dadelik mal oor die plek.  Ons altwee is baie plat op die aarde en ons wou graag hê dat ons spesiale dag weerspieël wie ons is.  Nigel wat ons dekor en blomme gedoen het, het gevra wat is ons tema en my antwoord was, natuurlik en eenvoudig, maar tog stylvol.  Ek het ʼn paar idees op Mooi Troues gekry. Alles verder in Nigel se hande oorgelaat, hy het ons wildste verwagtinge oortref.

northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings northern cape weddings

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het nie van die begin af ʼn vaste begroting gehad nie.  Soos ons besig was om ons groot dag te beplan het ons kwotasie begin kry van die grootste en belangrikste goed en dit eerste probeer afhandel.  Ons het probeer om nie geld op onnodighede te spandeer nie.  Christopher se siening was dat ons nie moet mors nie, maar dat mens net eenkeer in ʼn leeftyd trou en die dag presies moet wees soos ons albei daarvan hou.  Ons het 200 gaste onthaal.

northern cape weddings wedding cakes troue in kimberley wedding cakes troue in kimberley

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het die dansvloer oop gemaak op Jay se So lank sal ek jou liefhê.  Van die begin af was ons albei mal oor die liedjie en dit beskryf presies hoe ons oor mekaar voel.  Ons sal mekaar liefhê tot die dag wat ons, ons koppe gaan neerlê.  Daar het baie aande verby gegaan waar ons gespot het oor daai eerste dans …  Elke keer dreig ons om te oefen. Toe ons, ons oë uitvee was 24 November op ons en het ons die dansvloer oop gemaak sonder enige proeflopie.

troue in kimberley troue in kimberley troue in kimberley troue in kimberley toss the garter toss the bouquet

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was op ʼn onbeskryflike reis na Thailand, gevul met baie opwinding.  Hulle het die mooiste eilande met wit strande en seeblou water.  Die kultuur is ongelooflik, die mense is vreeslik vriendelik en behulpsaam.  Ons was na omliggende eilande met ʼn motorboot, gesnorkel en 4×4 roetes met ʼn vierwiel motorfiets en “buggy” gedoen.  Vir ʼn paar dae het ons ʼn bromponie gehuur, waarmee ons die omgewing verken het en na verskillende strande en markte toe gery het.  Die masserings op die strand, kos en kultuur en pragtige strande maak dat ons verseker in die toekoms weer vir Thailand sal besoek.  Dit was ʼn fantastiese wittebrood!

troue in kimberley troue in kimberley

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: