Vintage luukse reis gestileerde fotosessie

Ons is só opgewonde om dié asemrowende mooi gestileerde fotosessie met Mooi Troues se lesers te deel. Ons weet sommer baie lesers sal inspirasie uit die foto’s hieronder vind.  Die tema van die gestileerde fotosessie is Vintage, Luuks en Reis.  In die foto’s sien ons dat wanneer dit reg gedoen word, kan vintage ongelooflike mooi wees.  Paartjies moenie bang wees om die styl met hul dekor idees te meng nie.

Rol af en word verlore in ‘n betowerende fotosessie wat jou na ‘n era van ouds neem.

Wie het die fotosessie gereël?


Helene Coetzer eienaar van Smitsfield Venue.

Inspirasie vir die fotosessie?


Ons wou graag die venue se styl beklemtoon met die fotosessie.  Daarom was die ou trein akkommodasie ons inspirasie vir “Vintage Luukse Reis”.

Vir die nuwe onthaal saal wou ons graag die bou styl komplimenteer, wat alternatief, modern en industrieel is.  Die rok keuses was ook meer alternatief as die norm vir trou rokke tans.  Die grimering en hare was iets wat ons nie elke dag sien nie.  Ons probeer wegbreek van dit wat ons elke dag sien; Ons visie vir hierdie fotosessie was om “anders” te wees.

Die natuurtonele wou ons graag die sag en elegansie van die bruid beklemtoon met die wit hasies. Ons wou ook die donker bekoring van die woud met die rook granate en keuse van styl vir die modelle se uitrustings bymekaar laat pas.  Ons het die plaas se eie legende “Jack” die hond in ons fotosessie betrek, omdat hy deel is van wie en wat Smitsfiled is. 

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Meeste van die diensverskaffers het ‘n plaaslike konneksie met Smitsfield.  Mona-Liza Photography, die fotograaf, het groot geword op ‘n klein dorpie hier naby, Hendrina in Mpumalanga, so ook het sy ons haarkapper betrek, Jeanette Steyn van Hendrina, Mpumalanga.  Hanru Marais Photography ons tweede fotograaf ook groot geword in Ermelo, Mpumalanga.  Annahes Events is ‘n ma en dogter span wat van ‘n Sitrus boerdery in die Laeveld af kom.  Die modelle, Michelle en Uys, is ‘n getroude paartjie van Nelspruit en Ignis en Jeanne is ook getroude paartjie van Warberton.  Ek glo in plaaslike talent en ondersteun dit graag.  Gerda van Making faces with Gerda is ‘n ervare grimeer kunstenaar en het die rokke by die bekende ontwerper Anel Botha Couture gekry vir die fotosessie.

Agter die skerms inligting


Ons het nie regtig probleme ondervind met die reël en agter die skerms van die fotosessie nie, al die diensverskaffers was baie professioneel en stiptelik.  Ons kon egter nie by al die natuur tonele uitkom soos ons graag wou nie, en die hasies het die modelle so bietjie gekrap.  Maar behalwe dit, het ons glad nie probleme of onvoorsiene omstandighede gehad nie.  Die dag en weer was perfek, die diensverskaffers en modelle het gefloreer as ‘n span en dit nie ‘n werksdag gemaak nie, maar meer ‘n kreatiewe samewerking van kreatiewe denke en persoonlikhede.

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die lekkerste deel was om te sien hoe elkeen op gedaag het met sy eie idees en dit het perfek in plek geval met wat ons bespreek het, al die verskillende aspekte het mekaar vreeslik goed gekomplimenteer.  Elke diensverskaffer het iets ander na die tafel toe gebring en iets opwindends en nuut voorgestel, terselfdertyd het dit alles by die tema en oorspronklike idee gebly en in gepas.

Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Advies, maak seker jy kies die diensverskaffers wat jy weet jou selfde visie het en kan uitvoer.  Breek weg van die norm en dit wat al gedoen is en wees uniek.  Moet nie bang wees dat dit wat jy in gedagte het en dit wat jy wil uitvoer, nie die norm of mode gaan komplimenteer nie, beeld jouself en jou menswees uit in jou groot dag!  Jou troue is ‘n leë doek en dit wat jy op hom uitvoer is wie en wat jy as persoon is.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]