Ricardo & Mikayla se cool troue

Die troudag van Ricardo en Mikayla is definitief bo aan die lys van buite-die-boks troue.  Mooi Troues se lesers sal nie glo watter foto die paartjie kon kry nie!  Ons gaan die geheim verklap.  Daar is ‘n Metro-rail trein betrokke … Hulle het ook alles anders gedoen van die venue tot hul eerste dans.  Alhoewel hul troue só uit-die-boks was, is dit so stylvol en mooi gedoen.  Rol af en geniet Ricardo en Mikayla se cool troue.  Deel ook dié troue met jul cool vriende.

Wat was jul trou datum  en ouderdom van die paartjie op die dag?


22 September 2018, Bruid is 25 en Bruidegom is 28

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het 7 jaar gelede ontmoet een nag uit.   ‘n Gemeenskaplike vriend het ons aan mekaar voorgestel en ons het net geweet …  5 Jaar in die verhouding het Ricardo die moed by mekaar skraap en my gevra om te trou terwyl ons met vakansie in Dubai was … Dit was voor die hand liggend!

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Vertel ons meer van jul ringe.


Wel, eerstens het my verloofde ‘n goeie werk gedoen om die styl van my verloofring te kies. Dit is presies wat ek wou hê en ek lê daarop klem dat dit ten volle ‘n verrassing was … Ek wou nog altyd ‘n dun band met klein diamante hê as ‘n trou pand, sodat ek dit ook sonder my verloofring kan dra terwyl ons buite dinge doen of reis.

My man het baie mooi en sagte hande en gekies vir ‘n gewone Witgoud band.  Albei ons ringe het ons troudatum binne-in graveer.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf, Sam Black Photography, is eintlik die jonger suster van ‘n wonderlike dame met wie ek op Hoërskool was. Ons het in kontak met haar gekom toe ons na Kaapstad verhuis het om ons verlowing fotosessie te doen. Die foto’s was absoluut asemrowend dat ons geweet het sy moet ons trou fotograaf wees.

Sy het ons ook in kontak gebring met ‘n baie cool videograaf, Daniël, wat ons troudag ook pragtig op video vas gevang het.

cool troue

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Ek het ‘n paar onvergeetlike oomblikke, maar  waarskynlik toe ek uiteindelik gereed was en in die troupaadjie afgeloop het.

Dan terwyl ons wonderlikste troufoto’s geneem is, veral daardie oomblik toe ‘n plaaslike Metro-trein in sy spore stop sodat ons die mees betowerende prentjie ooit kon vasvang!

Ook beslis die oomblik toe ons in die onthaal venue inloop, dit was net ‘n groot fees van toe af.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Wees geduldig en vriendelik, maar maak seker albei partye is betrokke in die beplanning want dit is stresvol en julle sal deur dit kom.  Dit is alles die moeite werd, definitief die grootste toets vir enige verhouding.

Omring julself met vriende en familie wat jul sal ondersteun en die troubeplanning pret maak.

Dit sal ook die moeite wees om ‘n trou koördineerder aan te stel.  Dit sal jul help om net op mekaar te fokus.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons het letterlik met my (die bruid) pa ontbyt gehad by Tigers Milk, terwyl hy kom kuier het van Pretoria.  Ons het rond gekyk en paar idees rondgegooi en gesels oor hoe wonderlik die plek as ‘n trouvenue sal wees.  So het ons hul hoofkantoor ‘n e-pos gestuur en die res is geskiedenis.

Die dekor sou nog altyd baie rustiek wees met elegante elemente.  Ek was inspireer deur die tikseltjie goud op die eetgerei en breekware van Muse Dekor.  Ons het om dit gewerk met al die hoof elemente Wit, veral die blomme,  vreeslik baie kerse en klein liggies.  Hier en daar houtstukke bygevoeg om by die meer ontspanne see atmosfeer aan te sluit, aangesien ons so naby was aan die see.

Vertel ons meer oor jul eerste dans.


Ons is baie lief daarvoor om na meer vinnige musiek in nagklubs te dans.  My man kan bietjie skaam raak wanneer dit kom by meer roetine dans en hou glad nie vir die aandag op hom nie.  So het ons met die idee opgekom met ‘n stadige lied (Om al die romantiese woorde uit te kry) wat net vir een-en-half minuut gespeel het, toe word dit gemeng met ‘n vinniger lied deur Mi Casa waarvoor ons mal oor is.  Almal kon toe by ons aansluit op die dansvloer en ons het die na deur gedans.

Wat was jul begroting en het jul daaraan voldoen? Hoeveel gaste het jy gehad?


Die begroting was R110,000 en nee, ons het ‘n bietjie oor gegaan en het waarskynlik sowat R150,000 spandeer.  Ons het altesaam 80 gaste onthaal.

Vertel ons meer oor jul wittebrood.


Ons was baie gelukkig en het onsself bederf op my droom bestemming, die Maldives en dit was elke sent en meer werd!  Absoluut uit hierdie wêreld wonderlik!

cool troue

Diensverskaffers