Pragtige Koraal geïnspireerde gestileerde fotosessie

Die pragtige Koraal kleur is die Pantone kleur van 2019.  ʼn Paar kreatiewe siele het bymekaar gekom om vir Mooi Troues se lesers ʼn ongelooflike mooi en romantiese gestileerde trou inspirasie bymekaar gesit.  Dié trou venue in Pretoria, Casablanca Manor, was ook die perfekte plek om só ʼn romantiese gevoel te skep.

Nou toe geniet die gestileerde trou inspirasie deur af te rol en die foto’s te geniet.



Wie het die fotosessie gereël?


Die Fotosessie was gereël deur Casablanca Manor.  Hulle het ʼn span van professionele verskaffers by mekaar gekry wat graag ʼn Koraal geïnspireerde sessie wou doen.  Hierdie span van kreatiewe en passievol mense het die storie toe bymekaar gemaak as a span en uitgevoer by die klassieke chic Casablanca Manor, net buite Pretoria.






Inspirasie vir die fotosessie?


Hierdie gestileerde fotosessie is geïnspireer deur die nuwe Pantone Kleur van die jaar 2019, Living Coral.  Die span van kreatiewe diensverskaffer sit ʼn storiebord bymekaar, waarin die elemente van – “Lewe van Koraal, borsel met Goud en fondament van Groen” ingesluit word om die moderne bruid te inspireer.

Die eindresultaat?  ʼn Harmonie van Korale, romerige bloos skakerings, Groen en tikseltjies van goud elemente.




Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Hierdie span diensverskaffers het ʼn groot passie vir troues en om nuwe dinge te doen.  Hulle het ook dieselfde visie gehad, om die Kleur-van-die -Jaar te gebruik as inspirasie.






Agter die skerms inligting?


Dit was harde werk en ons was bekommerd oor reën, maar die dag was vol pret en baie gelag, met die span wat probeer om al die verskillende opsies uit te doen.  Soms is dit lekker om nie altyd by die storiebord te hou nie.  Buigsaamheid en kreatiwiteit gaan hand aan hand.



Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die fotograaf, Mandy, het verskillende poseer formate probeer op die wit balkon en skielik onverwags het towerkunste begin gebeur – die beligting was skielik volmaak, die rok het perfek gehang – dit was asof alles net in daardie oomblik perfek bymekaar gekom het en dit het dadelik soos ʼn klassieke Franse styl troue gevoel en het ons gevoel of ons ʼn paar oomblikke na ʼn ander era geneem is.









Advies wat aan paartjies gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Die belangrike ding is om jou eie spesiale liefdesverhaal te implementeer in hierdie Koraal inspirasie wat dit uniek jul as ʼn paartjie komplimenteer en dit vier die liefde wat jul met mekaar deel.

Jy kan ook kyk na meer witte vir ʼn meer klassieke, chic voorkoms met donkerder groen om die Koraal kleure verder te laat plof.  Probeer om Koraal in sy mees natuurlike suiwer vorm te gebruik, aangesien daar baie skakerings van Koraal is wat dit oppervlakkig kan laat lyk.

Ook in terme van ʼn trourok, onthou, om nie bang te wees vir ʼn simplistiese elegante voorkoms nie – dit kan net so mooi wees.

Gesels met jou verskaffers en vra hulle ook vir hulle advies, of as jy enige vrae het. Hulle sal in staat wees om u verskillende opsies en advies te gee ten opsigte van die samestelling van u storiebord.

Maar die belangrikste van alles is om baie pret te hê terwyl jy die mees spesiale dag van jou lewe beplan!







    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]