JP & Marli se selfdoen plaastroue

Daar is niks soos ‘n lekker selfdoen plaastroue kuier saam vriende en familie nie en daarom weet ons dat Mooi Troues se lesers sommer baie van JP en Marli se troue sal hou.  Dit is vir ons by Mooi Troues nie vreemd om te leer dat paartjies ‘n ou skuur op ‘n familie plaas inrig vir hul groot dag nie.  Om kostes te bespaar kry hul vriende en familie om te help met die ‘n paar selfdoen dekor elemente.   Nog ‘n voordeel om op ‘n familie plaas te trou is dat daar lekker gekuier kan word en die paartjie hoef nie te veel te stres oor die venue se toemaak tyd nie.

‘n Paar elemente wat vir ons by Mooi Troues uitgestaan het was die uitdrukkings van die twee spesiale mans in Marli se lewe, eers haar pa se uitdrukking en toe die van JP toe hy Marli in die trougang sien afloop.  Ons weet die dames wat Mooi Troues lees se harte smelt as ‘n bruidegom emosioneel raak wanneer hy sy bruid sien.

Wat nog byvoeg tot die plaasatmosfeer is die Land Rover wat die paartjie se troumotor was en die beeste wat wei in die agtergrond terwyl die pasgetroudes hul fotosessie laat afneem.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Genoeg verklap, rol af en geniet JP en Marli se plaastroue en onthou om dit met vriende en familie te deel.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


21 Oktober 2017 – JP: 29 en Marli: 25

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ek het vir Marli die eerste keer gesien by ‘n vriendin se verjaarsdag en geweet dit is die meisie vir hom.  Ons het maande daarna eers ontmoet!  Ek het vir haar gevra om te trou.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het ‘n soortgelyke rok van Cindy Bam gesien by ‘n uitstalling, en ek was onmiddellik mal daaroor!  Ek wou iets anders as die konvensionele rokke gehad het, maar ook nie verskriklik waaghalsig nie.  Hierdie rok was vir my die perfekte balans tussen tradisioneel en uniek.

Vertel ons meer van jul ringe.


Marli se verloofring se hoofsteen is ‘n Morganiet, met 3 klein diamante weerskante, geset in Roosgoud.  Haar troupant het ons laat maak met 5 diamante wat ek by my ouma gekry het, ook in Roosgoud.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Die fotograaf keuse was vir my nogal ‘n groot ding op daardie stadium.  Ek het so baie navrae gedoen, almal se Instagram en webwerwe gefynkam en uiteindelik op Kobus Tollig besluit.  Hy het ook my niggie se troue afgeneem ‘n paar jaar terug, en daar het ek al gesien hoe gemaklik en professioneel hy is.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die oomblik toe ek by die kerk in stap en al ons geliefdes, van naby en ver, almal bymekaar gesien het.  Ek dink die realiteit van ons troudag het toe eers ingeskop!  Al wat ek miskien sou verander het is om die seremonie vroeër te begin, sodat ons meer tyd saam met ons gaste kon spandeer.

Om so ‘n lekker gesellige aand te kon hê, met al ons vriende en familie onder een dak.  En ook om tot in die vroeë oggend ure te kon dans – en álmal het gedans!  Ek sou niks verander nie.

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Nadat ons verskeie venues besoek het, het ons besluit om op Marli se ouers se plaas in die Hexvallei te trou.  Daar was ‘n ou stoor en ‘n grasperk omring deur wingerde en berge – alles wat ons nodig gehad het!

Ons het omtrent 5 maande voor die troue begin om die stoor skoon te maak en bietjie op te knap.  Met die hulp en ondersteuning van familie en vriende het ons die stoor in ‘n pragtige venue omskep. Soveel so dat daar nou al 3 ander troues ook was!

Die dekor was meestal gekleurde blomme met baie groen blare gemeng met bietjie Goud en Roosgoud.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Die begroting was gekompliseerd, omdat ons nie ‘n venue gehuur het nie maar gemaak het!  Maar die kostes wat slegs vir ons troue was, het onder R100 000 beloop.  Ons het 160 gaste onthaal.

Ons het die kostes beperk deur byna alles self te doen en reël, om van plaaslike verskaffers gebruik te maak.  Gelukkig hou ons van selfdoen projekte, en het ons praktiese en kreatiewe vriende en familie vir wie ons ook kon inspan.

 

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het die dansvloer sommer vroeg in die aand al oop gemaak op “Somebody like you”, deur Keith Urban.  Ons het besluit om ‘n paar dans klasse te neem, alhoewel ons in elk geval van die stappies vergeet het!  Ons was so nutteloos met liedjie keuses dat die instrukteur sommer die liedjie voor gestel het!  Die dans en liedjie was baie gemaklik en het eintlik perfek gepas by die atmosfeer van ons troue.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons was baie bevoorreg om vir 10dae Thailand toe te kon gaan.  Ons het besluit om die vakansie self, en saam, te beplan.  Die beplanning op sy eie was reeds ‘n baie lekker ervaring waar ons mekaar se beplannings vaardighede beter kon leer ken.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Kry ‘n begroting en hou daarby deur mooi te dink oor wat werklik belangrik is.  Moenie mense nooi omdat jy “verplig” voel nie. Die belangrikste element vir ‘n lekker troue is lekker mense en baie liefde!  Daarna is dit goeie musiek, lekker kos en jul gunsteling drankies – die res is nie belangrik nie.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]