Jan-Stephan & Michelle se buitelug plaastroue

Paartjies wat inspirasie soek vir ʼn buitelug troue sal dié plaastroue van Jan-Stephan geniet.  Jan-Stephan boer met vrugte op Tulbagh.  Op hul familie plaas is ʼn trouvenue.  Gelukkig het sy ma al meer as 300 troues in dié venue gedoen, só die stres was  baie min.  Hulle het besluit om ʼn buitelug troue te hou om ʼn gemaklike, amper piekniek gevoel te gee.

Rol af en geniet Jan-Stephan en Michelle se storie.

 

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


Ons het op 17 November 2018 getrou.  Jan-Stephan was 32 en Michelle 31.

bridal gown wedding dress

Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?


Ons het by een van my beste vriendinne se troues waar ek ʼn bruidsmeisie was ontmoet.  Sy het nie ʼn ‘kousband’ gehad nie en het ʼn pienk rugbybal in die kousband se plek gegooi.  Later die aand het ons die bal vir mekaar gegooi en hy het gedink: “Sjoe!  Die meisie het “bal sin.” Die res is geskiedenis.

Ons het verloof geraak in die Kruger Wildtuin op 29 Julie 2018. Jan Stephan het ons bespreek vir ʼn “sonsondergang toer.”  Op ʼn uitklim koppie het Jan-Stephan die groot vraag gevra.  Ek was niks vermoedend – ek het nie eers geweet daar is ʼn ring nie.  Sy broer en sy vrou (nou skoonsuster en swaer) het saam ons vakansie gehou en het heel lekker saam gespeel.  My skoonsuster moes heel pad die ring vervoer.  Die son het gesak en Jan-Stephan het op sy knieë gegaan en my gevra om te trou.  Hy is nie ʼn man van baie woorde nie en het net gevra ”Michelle, sal jy met my trou?”  Dit was die maklikste en beste besluit wat ek nog ooit geneem het. Ek  het ʼn vinnige emosionele “Ja” geantwoord.  Ek het eers na die tyd uitgevind hy moes die hele karretjie uit-bespreek sodat ons as die son sak op ʼn spesifieke plek alleen kon wees.

men in suits

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek het geweet net een persoon moet my rok maak:  Alana van Heerden!  Ek was glad nie gespanne oor my rok nie. Alana moes wel omgekoop word met die feit dat ons altwee Heemstede alter-maters is. Sy moes sy vir my ʼn plekkie maak omdat sy vol bespreek was.  Ek en my skoonma het foto’s gekyk om te kyk vir trou idees op die internet.  Ons het op die prentjie afgekom en geweet dit is my rok!  Ek is na Alana toe en sy het ʼn meesterstuk aan mekaar gesit. Ek wou iets gemaklik hê, wat mooi sit en reg is vir my liggaamsbou.  Die sool kan ook afhaal – want ek is geneig om aan goed vas te hak en oor dit te val.  Ek kon lekker dans en wikkel in my rok.

wedding stationary flower girl dresses here comes the bride sign here comes the bride rose gold wedding band

Vertel ons meer van jul ringe.


Ons altwee se ringe is by Viljoen Juweliers gemaak.  My verloofring het Jan-Stephan self gekies (ek het geen bydra gehad nie).  Anneke, die juwelier, het gesê Jan-Stephan het presies geweet wat hy wil hê.  My ring is Roosgoud met een groot diamant en klein diamantjies rondom.

Jan-Stephan se ring is matt Roosgoud – hy het dit gekies toe ons my troupand gekies het wat ook net plein Roosgoud is.  Jan-Stephan se ring moes iets wees wat ons sal kan knip as sy hand iewers vas sit. Veral omdat hy so baie met sy hande werk in die boerdery.

Die kleur pas by ons altwee se gelaat.  Dit was regtig ʼn plesier om met Viljoen Juweliers in Worcester te werk – hulle is baie behulpsaam, talentvol en professioneel.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf was Adene Niewoudt.  Sy is gemaklik nes ons.  Ons wou graag iemand plaaslik gebruik en Adene was ʼn engel – ons foto’s is ongelooflik!

Ons videograaf was Rudy van Tonder van Grootdorsproduksies.  Rudy en Chané is ʼn plesier om in die rondte te hê en die video wat hy gemaak het is ʼn regte kunswerk.  Hy het soveel talent.

wedding food ideas bridal party

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Definitief die oomblik toe ons “Ja” sê – dit was ongelooflik.

Michelle: Om die gevoel te beskryf die oomblik wat jy liefde en trou aan die liefde van jou lewe beloof, is onmoontlik!  Dit is soos om die boerpot te slaan en dit na die tyd te vier saam met almal vir wie ʼn mens lief is.  My hart wil nogsteeds by my oë uitloop as ek aan ons troudag dink – dit voel vir my asof liewe Jesus na die dag gekyk het en gesê het: dis goed, dis mooi, dis reg.  Ons was so geseënd met alles wat in plek geval het.  Ons het onder die blou hemel in die skadu van Akkerbome ewigheid aan mekaar beloof en onder die sterre hemel partytjie gehou.  Die hele dag was soos ons is – gemaklik en net onsself.  Ons was gelukkig om op die plaas te trou wat ons ook ons huis noem.  Partykeer moet ek myself nog knyp as ek dink ek is nou Mev. Lombard.

Jan-Stephan: My troudag was vir my een groot fees.  Ek het myself omring met mense wat baie gemaklik is en nie maklik stres nie.  Ek glo dit het bygedra tot die sukses van die troue.  Na die seremonie het die tyd gevlieg en alles het gebeur soos wat ek dit nog altyd wou gehad het.  Die gaste was op hulle gemak, die toesprake en seremonie meester was fantasties en die kos was uit die boonste rakke.  Die platejoggie het gesorg dat die partytjie-gees aan die gang bly en ons het gedans tot in die vroeë oggendure.  Om alles te kroon het Michelle my asem weg geslaan.  Ek is een gelukkige man om haar nou my vrou te kan noem.

bridegroom wedding couple photoshoot wedding couple photoshoot wedding couple photoshoot wedding couple photoshoot wedding couple photoshoot bull and wedding couple wedding guest wedding guest

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Ons was gelukkig genoeg om op Jan-Stephan se familieplaas te trou.  My skoonma het ʼn trouvenue op die plaas en het al meer as 300 troues daar gedoen.  Ons was in uiters bekwame hande.  Sy het self die kos voorberei en iemand ingekry om die kos voor te dien.  Ons het ʼn buffet ete gehad – dit raak nou weer hoogmode om ʼn buffet te hê.

Die dekor is deur ‘n familie-vriend, Cobus van Niekerk, gedoen.  Ons het voor op die gras getrou, buite in die venue se binnehof gesit en binne gedans.  Dit het ʼn plaas gevoel gehad – amper soos ʼn piekniek!

buitelug troue buitelug troue buitelug troue

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Bruidegomme:

Wees op jou gemak en wees jouself; Dis jou troue!  As jy op jou gemak is sal jou gaste ook op hulle gemak wees en almal sal ʼn lekker tyd hê.  Moenie stres as party goed nie gebeur soos jy dit beplan het nie, want die gaste weet nie wat beplan was nie.  Sorg dat jy ʼn platejoggie kies wat die gaste kan lees, want as die mense lekker kuier het jy outomaties ʼn lekker troue.  Geniet elke oomblik; Dit gaan in ʼn oogwink verby.

Bruide:

Fokus op dit wat belangrik is: Die gelofte aan mekaar en voor God; en die res is ʼn partytjie saam mense wie vir julle lief is.  Meeste mense wat na ʼn troue toe kom, kom om hulself te geniet.  Ontspan, eet dans en kuier saam jou vriende, familie en  jou man- dit gaan vrek vinnig verby!

Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het 150 gaste gehad.

wedding food ideas wedding food ideas wedding food ideas wedding food ideas wedding food ideas wedding food ideas wedding food ideas

Vertel ons meer oor jul eerste dans


Ons het die dansvloer oop gemaak op: ‘You’ve got something I need’ van Ben Hayward.  Dis sulke mooi woorde só perfek vir ons; Ons kies mekaar elke dag.   Ons kan gelukkig lekker saamdans en het nie nodig gehad om te oefen nie.

wedding dance wedding dance wedding dance wedding sweet table wedding sweet table

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Jan-Stephan boer met vrugte.  Ons  het net voor seisoentyd getrou en kon ongelukkig nie op wittebrood gaan nie, maar beplan ʼn lekker vakansie in Mei.  Ons sien vreeslik uit.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]