Emile en Marissa hou van fiets ry en het toe ʼn mooi fiets gehuur om ʼn prettige element by hul gemaklike verlowingsfotosessie te voeg. Ons by Mooi Troues het al baie klem op die belangrikheid van ʼn verlowingsfotosessie gelê en dit is nóg beter as paartjies elemente inbring wat hul stokperdjies uitbeeld wat die fotosessie baie meer gemaklik sal maak. Emile en Marissa hou van fiets ry en het toe ʼn mooi fiets gehuur om ʼn prettige element by hul fotosessie te voeg.
Rol af en lees meer oor die paartjie se pragtige storie.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Dit was ʼn Someraand aand wat ek en Emile ontmoet het, in Stilbaai, op sy oom se stoep. Hy was innemend en was dit so maklik met hom te praat, met ʼn mooi glimlag wat tot in sy oë weerspieël.
Dit was n windstil aand in Lappiesbaai en die vure het almal geknetter in die sirkel. Ons was by my familie en haar sprankelende persoonlikheid en vriendelikheid het my ingesluk. Haar liefde vir mense het my verstom. Almal is net lief vir haar.
Vertel ons wie het wie gevra om te trou?
Emile het my gevra om te trou wéér in Stilbaai, waar ons mekaar net bietjie meer as twee jaar te vore ontmoet het. Dit was baie vroeg in die oggend… die sterre was nog uit toe hy my op ʼn bruggie tussen kerse gevra het, dit was perfek!
Ek het vir Marissa gevra 5:00 die oggend op Stilbaai se bruggie. Haar pa se 60ste was die vorige aand en ek was soos ʼn kat op ʼn warm plaat.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ek en Emile ry albei fiets en hou van die natuur en dink Inecke het die regte plek gekies. Die fiets het ons gehuur… nie gedink ons pad-fietse sou so mooi lyk soos ʼn “cruiser” nie.
Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?
Die tydperk in ons lewens is so spesiaal en kom net eenkeer. Daarom was dit belangrik vir ons om professionele foto’s te kry om ons geluk uit te beeld. Dit was ook vir die ‘Onthou die datum’ van die trou-uitnodigings. Die fotosessie was ook baie goed vir ons, dit was ʼn uur waar ons net n bietjie kon afskakel en fokus op mekaar en ons mooi omgewing.
Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?
Ons droomtroue is ʼn informele atmosfeer met ʼn markie-tema, wat ons met die spesiale mense in ons lewe gaan deel. Daar gaan baie blomme gedoen word deur een van die top bloemiste in die Paarl. Om dit nog meer spesiaal te maak het ons van die beste spyseniers en ook ʼn lekker orkes gekry.
Vir my as die bruid was die dekor ook belangrik wat verder gaan bydra tot die feestelike atmosfeer van ons idee van ʼn droomtroue met musiek en kos om dit te deel met baie spesiale mense sit die kersie op die koek. Almal moet net gemaklik en gelukkig wees en saam met ons die aand geniet.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Inecke De Kock Photogrophy