Ons begin sommer die artikel om baie dankie aan die fotograaf en Videograaf, André Ferreira Photography, en sy span vir die ongelooflike mooi foto’s wat ons van Lock en Petro met Mooi Troues se lesers nou hieronder kan deel. Petro was ‘n fotograaf haarself so het hoë standaarde gehad toe dit kom by die keuse van fotograaf en sy is baie gelukkig met die resultaat van hul trou foto’s en video.
Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?
Ons is 10 November 2019 getroud en ons is albei 33 gewees ten tyde van die troue.
Hoe het julle mekaar ontmoet en wie het wie gevra om te trou?
Ek, Petro was nuut in die Kaap so 4 jaar terug, en het niemand geken nie. ‘n Vriendin het aanbeveel dat ek op Tinder registreer om sodoende mense te ontmoet … en so het dit toe ook gebeur dat Lock toevallig deur Stellenbosch area gery het (hy bly nie daar nie), en Petro se profiel gesien het. Lock het sy een ‘Superlike” (mens kry een ‘n week) op my gebruik en ek het hom terug ge’like’ en nou amper 3 jaar later is ons getroud. Lock het baie beslis eerste vir my ge’Like’ en het ook vir my gevra om te trou in Januarie 2018.
Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?
Ek het nogal hard gesoek vir die regte rok. Ek het 2 ontwerpers gesien, en rokke gaan pas by verskeie bruidsboetieks, en het toevallig een Donderdag by Bride & Co gestop, en op die rok afgekom. Ek het net gewwet dit is die een nadat ek die rok aangepas het. Ek het hom dadelik gekoop en Bride&Co het die nodige verstellings gedoen nader aan die tyd
Vertel ons meer van jul ringe.
Petro se ring is baie spesiaal. Die diamant het aan Lock se ma se behoort, en die diamant is aan my broer gegee toe hy verloof geraak het. Lock broer en sy verloofde het ongelukkig verongeluk, 2 weke voor hul troue. Petro het gevoel dit is baie spesiaal dat sy wel weer die diamant kan dra as huldeblyk aan my familie, Ek het opgelet as Petro sê sy hou van ‘n ring, en het toe saam Stephani Cilliè van Gold &I Designer Jewellery hierdie ring ontwerp. Dit is uit Platinum, en het 24 klein diamantjies in totaal. Lock het ‘n Koolstofvesel ring.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Ons fotograaf en videograaf was André Ferreira van AF Photography en sy span. Hul was ‘n ongelooflike span en het ons op ons gemak laat voel. Petro en André het in dieselfde omgewing grootgeword en vriende het hom aanbeveel. Ek en Lock was mal oor hoe hy met lig speel, en is baie tevrede met wat hy met ons fotos gedoen het! Petro was self ‘n fotograaf op ‘n passasierskip en het daarom ‘n oog vir goeie fotografie.
Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?
Merkwaardig was ons baie spesiale en betekenisvolle preek deur Ds André Koenig, Petro se dominee van kinderdae af en die paartjie fotosessie bo-op ‘n berg in Clarens terwyl die son sak. Ons sou niks verander nie, want dit was rerig baie lekker en spesiaal! Al ons vriende bevestig net dat dit ‘n top troue was en dat die kos die lekkerste troukos was!
Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?
Petro kom van ‘n plaas in die Oos- Vrystaat en wou graag daar trou. St.Fort Gasteplaas is bekend vir my omdat my familie daar trou en ons die Koördineerder, Conrad van Staden, ken. Dit sou nie maklik wees om ‘n troue vanuit die Kaap te reël nie en daarom was St Fort Gasteplaas ons perfekte venue. Die dekor was eenvoudig, maar stylvol. Ons wou die plaas atmosfeer hou, maar tog ‘n elegansie by bring. Conrad het alles vir ons maklik gemaak, omdat hy vol idees is en oplossing het vir alles. Hy het ons aangenaam verras!
Vertel ons meer oor jul eerste dans.
Ons spesiale liedjie is ‘Tougher than the Rest’ van Bruce Springsteen, omdat Lock navorsing doen op see en baie weg is, moes ek van die begin af ‘taai” wees wanneer hy soms 4 maande en langer op see is. Ons kan gelukkig dans, maar het steeds so vir 2 klasse gegaan. Op die ou end het ons net gedans soos wat ons dans, en dit net geniet!
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Lock het die Wittebrood beplan en ‘n geheim gehou tot ons by die lughawe aangekom het! Ons was Beachcomber Le Victoria Resort Mauritius toe en dit was fantasties! Ons het die eiland verken, en ook op 2 verskillende “catamaran” uitstappies gegaan … Die oord het fantastiese fasiliteite gehad, was super skoon en die kos was baie lekker! Sal dit vir enige iemand aanbeveel!!
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Geniet net alles, dit gaan rerig in ‘n oogwink verby! Moenie baie spandeer aan onnodige dinge nie, maar kry die beste kos en musiek wat jy kan! Vir die dames sal ekaanbeveel, kry die beste grimeerkunstenaar wat jy kan, dit is absoluut die moeite werd want foto’s is veraltyd … en loop ‘n bietjie rond met jou trourok voor die tyd … maak seker dit is gemaklik. Niemand sê jou voor die tyd dat ‘n rok baie ongemaklik kan word nie!
Lock se raad aan die manne is “ Gaan roof ‘n bank!!!” …en moenie van mekaar vergeet deur die aand nie … maak tyd om bymekaar uit te kom!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Trou Venue: Clarens weddings, St Fort Wedding Venue and Guesthouse
- Bruidegom se voorbereiding Venue: Linwood Guestfarm
- Grimering: Marlize Volschenk Bosch
- Hare: Salon Hair Affair – Ancois Odendaal
- Platejoggie: White Feather Productions
- Pak: Woolworths David Jones
- Rok: Bride&co
- Fotograaf en Videograaf: AF Photography
- Ring houer gemaak deur Henk’s Wood Creations
- Junior strooimeisie se rok gemaak deur Petro Nel