Izak & Theonie se mooi troudag

Izak en Theonie het ʼn besonderse oulike storie wat Mooi Troues se lesers hier onder kan lees en die paartjie was so opgewonde toe hulle uit eintlik vir mekaar kon sê: ” Ons is nou getroud!”  Ons by Mooi Troues wens die paartjie ʼn wonderlike toekoms vorentoe.  Die venue bied ʼn leë doek vir paartjies om hul wildste drome realiteit te maak wanneer dit kom by dekor vir hul groot dag.  Daar is ook asemrowende mooi plekke op die plaas wat agtergrond bied vir die mooiste troufoto’s.

Groenrivier Function Centre is ʼn plattelandse trou venue in Riebeek Vallei, in die Swartland distrik.  Hierdie is die ideale bestemming vir ʼn troue.  Dit is ʼn pragtige trou venue net so oor ʼn uur se ry vanaf Kaapstad, omring deur die natuurskoon van die gewilde Riebeek Vallei gebied.  Beide Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes bied wêreld klas verblyf vir gaste met baie aktiwiteite om jou trou gaste besig te hou.

Rol af en lees Izak en Theonie se besonderse storie en kyk na die pragtige foto’s hier onder.

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


11 Augustus 2018 – albei 24.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Vir ‘n hele klompie jare nou, kamp Izak se gesin asook Theonie se familie elke April-vakansie op Langebaan.  Ons het dus as kinders mekaar leer ken tussen die kamp en wegkruipertjie speel.  Toe ons bietjie ouer geraak het, het ons besef ons is mal oor mekaar – verby verlief.  Al het ons mekaar net eenkeer ‘n jaar gesien op Langebaan, was daar ‘n ongelooflike band tussen ons.  Wat selfs nog meer besonders is, ons was seker so graad 7 toe Izak een April-vakansie vir Theonie sê, hy glo hulle gaan eendag trou en kyk nou net…

Hoe het julle verloof geraak?


In April 2017 se Langebaan-vakansie, waar ons ontmoet het, het ons vroeg een oggend met sy ouers se boot gery na Kraalbraai – dis ‘n strandjie in die Natuurreservaat, reg oorkant Langebaan se strandmeer.  Ons het rustig ons romantiese piekniek geniet toe albei ons gesinne aangery kom oor die strandmeer.  Net ‘n kort tydjie nadat hulle daar aangekom het, het Izak my effens eenkant gevat en op sy knieë, voor ons gesinne, gevra om te trou.  Dit was ongelooflik spesiaal, want familie is vir ons albei belangrik!  Daarna het ons met die res van die familie, terug in die kamp, gefeesvier.

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Ek en my strooimeisies het 9 maande voor die troue besluit ons gaan sommer net vir pret ‘n paar trourokke gaan aanpas.  Ons het die oggend by Tying the Knot Boutique ingestap en al wat ek kon sê was dat ek kant soek. Hulle het toe vir my 10 rokke uitgekies.  Die 3de rok was die wenner!  Ek wou amper nie eers verder aanpas nie.  Toe kon ons die res van die naweek net meisies alleen naweek hou.  Die rok is ‘n Morilee Gardner ontwerp.  Die hele rok bestaan uit Ivoor kleur kant met die onderkant wat bestaan uit tulle en ligte Roosgoud net, wat ‘n effense glinster het.

Vertel ons meer van jul ringe.


Ek het van die begin af geweet ek wil ‘n Roosgoud ring hê.  Ons het na ‘n klomp ringe gekyk en die perfekte een was toe Roosgoud met ‘n Morganite steen in die middel met klein diamantjies om die steen asook aan die kante van die ring.  Izak se ring is Titanium met twee ligte strepe – eenvoudig maar stylvol vir ‘n boerseun.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons het ‘n ongelooflike ongelooflike fotograaf!  Karien se foto’s is altyd so onbeskryflik mooi natuurlik, wat regtig die bruid en bruidegom se ware wese uitlig.  Sy gee ook alle eer aan God met elke foto wat sy neem.  Die bonus was natuurlik dat ons as bruidspaar asook die gevolg haar almal ken dus was almal so gemaklik toe ons foto’s neem.

Die videograaf het die dag ook so ongelooflik mooi vasgevang met hul video – dit is so lekker om elke nou en dan terug te kyk.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Om net een enkele oomblik te kies is regtig moeilik want elke oomblik het bygedra tot so ongelooflike perfekte dag.  Dit was vir ons ongelooflik spesiaal om die dag met ons familie en vriende te deel en behoorlik die liefde te feesvier.  Dit was vir ons merkwaardig toe ons mekaar die eerste keer sien in die kelder/kerk en ook tydens die fotosessie, as ons vir mekaar sê “Ons is getroud!!” en sielsgelukkig glimlag daaroor.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Alles was regtig perfek – ons het niks drama of iets gehad wat eers skeef geloop het nie.

Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons het ‘n padreis gedoen vanaf Riebeek Wes tot by Knysna, kuslangs en terug Oudtshoorn om.  Nie een van ons ken regtig daai omgewing nie – ons was so verras hoe ons eie provisie soveel ongelooflike aktiwiteite inhou en ook hoe hulle ons op die hande gedra het as ons sê ons is op wittebrood.  Elke dag het nuwe aktiwiteite en ‘n nuwe dorp ingehou en ons het by die mooiste en lekkerste akkommodasie gebly.

wedding dresses

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons finale getal was 117 gaste.  Vir die begroting was Excel my beste vriend, om seker te maak mens spandeer nie onnodige op klein dingetjies nie en jy sien presies waarvoor jou geld gaan.  Ek was ook ongelooflik gelukkig, of in my oë eter geseënd, om 2 Facebook kompetisies te wen.  Laatson Skoonheid se hare en grimering, asook die eetgerei, onderborde, ghost chairs, ens. van All Things Wedding.  Ek het ook self al die uitnodigings, trou webtuiste en ander skryfbehoefte items ontwerp en gedruk.  Izak se ma het ook ons troukoek gebak.  Dit alles het baie gehelp!

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Toe ons die dag na Groenrivier gaan kyk het, het ons dadelik geweet dis waar ons wou trou.  Ons wou graag ‘n venue hê waar die seremonie en onthaal op die perseel is en van ‘n vorige troue weet ons Malita Joubert Catering maak die heerlikste kos!  Die kelder, vir seremonie, is so ongelooflik romanties, self sonder enige dekor of blomme.  Die saal bied ‘n leë doek wat ons toegelaat het om die perfekte prentjie te skilder.  Ons wou dit eenvoudig en natuurlik hou met die hout tafels en blomme wat skakerings van groene en wit is, tog stylvol met die elemente soos Ghost Chairs, goue eetgerei en glas items op die tafel.

Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre Groenrivier Function Centre naked wedding cake naked wedding cake

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Die beste ding wat ons gedoen het was om meeste van die groot goed lank voor die troue vas te maak en af te handel.  Wanneer die groot reëlings/ besprekings afgehandel is kan jy fokus op die fyner detail.  ʼn Excel sigblad was ook my beste vriend as dit gekom het by die begroting.  Belê in ‘n goeie fotograaf want dit is tog wat jou dag gaan verewig.  Neem elke oomblik in, want die dag gaan regtig so vinnig verby.

wedding dress

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir diensverskaffers]

    [endsection]