Gys & Marike se mooi verlowingfotosessie

Ons by Mooi Troues is opgewonde om met ons lesers die verlowingfotosessie van Gys en Marike met julle te kan deel.  Wat vir ons ui gestaan het toe ons die eerste keer die fotosessie gesien het was iets met die pad wat ‘n draai maak agter die paartjie wat in ‘n veld staan met die sonsondergang agter hulle.  Ons hoop om binnekort die paartjie se troue ook met Mooi Troues se lesers te kan deel.  Vir nou rol af en geniet die aantreklike paartjie se pragtige fotosessie.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Marike: Ons het ontmoet op universiteit.  Ons was vir lank net vriende.  Gys was die kaptein van die koshuis span en ek was hulle fisio.  Ons het saam na elke wedstryd/ funksie gery en mekaar regtig goed leer ken.  In ons albei se finalejaar het ons begin uitgaan.

Gys: Marike  se sprankelende persoonlikheid is die grootste ding wat my aangetrek tot haar.  Haar manier om altyd die beste in elke liewe situasie raak te sien en enige slegte ding vir my beter te maak.  Sy is ook een van die mees lojale mense wat jy ooit sal ontmoet.  Sy sal tyd maak vir die mense in haar lewe wat haar nodig het maak nie saak wat in haar lewe aangaan nie.

Marike: Gys is seker die grootste heer wat ek ken.  Hy is vriendelik, ordentlik en baie maklik om oor die weg mee te kom.  Hy laat mens altyd goed voel oor jouself.  Sy blou oë het my oorwin.

Vertel ons wie het wie gevra om te trou?


Gys het my gevra om te trou 17 November 2018 in Hermanus, by ‘n rusbankie op die see paadjie.  Ons was die naweek weg saam sy broer en hulle gesin, so ek het dit nie verwag nie.  Toe ons terug kom na die verlowing was albei ons families by die huis om dit te vier.  Dit was baie spesiaal.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons wou net onsself wees.  Ons wou bietjie formeel vir die eerste paar wees en dan lekker ontspanne vir die res.  Innecke was die inspirasie agter die res!

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Dit was ons albei se eerste keer om afgeneem te word.  Ons wou net gemaklik raak om onsself te wees voor die kamera.  Ons het ‘n paar fotos gebruik vir ons trou uitnodigings.

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons seremonie vind plaas in die Moedergemeente Stellenbosch.  Ons onthaal volg by Lourensford.  Ons droom troue is groot en letterlik ‘n fees.  My droom rok word deur Alana van Heerden ontwerp en gemaak.

Ongeag alles is ons droom net om met mekaar te trou, die res is lekker bysake.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]