Donker gestileerde fotosessie

Jou troudag gaan net oor julle as ‘n paartjie en daar is baie paartjies wat graag met meer donkerder/dramatiese troudekor wil gaan.  As julle ‘n paartjie is wat graag bietjie “uit-die-boks” wil wees, dan sal julle baie van die donker gestileerde trou inspirasie hou en sommer baie inspirasie in die foto’s hier onder vind.  Ons hoop julle geniet dit.

Wie het die fotosessie gereël?


Joanne van 45°Design

Waarom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Ek het voorheen werk gedoen met All Things Wedding, so hulle was die eerste maatskappy waarna ek uitgereik het.  Hulle het die lokaal, en die meeste van die ander verskaffers wat ek deur middel van sosiale media en verwysings gevind het, voorgestel en georganiseer.

Agter die skerms inligting?


Die dag toe ek die skryfbehoeftes moes oplaai, was ek bespreek vir ‘n laaste minuut fotosessie aan die ander kant van Kaapstad.  Dit was die dag net voor die gestileerde fotosessie!  Gelukkig kon ‘n vriend die skryfbehoeftes Lezanne optel.

donker trou inspirasie

Wat was die spesiale deel van die fotosessie vir jou?


Om net al die beplanning te sien hoe ons harde werk af betaal, is so lonend.  Ek is so trots op my wonderlike span en so bly ek het met hierdie wonderlike mense gewerk!

donker trou inspirasie donker trou inspirasie

Advies aan paartjies wat die inspirasie wil volg?


Werk saam met mense wat jou visie “kry” en moenie bang wees om ‘n bietjie uit die boks te wees nie!

donker trou inspirasie

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: