Shaun & Lauren se ou-wêreldse troue

Ons by Mooi Troues is erg bevoorreg om die ou-wêreldse troue van Shaun en Lauren met julle te deel.  Daar is net soveel elemente in dié troue wat vir ons uitsonderlik mooi is!

Eerstens kan ons nie ophou verkyk na Lauren se trourok en daai slee is iets ongelooflik.  Met haar pikswart hare, porselein vel en bloedrooi lippe het sy gelyk soos Aspoestertjie wat die 1920’s by ʼn deftige dans aangekom het.  Die ou-wêreld gevoel van hul trou venue het ook nóg hierby bygedra met die groen muurpapier en rooi matte.  Die “kapel” was op ʼn stel trappe en die vier strooimeisies en -jonkers het elk op ʼn trap gestaan terwyl die fotograaf ʼn foto van bo-af geneem het.

Kersie op die koek was die fotosessie in die ou biblioteek en met die straat se naam van Loveday Str. in Johannesburg met die historiese  en moderne glas geboue neem Shaun en Lauren ons definitief deur die dekades met hul fotosessie.

Dié foto’s moet u definitief met jou eie oë sien en maak seker om af te rol vir ʼn aangename verassing.  Ons by Mooi Troues glo dié troue sal vir lank nog baie inspirerend wees vir paartjies wat beplan om met ʼn tema te gaan vir hul troue.  Deel ook asseblief dié troue met soveel mense moontlik.

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

Julle troudatum en Ouderdom van paartjie op troudag?


29 September 2018, Lauren Gouws (Meikle) – 27 jaar en Shaun Gouws – 34 Jaar

gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses

Hoe het julle mekaar ontmoet en hoe het julle verloof geraak?


In 2010 was Lauren ʼn finalejaar student by film en televisie skool in Johannesburg.  As een van haar eksamen take het ʼn bewuswordings advertensie geskryf en die regie daarvan behartig.  Sy het ʼn paar oudisies gehou en uit eindelik Shaun in die rol geplaas waar hy ʼn bruidegom op ʼn troudag moes vertolk.  Na die dag van skiet het die hele produksiespan vir ʼn paar “wrap” drankies gegaan.  Dit was aand, Lauren het begin koel kry, Shaun het sy baadjie vir haar aangebied, en die res is geskiedenis.

7 jaar later het Shaun op Seinheuwel in Kaapstad  haar gevra om te trou.

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

Vertel ons meer oor hoekom die bruid haar spesifieke trourok gekies het?


Aangesien Lauren Brits en Shaun Afrikaans (ʼn boertjie) is, het hul baie met geskiedenis gesinspeel.  Die tema van die troue was ʼn toer deur die tydperke.  Lauren het baie navorsing gedoen oor klassieke trourokke, en het uiteindelik besluit om internasionale ontwerper Gert Johan Coetzee opdrag te gee om saam met haar ʼn rok op te tower wat kontemporêr is, maar nogsteeds klassieke, elegante ondertone van die 1940’s behou.

gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses gert-johan coetzee wedding dresses

Vertel ons meer van jul ringe


Lauren se verloofring was van wit goud, met tientalle fyn diamantjies in ʼn oogvorm.  Die vorm van die verloofring het homself nie daarnatoe geleen om in ʼn trouring te verander met die byvoeging van ʼn ekstra pand nie, dus het sy ʼn splinternuwe ring gekies.  Aangesien sy mal oor haar verloofring was, is die trouring wat sy gekies het baie op dieselfde ontwerp gebaseer, net ʼn bietjie groter.

Shaun se stokperdjie is om oudhede te restoureer, hy is mal oor donker houtsoorte en rou materiale.  Hy het besluit op ʼn ring van natuurlike mahoniehout en silwer in ʼn Art-Deco ontwerp.

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Om hierdie baie spesiale dag in fotovorm vas te vang, is die twee fotograwe, die egpaar-span van Picture Me & U ingebring.  Teen die einde van die aand het hul selfs ʼn klein skerm in die hoek van die onthaalvertrek opgestel wat ʼn paar van die beste fotos van die dag vertoon het.

Die video aspek van die troue was deur Pink Flower Productions behartig.  Binne etlike dae het hul ʼn “lusmaker lokprent” op hul Facebook blad gelaai.  ʼn Mens kan alles van die beste voorsit, maar as dit nie reg vasgevang word nie sal jy vir altyd spyt wees.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag en wat sou julle verander indien moontlik?


Die troumars waarop Lauren ingekom het was ʼn klavier verwerking van Audry Hepburn se “Moon river”.  Coenraad Rall, een van Suid Afrika se beste pianiste, het dit lewendig op die vleuel klavier gespeel.  Die merkwaardigste oomblik was toe Lauren drie stelle trappe begin afdaal het op hierdie liedjie met die langste sleep wat sekerlik nog in Suid Afrika gesien is.

Die egpaar se opening van die dansbaan was ook merkwaardige oomblik, Lauren kort voor die tyd vinnig ʼn cha-cha uitrusting gaan aantrek, waarna sy en Shaun toe die dansbaan met ʼn cha-cha geopen het waaraan hul maande lank geoefen het.

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

Hoe het julle die venue gekies en wat was die inspirasie vir jul dekor?


Die tema van die troue was “ʼn toer deur die dekades”.  Ons is mal oor klassieke, ou style, maar tog wou ons nie ʼn ons gaste vervreem of styf laat voel deur te formeel voor te kom nie.  Na ʼn lang gesoek het ons besluit op die historiese “Rand Club” in die Johannesburgse middestad.  Ons het besluit om ons seremonie op die asemrowende trappe in die middel van die gebou te hou. Alle dekor items was self ontwerp en het gewissel van Art-Nouveau tot Art-Deco style.  Musiek het ook gewissel van die 1930’s se Big Bands, tot 1960 se Rock & Roll.

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou? Hoeveel gaste het julle onthaal?


Ons het 100 gaste onthaal. Die totale begroting vir die troue was ongeveer R250 000.

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Spandeer geld wys en waar dit saak maak. Begin met die grootste besluite eerste en konsentreer eers op die fyner detail wanneer die groter dinge in plek is.  Maak seker die tema pas jul altwee 100%.  Skryf ʼn tydlyn uit wat wat die dag se verloop haarfyn uitlê, met spesifieke tye langs elke gebeurtenis.  Stuur dit ʼn paar dae voor die troue uit aan al die verskaffers asook die strooijonker. Moet nie te veel bekommer as dinge ʼn bietjie later gebeur as wat dit moet nie – dit is natuurlik.   Onthou “Die vertoning moet aangaan” as daar ongelukke gebeur. 

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Met vreeslike besige werk skedules kon ons nie bekostig om meer as ʼn week af te vat direk na die troue nie, ons het dus op ʼn “Mini-moon” gegaan na die Wildekus.  Ons vat ons offisiële wittebrood in Junie 2019 waar ons na Rome en Venesië gaan gedurende hul Somer seisoen.

Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding Rand Club Wedding

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]