Mooi Troues lief Proteas vreeslik baie! Dus is ons opgewonde om dié verlowing van De Wet en Zandri te deel. Hulle het ‘n baie oulike liefdes-storie en ons gee punte aan De Wet se manier hoe hy vir Zandri gevra het om sy vrou te wees. Die paartjie vertel ons ook dat hul maar bietjie skrikkerig was om vir ‘n lang tydperk op hul troudag voor die kamera te staan en na hul verlowing fotosessie is hul meer gerus gestel. Rol af en geniet hierdie oulike paartjie se storie.
Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?
Ons het mekaar ontmoet by ‘n dans deur De Wet se neef. Gedurende die volgende jaar het ons mekaar ‘n paar keer raak geloop by koshuis geleenthede waar ons lekker saam gedans het. As gevolg van die lekker saam dans, het Zandri vir De Wet na een van haar koshuis aksies genooi. Dit was op daardie aand wat ons verlief geraak het op mekaar.
De Wet het geval vir Zandri se blou ogies, sagte maar tog sterk persoonlikheid en opregte hart.
Zandri het verlief geraak op De Wet se avontuurlustige geaardheid en die feit dat hy van buite ‘n groot man is, maar van binne eintlik ‘n baie klein hartjie het en baie liefdevolle mens is.
Vertel ons wie het wie gevra om te trou?
De Wet het vir Zandri verras by een van hul gunsteling wynplase in Stellenbosch. Deur bietjie te konkel met die aanstaande skoonfamilie en personeel van die plaas, was Zandri en haar gesin reg om bietjie wyn te proe totdat die bestuurder vir Zandri by die tafel kom haal met die idee dat sy die wynmaker moet kom ontmoet. Dit was op daardie oomblik wat De Wet vinnig met ‘n bottel Shampanje op die gras gaan wag het en op die ou einde die knieg gebuig het en vir Zandri gevra het om te trou.
Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?
Ons het Harmonie Proteas al voorheen besoek aangesien dit op ons lysie van moontlike trou venues was. Toe die tyd aangebreek het om ons verlowings fotosessie te beplan, het ons geweet dat dié Protea plaas, met sy lanings Proteas en modern maar tog tradisionele kapel, ideaal sou wees vir dramatiese fotos.
Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?
Ons wou van die begin af ‘n elektronies trou uitnodiging gebruik vir ons groot dag en die fotos was perfek daarvoor. Dit gesê, ons albei is effe skrikkerig om vir so lank tyd voor die kamera te wees en die verlowings fotosessie het ons meer gemaklik gemaak.
Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?
Dit is vir ons baie belangrik dat al ons vriende en familie ons groot dag saam met ons deel. Dit moet net een groot partytjie wees, waar almal dans en kuier tot laat in die aand.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Worthit Photography (Roelien Malan)
- Venue: Harmonie Proteas
- Grimering en hare: Makeup By Rozaan (Rozaan Leibbrandt)