Okkie & Mizelle se stedelike fotosessie

Die baie aantreklike paartjie, Okkie en Mizelle, lyk smoorverlief in die foto’s hier onder.  Hulle het besluit om met ‘n heeltemal teenoorgestelde gevoel vir hul verlowing fotosessie te gaan as hul troue.  Die stedelike deel in Gauteng is pragtig vasgevang en Hulle vertel dat hul die foto’s graag vir hul trou webwerf wil gebruik.  Ons hoop ons kan met ons lesers hul troufoto’s binnekort deel, so vir eers geniet die pragtige foto’s hieronder.

Vertel ons van jul ontmoeting en die eienskappe wat julle na mekaar aangetrek het?


Ons het albei toevallig besluit om ons honneurs in Bcom Rek op UJ in 2015 te voltooi.  Ons was in dieselfde klas gewees.  Okkie het uiteindelik besluit om die “eerste skuif” te maak en my ‘n vriend versoek op Facebook in Augustus 2015 te stuur, maar dit was in November op ons honneurs funksie by die Ballroom in Monte Casino wat ons vir die eerste keer begin gesels het.  Daar het hy my vertel hoe hy my altyd in die klas dopgehou het. Van daar af het die liefde net begin blom en hy het my in Maart 2016 gevra om sy meisie te wees.

Wat my na Okkie aangetrek, wel daar is eintlik te veel om te noem! Definitief sy glimlag en natuurlik sy dimpels.  Hy is ook altyd vriendelik en vol grappies.

Ek dink die mooiste eienskappe van Mizelle is dat sy opreg, spontaan & absoluut ‘n mense-mens is. Sy is net te maklik om lief te hê.  Die feit dat sy my altyd bederf & vir my grappies lag maak dit net ‘n plesier om altyd in haar omtrek te wees.  Lang storie kort: Sy is perfek.

Vertel ons meer hoe julle verloof geraak het?


Ons het in Desember 2017 saam Zimbali toe gegaan vir vakansie.  Dit was vreeslik reënerig die dag.  Hy het vir my gesê om klaar te maak en dan gaan drink ons iets voor ons aandete gaan eet. Op pad na waar ons ‘n drankie sou drink is daar ‘n baie mooi uitsig oor die see en dit is waar hy my toe stop, op een knie gegaan het en met die mooiste ring wat hy self laat ontwerp het die groot vraag gevra het.

Vertel ons die inspirasie agter die verlowing fotosessie?


Ons trou by Florence Guest Farm en ons beplan om in die Boskerk te trou, so dit gaan alles buite in die natuur wees.  Ons het toe besluit vir die verlowings fotosessie wil ons iets anders doen, daarom het ons besluit om in die stad by Arts on Main foto’s te neem.

Wat het jul laat besluit oor die verlowing fotosessie?


Ons wou nog altyd ‘n fotosessie gedoen het, maar het nooit daarby uitgekom nie.  Ons wil ook graag die foto’s vir ons Trou Webwerf gebruik.

Vertel ons meer wat het jul ingedagte vir jul droom troue?


Ons beplan ‘n buitelug diens tussen die dennebome.  Ek (Mizelle) wou nog altyd buite in die natuur getrou het.  Ons is mal oor die styl van die venue, die klipskuur waar die onthaal gaan wees is asemrowend mooi.  Ons hou van eenvoudig, maar elegant.  Ons dekor gaan ‘n rustiek/vintage mengsel wees.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: A Bear Photography
  • Rok: Forever New
  • Hemp: Polo
  • Hare en grimering: Wildflower make-up.hair.nails (Monique Cloete)
  • Plek: Arts on Main
  • Koffiewinkel: Origin Coffee Roasting

[endsection]