Ongelooflik mooi! Dit is al hoe ons by Mooi Troues die trou van Luigi en Tania kan beskryf! Daar is nie genoeg woorde vir ons by Mooi Troues om te beskryf hoe gek ons is oor dié paartjie se troue nie en ons wens hul lewenspad saam as paartjie is nóg mooier as hul troudag.
Ons kan skaars glo dit is ‘n selfdoen troue en sjoe die dekor is vir ons ongelooflik mooi. Ons is verlief op Groenigheid en Tropiese elemente. Die Roosgoud voeg ook ‘n elegante element in die dekor.
Tiana se trourok is ook besonders met ‘n Bloos kleur en haar sluier met blomme op is vrolik en nie te oordonderd nie. Luigi se blom-patroon tas komplimenteer Tiana se trourok perfek.
Ons weet sommer Mooi Troues se lesers sal gek wees oor die troue so rol sommer nou af en kyk na die pragtige foto’s.
Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?
Ons troudatum was 19 Mei 2018 en Tiana – 24, Luigi – 30
Vertel ons hoe het julle ontmoet?
Ons was in dieselfde kerk vir meer as ‘n jaar, een dag het ‘n leier gevra dat ek moet uithelp by die kerk se deure, Luigi was ook daar. Die volgende week was ek weer gevra om dit te doen, die eerste twee keer was ek baie skaam vir hom maar daarna het ons so vinnig besef dat ons mekaar beter wil leer ken.
Hoe het julle verloof geraak?
Luigi is ‘n baie romantiese, intieme persoon. Hy het alles haarfyn beplan, sy ma en sussie het ook gehelp. Luigi het my huis toe gevat na kerk en gesê hy wil vir my iets wys en toe ek my kamer deur oopmaak was dit vol liggies, proteas, en ook ‘n Bybel. Hy het vir my begin vertel van ons verhouding en hoe God ons bymekaar gebring het, op die regte tyd. Hy het op een knie gestaan en die Bybel oopgemaak by ons belofte skrif Efesiers3:11, waar die ring gelê het, en my gevra om sy vroutjie te word.
Vertel ons meer oor jul ringe
My ring is ongelooflik spesiaal. Luigi het sy ouma se diamant gebruik en my ring laat maak volgens hoe ek altyd vir hom beskryf en gewys het. Luigi het sy ring self gekies, gemaak van swart slangsteen met ‘n hout binne voering.
Wat was vir jul die beste oomblik van dié dag?
Ons kan nie een spesifieke oomblik kies nie, daar was so baie, maar Tiana se gunsteling oomblik was toe ons uiteindelik gehoor het dat ons nou man en vrou is. Ek het op en af gespring soos ‘n klein dogtertjie in die grootste lekkergoed winkel.
Luigi se gunsteling oomblik was toe ons Pastoor vir hom gesê het hy mag nog nie omkyk nie, terwyl ek ingestap het en almal geluide gemaak het kon hy net hulle reaksies hoor, toe hy uiteindelik kon om kyk en my sien was sy emosie hoog!
Vertel ons meer oor jul Fotograaf en Videograaf?
Ons fotograaf was die wonderlike, dierbare Shanay Greene. Vanaf ons haar foto’s gesien het het ons geweet ons soek niemand anders nie!! Toe ons haar ontmoet met die verlowing foto’sessie het sy ons dadelik gerus gestel en ons gemaklik gemaak voor haar kamera. Deur die hele pad was sy ‘n wonderlike mens. Sy was ‘n totale fees op die troudag! Ons is so beïndruk met ons foto’s en so bly dat ons haar gekies het. Ons het die mooiste hout boksie gekry met ‘n USB en van ons foto’s!!
Ons videograwe was First Kiss. Vanaf die eerste epos het Jana alles so maklik gemaak vir ons. Sy was ‘n wonderlike hulp deur die hele proses. Op die dag van die troue was Gehard daar, dit was so lekker om voor sy lens te wees. Hy het ons lekker laat lag!! Die video-snit wat ons ontvang het was vir ons so spesiaal. Hulle het ‘n fantastiese eindproduk aan ons verskaf!!
Wat sou jul verander indien moontlik?
Ons sou niks wou verander, dit was die perfekte dag!!! Dit was beter as ons wildste drome en gedagtes.
Advies aan paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Moet nie kyk na wat ander mense doen nie, of te veel Pinterest nie…dames!!! Voor enige keuses gemaak word, sit en bespreek wat julle visie is vir julle dag, dit gaan tog nie oor ander nie maar oor wie julle as ‘n paartjie is – kyk gereeld terug en geniet die tyd!
Hoe het julle besluit op die venue vir jul troue?
‘n Jaar voordat ons verloof geraak het, het ‘n vriendin Cabbage and Rose aan my genoem, ek het hulle toe raakgesien op Facebook en ons het besluit om ‘n padreis te vat soontoe. Soos wat ons daar aangekom het het ons albei geweet dit is waar ons eendag sal wil trou. Ons het deur die plek geloop en dit was mooi verby enige woorde. Ons het albei dadelik besluit dat ons nie eers verder sal kyk nie. Dit was absoluut perfek en het so by ons styl gepas. Die glas kapel was nog altyd ‘n droom vir my.
Vertel ons meer oor die inspirasie vir die dekor
Ons het albei ‘n liefde vir tropiese plantegroei – veral Monstera Deliciosa – ons het besluit ons wil nie blomme hê nie maar net groenigheid. Ons het op die woorde “digte tropies” gekom vir ons beskrywing. Tiana is versot op marmer en daarom was dit ook ingebring. Tiana se ouers het marmer kerse gemaak en hout kers standers gemaak. Luigi se sussie het meeste van die tekenontwerp en ons het baie self gedoen.
Wat was jul trou begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons begroting was omtrent R120 000. Ons het voor die tyd min of meer bepaal wat alles gaan kos en sover as moontlik probeer om te bly in daardie bedrag. Ons albei se families het gehelp en dit was ‘n groot seëning vir ons!
Was julle op ‘n Wittebrood?
Vandat ons ontmoet het het Luigi gesê hy wil my op ‘n padreis vat na Horseshoe Falls. Vir ons wittebrood het ons besluit om nie oorsee te gaan nie, omrede ons nie soveel tyd wou spandeer aan alles sien en doen wat die plek bied nie, maar om eerder kwaliteit tyd saam te spandeer. Ons het die dag na ons troue gery na Komati Gorge en ‘n paar dae daar spandeer. Daarna het ons Horseshoe Falls toe gery asook Hoedspruit waar ons by Southern Sands Tented Camp oorgeslaap het. Dit was ongelooflik! Ons het ons mooi land op ‘n nuwe manier aanskou in daardie tyd.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue + Spyseniering: Cabbage & Rose
- Dekor & Blomme: Selfdoen + Blomster + Love & Grace Wedding and Event Decor
- Pastoor : Pastoor Jerry Nieuwoudt van CRC
- Koek tafel : Honey Bee Baker, bruid & strooimeisie
- Skryfbehoeftes: bruid en bruidegom se sussie
- Hare : Tayla Minnaar
- Grimering: Missy Make up artist
- Trou en Strooimeisie SilverSwallow Design
- Bruidegom : David Jones
- Fotograaf: Shanay Greene Photography
- Videograaf: First Kiss Videography
- Musiek + Klank: Sean Tucker