Ludwig & Elné se romantiese plaastroue

Die aantreklike paartjie, Ludwig en Elné, het op ʼn familie plaas in die Vrystaat ʼn romantiese plaastroue gehad.  Daar was ʼn groot markies-tent en die gaste kon later die aand lekker kaalvoet met die gras tussen die tone sit.  Ons kan sien in die foto’s het die paartjie se bruilofsfees behoorlik verander in ʼn lekker makiti.  Geniet die foto’s hier onder en ons wens die paartjie al die beste vorentoe.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


Ons wou graag op n lang naweek trou sodat al ons gaste die hele naweek saam met ons kan geniet; daarom het ons op 28 April 2018 getrou.  Albei van ons was 24 jaar oud.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Ons het mekaar ontmoet einde Julie van ons matriek jaar.  My glimlag het Ludwig se hart gesteel, alhoewel ek dit op daardie stadium nog nie geweet het nie.  Na menigte verassings van blomme en sjokolade het ek uiteindelik die skimp gevang.

Hoe het julle verloof geraak?


Ludwig het nog altyd geweet ek wil graag hê ons verlowing moet ‘n groot verassing wees.  Hy het die verlowing beplan sodat ek niks kan agterkom nie.  Tot sy voordeel het ek die week voor ons verlowing ‘n nuwe werk gekry en hy kon so alles verbloem deur te sê ons gaan my nuwe werk vier met ‘n piekniek.  Na ons die oggend die skape gevoer het, het hy proteas in die berg gaan pluk en hy het my na ‘n waterval gevat vir ons piekniek.  Hy weet ook ek hou baie van fotos en het sy foon toe gestel om ‘n “self-af-teller” foto van ons twee te neem by die waterval.  Die wind het baie gewaai en vir my hare se onthalwe het ek hom gevra om vir my te sê wanneer ek moet omdraai vir die foto, toe ek omdraai vir die foto was Ludwig klaar op sy knieg met die ring in sy hand.  Die perfekte verlowing met ‘n “self-af-teller” foto.

 

Vertel ons meer van jul ringe.


My ring is handgemaak deur een van ons vriende, Julian Roux.  Die ring is baie spesiaal omdat dit Ludwig se ma se trou ring was wat hulle gebruik het om my ring te maak.  Julian het verskillende metale saam gemeng om my ring se unieke kleur te kry en die diamante in my ring is in die vorm van ‘n sneeuvlokkie ontwerp.  Ludwig hou baie van hout, daarom het ons besluit om vir hom ‘n hout ring te kry vir ons troudag.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.


Ons fotograaf, Suné van Suné Ferreira Lifestyle and Wedding Photography, kom al ‘n lank pad saam met ons.  Sy is iemand wat fotos neem “pret” maak en mens baie gemaklik voor ‘n lens laat voel.  Ons videograaf was Corné van First Kiss Videography.  Dit was so aangename ervaring met hom daar.  Hy het die troue perfek vasgevang sonder dat jy agterkom dat hy daar is. Ons is bevoorreg dat hy ons spesiale dag op so ‘n manier kon vasvang.

Wat was die merkwaardigste oomblik van dié dag?


Ons kan nie een spesifieke oomblik uitsonder nie.  Die hele dag was vir ons die merkwaardigste oomblik en elke sekonde was besonders saam met ons vriende en familie.

Wat sou julle verander indien moontlik?


Ons sou eerder die troue ‘n half uur vroeër geskuif het sodat ons meer saam met ons gaste die middag kon kuier voor ons gaan fotos neem het.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Geniet elke oomblik en neem alles in.  Alles gaan nie uitwerk soos wat jy beplan het nie, maar dit sal nogsteeds die perfekste dag wees.

Hoe het julle die venue gekies?


Dit was vir ons belangrik om ‘n sentrale venue te kry wat naby aan meeste van ons vriende en familie was.  So het ons op my oom en tannie se plaas besluit buite Viljoenskroon.  Ons het in die pragtige tuin getrou wat by ons tema gepas het.  Dit was vir my ook besonders spesiaal omrede ek soveel herinneringe van my kindwees op daardie plaas het.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Ons wou graag ‘n romantiese woud atmosfeer skep en het so ons dekor en blomme gekies.  Ons het besluit om meestal kerslig in die tent te gebruik omrede dit ‘n warm en romantiese atmosfeer skep.  Ludwig was eintlik die slim een agter ons dekor keuses en my ma het presies ons idee vasgevang met die blomme.  Ons het ook die hele tent binne met groen boom takke versier om die “woud” te skep in die mooie Vrystaat.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


Ons wittebrood was fantasties.  Ludwig het geweet hoe graag ek wil Phuket toe gaan en het my verras met ons wittebrood.  Ons het met n bromponie op die eiland rondgerits en van toeriste aantrekking tot die Oudorp se strate ontdek, deur die dag was dit bootritte, snorkel tussen eksotiese visse en eiland “hop” en in die aande was die strate vol lewe , nag markte en heerlike seekos.

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]