Matjiesfontein is ʼn baie klein Karoo dorpie met soveel groot karakter wat baie naby aan ons by Mooi Troues se harte lê. Blaai af deur die foto’s van Louis en Mia se bruilofsfees in Matjiesfontein en ons belowe jou jy sal oorreed word óf om jul trou daar te hou óf om daar te gaan wittebrood. Dié klein dorpie spog ook met ʼn ongelooflike Hotel.
Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie. Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.
Louis en Mia se troue sal definitief op ons top-lys van besonderse troues gaan hier by Mooi Troues. Rol af en geniet die paartjie se troue vir julself en onthou om met almal te deel.
Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?
12 Mei 2018 en Louis was 25 en Mia 24
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het mekaar in 2012 ontmoet deur gemeenskaplike vriende, maar ons was albei in verhoudings. Nes Jesus dit beplan het, het ons padjies weer gekruis in die jaar 2014 in Stellenbosch. Ons het van daar af mekaar se beste maatjies geword en niks sonder mekaar gedoen nie.
Hoe het julle verloof geraak?
Louis het my gevra om sy meisie te wees in Strandfontein teen die weskus. Dit was nog altyd vir ons ‘n baie spesiale plek. Die naweek van 30 September 2018 was ons bekende madeliefie makietie op Strandfontein gehou. Al ons familie en vriende was daar vir die fees…. Maar min het ek eintlik geweet wat Louis beplan het… terwyl ek en Louis daardie oggend gou plaas toe moes ry het ons familie en vriende alles skelmpies gaan regkry. Louis het toe vir my gesê ons vriende wag vir ons op die duin langs die see om ietsie saam te drink. Toe ons daar aankom is daar ‘n tafeltjie gedek en groot op die strand geskryf “Mia trou met my?” Dit was regtig een van die spesiaalste dae van ons lewe!!
Vertel ons meer van jul ringe.
Mia se verloofring bestaan uit klein fyn diamantjies wat in ‘n blom vorm gepak is met ‘n fyn troupant wat die verloofring mooi komplimenteer. Albei is in Roosgoud geset.
Louis se trou ring is ‘n Swart Titanium ring en die binnekant van die ring is Roosgoud.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Sjoe! Waar begin ons? Julia (fotograaf) is die talentvolste persoon wat ons al ooit ontmoet het!! Ons het so gemaklik met haar gevoel! Sy kom vanaf Duitsland, maar is die helfte van die jaar in Suid-Afrika. Elke klein detail het sy letterlik afgeneem.
Ons videograwe, Lize en Marko, is die oulikste twee mense!! Hulle het so baie moeite gedoen met ons. Ons kon regtig nie vir beter vra nie.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Die merkwaardigste oomblik van die dag was verseker die seremonie. Ons het so baie emosie ervaar en net god se teenwoordigheid op ons dag was iets besonders!! Dit is gevoelens en emosies wat mens vir niemand anders kan beskryf nie! Só baie liefde, geluk en genade.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Alles was vir ons perfek daardie dag! As ons nou iets moes oordoen of verander sou ons alles net so hou soos dit was.
Hoe het julle die venue gekies?
Louis het groot geword in Cradock in die Oos-Kaap. Die eerste keer toe hy my huistoe nooi was Matjiesfontein ons eerste stop. Ons het altwee dadelik verlief geraak op die mooi, unieke dorpie!! Ons het so tuis gevoel!! Ek het dadelik vir Louis gesê hierdie is ‘n plek waar ek eendag wil trou. Ons was mal oor die atmosfeer en die hele ervaring.almal moet ‘n dag beleef in Matjiesfontein!!!
Wat was die inspirasie agter jul dekor?
Daar is ‘n ongelooflike Victoriaanse atmosfeer wat duidelik tentoongestel word deur Matjiesfontein se dekor en boustyl. Dit het baie mooi ingepas by ons liefde vir Delft, hout en romantiek.
Ons keuse van dekor was dus ‘n kontras van rou houttafels, koper kandelare, baie kerse, “blouglas” en ongekompliseerde rangskikkings van blomme wat die gevoel van “ou” sjarme kan weerspieël.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Ons raad sal wees is dat niemand anders tevrede gestel moet word behalwe julle twee nie. Die hele dag gaan oor julle twee en julle liefde vir mekaar. Ja!! Luister na raad, maar julle hoef nie alles te volg of na alles te luister nie. Geniet elke bietjie beplanning en detail! Dit gaan so vinnig verby. Betrek mekaar met alles en as sy later dalk bietjie soos ‘n “Bridezilla” optree, gee haar ‘n stuiwe drukkie.
Vertel ons meer van jul wittebrood
Albei van ons is baie lief vir die see. Ons het vir 2 nagte by Aquila wildreservaat gebly! Naby Touwsrivier in die Wes-Kaap! Dit was regtig ‘n ongelooflike ervaring. Vir ‘n week het ons gebly in Wildernis en Knysna! Ons het ‘n pragtige land met die mooiste plekke.
- Dekor, Meubels & Ligte: Baie Goeters
- Ringe: Viljoen Juweliers
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Matjiesfontein, Lord Milner Hotel
- Fotograaf: Julia Winkler Photography
- Tweede fotograaf: Sarah da Silva
- Videograaf: KovacevicBosch Photography & Videography
- Blomme: Blomstories
- Troukoek: Sugar Studio
- Platejoggie: DJ Dirkie
- Skryfbehoeftes: Lumina Creative Studio + Troulantyntjies
- Grimering & hare: Maryna Kirsten Hair & Make up
- Bruidsmeisies grimering & hare: Beauty by Minke
- Trourok: Cindy Bam Couture
- Pak: Kurt Geiger
- Bruidegom se das: Weef
- Strooimeisies rokke: YDE
- Strooimeisies kamer jasse: MayMay Attire
- Bruid kamerjas: Lace.Blossom
- Dekor, Meubels & Ligte: Table Cloth Company +Something Borrowed + Trends Décor Hire + Blooming Wonderful.