Die Bosveld is vir baie paartjies ‘n opsie om hul troue daar te vier. Lean en Renée het hul selfdoen troue daar gehou en ons by Mooi Troues kon nie op hou kyk na die pragtige troue nie; Nie net is die ligging besonders nie, maar het Renée ongelooflike gelyk in haar trourok en ons glo sy sy het Lean en al hul gaste behoorlik na hul asems laat snak.
Rol af en bederf jou sig sintuig en droom oor jou droomtroue in die pragtige Bosveld.
Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?
26 Mei 2018 Renée 30 en Lean 28
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons het ontmoet by my werk, ek was ‘n reisagent in Pretoria en hy was daar om navraag te doen namens sy ouers vir ‘n vakansie.
Dit was liefde met die eerste oogopslag, ek het gedink dis ‘n vreeslike oulike outjie. Hy het my toe later ‘n e-pos gestuur en vir my gesê ek het die mooiste glimlag, ons het oor en weer boodskappe gestuur en eers later op ons eerste “afspraak” gegaan. Ons het vir 3 ½ jaar ‘n lang afstand verhouding gehad wat vreeslik was aangesien ons mekaar omtrent net elke tweede naweek gesien het as ons gelukkig was. Ek het in Pretoria gewoon en hy op hulle plaas in Marken, Limpopo.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak 11 November 2016, op die strand in Paternoster. Ons was saam my (Renée) se ouers weg vir my en my pa se verjaarsdag. Hy het die ring in ‘n Mosselskulp gesit en my gevra terwyl ons op die strand gaan stap het. My eerste woorde was “Is jy besig om met my te grap?” ek het dit glad nie verwag nie. Dit was so lekker dag gewees.
Vertel ons meer van jul ringe.
My ring is ‘n skepping van Marion Rehwinkel, Roosgoud met ‘n Morganiet steen en klein diamantjies om, ek is mal oor die “vintage voorkoms” ek kon nie vir beter gevra het nie. Lean se ring is van Beaudell Him ‘n “Roos oorgeblaasde wolfram metaal ring”.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Ons fotograaf (Seugnet) was op ons pad gestuur. Haar styl is presies wat ons na op soek was, sag & ligte kleure. Sy was vir ons meer soos ‘n vriendin as net ons fotograaf. Ons videograaf (Quin Media) het ons dag so mooi opgesom, ek huil nou nog as ek na ons video kyk. Ons was so dankbaar vir altwee van hulle.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Ons geloftes aan mekaar was vir ons baie spesiaal. Om iets uit te sonder was verseker (die bruid) se sussies wat besluit het om vir ons te rap.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Alles was perfek, beter as wat ons kon gedink het. Ons sou meer geëet het as ons kon, die kos was so lekker. Ons het selfs al weer terug gegaan na die venue vir ‘n ete. Ons kan net nie genoeg kry van die venue en hulle kos nie.
Hoe het julle die venue gekies?
Die eerste keer wat ek die venue gesien het op Facebook, het ek dadelik geweet dit is waarvan ek hou, ons het na die venue gaan kyk en dadelik ons besluit gemaak, ons het glad nie verder gesoek nie. Ons is mal oor die bosveld, ons bly self op ‘n wildsplaas, maar ons het na iets gesoek wat altwee het bosveld en moderne styl. Bordeaux het bosveld en Toskaanse flair. Dit is tog so mooi.
Wat was die inspirasie agter jul dekor?
Ons troue was baie Selfdoen van die koek tot die strooimeisies se rompies en strooijonker se dasse, ons wou dit eenvoudig hou en omdat ons ver bly van blommemark/bloemiste het ons besluit op die blomme wat die langste sal hou en waarvan ons altwee hou, Fynbos en Proteas. Ons wou nie helderkleure hê nie, maar meer neutrale sagte kleure.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Onthou dit gaan oor julle twee en niemand anders nie, solank julle gelukkig is, is al wat saak maak. Geniet elke oomblik “Moenie oor die klein dingetjies stres nie” dit gaan so vinnig verby so geniet liewers elke oomblik daarvan.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Ons was bevoorreg genoeg om ‘n begroting te kon opstel saam met beide ons ouers en dan het ons twee ‘n klein gedeelte ook bygedra.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons was Indonesië toe, ons het van die een eiland na die ander gereis. Ons was na Ubud, Bali, Lombok en Gili eilande. Ons was op wittebrood vir twee weke. Dit was besonders lekker, sand, see en lekker kosse om te probeer.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lightart Photography
- Videograaf: Quin Media
- Venue: Bordeaux Game Farm
- Rok: Bride and Co
- Pak: Your Pal
- Grimering en Hare: Lozanné Pienaar
- Bruidegom se ring: Beaudell Him
- Bruidegom & Pa’s se borsspelde: Miss H Jewellery design
- Laser Snywerk: Lazer classic
- Blomme: Doornkraal Protea