Die troue van Ulrich en Angelique het vreeslike mooi elemente in wat ons by Mooi Troues opgewonde maak om dié paartjie se troue met ons lesers te deel. ‘n Prettige en ook lekker element van spookasem was gebruik in die fotosessie. Dit is verseker die eerste keer wat ons so oulike idee sien! Dit bring die kinderlikheid na vore.
Soos Angelique ons onder vertel, het die fotograaf Ulrich baie gemaklik laat voel wat gesorg het vir prettige foto’s wat hul met hul nageslagte kan deel. Die Origami Voëls en Blom patroon van die strooimeisies se rokke het so ongelooflik mooi met die natuur van die opelug seremonie-area gewerk. Ulrich en Angelique vertel ons ook dat hul sommer vroeg besef het hul oorspronklike begroting van R120 000 is te min. Hiermee wil ons Mooi Troues se lesers aanmoedig om deeglik huiswerk te doen oor verskillende diensverskaffers se pryse om teleurstelling te vermy; Nietemin weet ons jul sal nie teleurgesteld wees met Ulrich en Angelique se troufoto’s nie.
So rol af en geniet elke oomblik daarvan.
Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?
12 Mei 2018 en Angelique was 24 en Ulrich 27
Hoe het julle mekaar ontmoet?
Ons was beide finale jaar studente by die Universiteit van Pretoria. Beide van ons het daai jaar in ʼn Kommune gebly in Brooklyn. Heel toevallig was die 2 huise langs mekaar, met ʼn hekkie tussen in. So het ons dus bure geword toe hy daar intrek. Die kommune waar ek (Angelique) gebly het, was ʼn dames-kommune en die een waar Ulrich gebly het was ʼn mans-kommune. Die dames se huis het ʼn swembad gehad en die mans het al te graag in die somer kom swem. So het ons storie daar langs die swembad begin.
Hoe het julle verloof geraak?
Ulrich het my verras met ʼn langnaweek in die Kaap – tot die aand voor ons gevlieg het, was ek vas oortuig ek gaan vir werk Kaap toe (hy het so met my werk se bestuurder gereël). Hy het my na een van ons gunsteling wyne se wynplaas toe gevat, Babylonstoren, waar ons na die wyn proe bietjie die plaas gaan verken het, so het hy my gelei tot by die plek waar hy op sy knee gegaan het en my gevra het om sy vrou te wees. Dit was onder die mooiste, groot ou boom met ʼn swaai wat uitgekyk het oor die wingerde.
Vertel ons meer van jul ringe.
My ring is ʼn oorspronklike ontwerp deur Marion Rehwinkel en Ulrich. Ek was van die eerste keer wat ek haar werk gesien het, verlief op Marion se “vintage-moderne” styl, en hy het dit en ʼn paar ontwerpe waarna ons saam gekyk het saam gesit in een ring. Ek was stom geslaan toe ek die ring vir die eerste keer sien-ek het nog vir hom gesê “hoe mooi” die ring is voor ek die “ja”-antwoord gegee het. Dit was net perfek – ek sou nooit self kon droom dat die ring so sal lyk nie, maar dis alles wat ek wou hê.
Ulrich se ring was baie simplisties, presies wat hy in ʼn ring wou gehad het, dit is dof-gemaakte wit-goud aan die buitekant met ʼn roos-goud senter om by my ring aan te skakel. Ek het dit presies volgens sy spesifikasies by VDB Jeweler’s laat maak.
Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf.
Die fotograaf was een van ons moeilikste besluite, dit is iets wat baie geld kos, maar dis ook die laaste ding wat mens wil afskeep. Ons het wel na ʼn lang soektog en uitdun sessie besluit op Bahama Burgundy, sy was oorspronklik voorgestel deur ʼn vriendin wat net ʼn paar maande voor my haar gebruik het vir haar eie troue. Haar fotos spreek vanself, maar haar persoonlikheid agter die kamera was ʼn fees, Ulrich hou niks van fotos neem nie, maar Charné en haar tweede fotograaf, Shanay Greene, het hom op sy gemak gehad, hulle was so energiek en vol komplimente, albei van ons het die fotosessie ongelooflik baie geniet.
Die videograaf het ons raak gesien op Harmonie Proteas se Facebook blad, so het hulle toevallig ʼn kollega van Ulrich se troue afgeneem, en ons het baie gehou van hul styl en die kollega kon hulle aanbeveel, so ons het nie eers 2 keer oor hulle gedink nie.
Hoe het julle die venue gekies?
Ons het eers op ʼn internet soektog gegaan en Harmonie Proteas raak gesien; dit het ons onmiddellik vasgevang. Dit was slegs die tweede venue wat ons besoek het. Ons het onmiddellik geweet dis waar ons wil trou! Nie net oor die pragtige Protea plaas nie, maar die algehele atmosfeer wat die venue geskep het. Dis formeel genoeg, sonder dat dit ʼn stywe gevoel afgee. Dit het ook die styl van ons dekor baie gekomplimenteer. Die feit dat dit ʼn opelug kapel gehad het, het ons ook baie aangetrek. Ons wou definitief buite in die natuur trou.
Wat was die inspirasie agter jul dekor?
Ons visie van die begin af was ʼn “rustiek” maar tog ʼn klassieke, romantiese styl, met ʼn kombinasie van elemente (bv, hout, koper en dan die blomme & blare). Ons wou ʼn warm en kalm gevoel skep met die dekor. Die doel was dat ons persoonlikhede in die dekor uitgebeeld word.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
Oorspronklik het ons so R120 000 begroot vir die troue. Ons het nie regtig streng volgens ʼn begroting gewerk nie – halfpad deur het ek besef hoe baie ek onder-begroot het en hoe baie goed ek nie in berekening gebring het nie. Ons het ʼn hele paar rand oor die begroting gegaan! Tog het ons nie eers die duurste van die duurste gehad nie.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?
Ons sal definitief sê; Minder is meer. Die dae van oorboord gaan op troues is iets van die verlede.
Mens kan nie alles by ʼn troue doen wat in die mode is nie. Kies wat vir julle as paartjie die belangrikste is, en doen/kry dit. ʼn Troue is ook nie ʼn kompetisie nie, doen wat by julle persoonlikhede as ʼn paartjie pas en belangrikste, wat julle kan bekostig.
Dis nooit te vroeg om goed te reël of te doen nie, hoe vinniger dit uit die pad kom, hoe beter. Die doel moet wees om die week voor die troue net te kan ontspan, emosioneel voor te berei, dalk jou toesprake ens te skryf en vir die wittebrood te pak.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Dis moeilik om net een oomblik uit te sonder op ʼn spesiale dag/aand soos ʼn troue, maar ons eerste dans het amper die meeste uitgestaan. Ons het op Roan Ash se “If I ever saw heaven” gedans. Die liedjie was ook ʼn laaste minuut besluit – ons was albei smoor verlief op die lirieke na ons dit die eerste keer gehoor het. Dit het ons dadelik aan mekaar laat dink. Ons gaste het reg-rondom die dansvloer gestaan met vonkstokkies toe ons dans begin. Die oomblik was so spesiaal en sprokiesmooi. Ons het styf teen mekaar gedans, met almal waarvoor ons so lief is se oë op ons met flikkerende liggies om die oomblik net ekstra romanties te maak.
Wat sou julle verander indien moontlik?
Dit is ʼn baie moeilike vraag – die dag was baie naby aan perfek vir ons. Om die troue te kon reël en self betrokke te wees met elke detail, was vir my baie lekker. Ek sou dit nie anders wou hê nie. Maar om self alles die dag voor die troue en selfs nog ʼn paar goed op die dag te moes doen, was nogal stresvol! Daar was net te min tyd oom alles self te kan doen. Ek sal enigiemand aanraai om indien moontlik, maar ʼn verskaffer of 2 aan te stel om die troudag vir jouself meer stresvry te maak.
Vertel ons meer van jul Wittebrood
Ons Wittebrood was ongelooflik. Ons was vir ʼn week weg Mauritius toe, waar ons by die Beachcomber se Le Victoria gebly het, spesifiek by hul “Adult only wing”- Victoria for two. Dit was die mooiste mooi! Ons kamer was stylvol en modern – perfek ingerig vir ʼn Wittebrood. Die mense was so vriendelik, die kos ongelooflik, en die strande prentjiemooi. Dit was die perfekte wegbreek na die opwinding wat ʼn troue inhou. Tydens ons kuiertjie het ons die hotel se spa besoek. Ons was ook met ʼn privaat boot uit vir ʼn dag om die noordkus te verken. Daar het ons gaan snorkel en pret gehad met dolfyne en ook die hotel se water sporte/aktiwiteite geniet. Elke aand het ons mooi aangetrek en ʼn romantiese ete op die strand geniet. Daar was elke aand ʼn vertoning of selfs net iemand wat musiek maak in die agtergrond om die aand mooi af te rond. Later die nag was daar ook ʼn boma vuur met gemaklike sitplek voor die strand om net nog verder te kan ontspan met ʼn glasie wyn, of selfs ʼn koppie koffie en nagereg.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Bahama Burgundy Photography
- Tweede Fotograaf: Shanay Greene Photography
- Bruid Rok: Ricca Dee
- Troupak & Strooijonkers broeke & belde: WOOLWORTHS
- Venue: Harmonie Proteas
- Blomme en Decor: La Belle Vita
- Kruisbande: Eden & Co. Quality Leather Goods
- Blommemeisie rokkies, Strooijonkers Kruisbande en Strikdassie: Ma van die Bruidegom
- Troupand – Bruidegom: Van Der Bank Jewellers
- Strooimeisies: Forever New South Africa
- Platejoggie: Core Music DJ Company
- Videograaf: Holistic Videography
- Hare: Shannon – HNM
- Grimering: Kaila Botha – Skulpted by kai
- Koeke: Bruid
- Origami voëltjies: Florel Designs
- Laser sny en gravure: Insignia Personalised Crafts
- Hout Plekmatjies (Gaste geskenkies): Wood worx