Hernus & Elzbeth se pragtige plaastroue

Mooi Troues deel met ons lesers ‘n plaastroue wat beslis propvol inspirasie is.  Hernus en Elzbeth het op familie vriende se plaas getrou en hul dekor was absoluut stylvol, definitief nie die gewone plaas tema gevoel nie.  Ons weet sommer Elsbeth het Hernus se asem behoorlik weg geslaan in die ongelooflike mooi trou rok wat sy gedra het.  Hernus het vooraf seker gemaak hy weet presies watter tipe trouring sy toekomstige vroutjie wil hê en het vir haar presies so ring laat ontwerp.

Ons is gek met roues waar die paartjie naby perde staan en die troue het alle verwagtinge oorskry toe die paartjie boonop naby Renosters ook poseer vir ‘n foto of twee!  Ons by Mooi Troues het bitter baie van dié foto’s gehou en ons is super opgewonde om dit met ons lesers te kan deel

Rol af en bekyk die foto’s van Hernus en Elzbeth se troudag en geniet elke oomblik daarvan.

Wat was jul troudatum en hoe oud was jul albei op dié dag?


Ons troudatum was 26 Mei 2018 en Hernus was 26 en Elzbeth 27.

Hoe het julle mekaar ontmoet?


Dit het begin tydens Tuks jool 2010 in Olienhout manskoshuis se saal.  Die wintie eerstejaar met sy interessante kopband en persoonlikheid wat daarby pas het toe reeds die stil Asterhof meisiekind se aandag getrek.  Alhoewel hulle storie eers later begin het, was daardie dag die begin van n spesiale vriendskap wat baie vinnig tot beste vriende gegroei het.  Na amper 3 jaar se harde werk, op 19 Oktober 2012, aan die voet van die kruis op Platberg het hy haar die kuis gevra.  Van daar af het hulle saam gegroei met God as hulle fondament, en 5 jaar later op Sy perfekte tyd verloof geraak.

Hoe het julle verloof geraak?


Hy het my weg gevat Wildtuin toe om die vyfde jaar wat ons uitgaan te gaan vier en toe op die laaste dag van ons trippie het ons Blyde River Canyon toe gegaan en daar op die randjie van die berg met die mooiste uitsig het hy op sy knee gegaan, alhoewel hy gen kans gehad het om enige iets te se voor ek heeltemal mal gegaan het en op hom gespring het, was dit perfek en het al my drome waar geword.

Vertel ons meer van jul ringe


Elzbeth se ring het eintlik na lang storie, die diamant kom uit die Bosch familie en was al gesteel maar met baie geluk het hulle kom terug gekry en kon Hernus hom gebruik om deel te vorm van Elzbeth se perfekte ring.  Hy het seker gemaak die ring lyk presies soos haar prentjies op Pinterest fyn en eenvoudig maar stylvol en tydloos.

Hernus se ring is deur homself gekies, ook goud om so te pas by Elzbeth se ring, hulle geheime kode 4321 is ook binne sy ring gegraveer.

Vertel ons meer oor die fotograaf en jul videograaf


Ons het verseker die heel beste foto- en videograwe gehad.  Albei het ons verwagtinge oortref en ons dag perfek vas gevang!  Lora Photography het ons fotos geneem, Loricia en Ramy is 2 energieke,  wonderlike mense wat ons van dag een af op ons gemak laat voel het en ons elke oomblik hulle heel beste gegee het.  Elke foto vertel n storie oor die spesiale dag in ons lewens.

Dylan en Marike van Hand Made Media het ons video gedoen en woorde kan nie die talente van hierdie mense beskryf nie.  Hulle weet net hoe om daardie spesifieke oomblikke vas te vang en met klank en musiek te meng sodat jy hoendervleis kry.

Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?


Elzbeth: Verseker die oomblik wat ek deur daai deure gestap het aan my pa se arms en die man vir wie ek so lief is te sien staan en wag net vir my.

Hernus: Toe ek vir Elzbeth die eerste keer kon sien toe sy teen daai trappe afstap op pad om met my te kom trou.

 

Wat sou julle verander indien moontlik?


Niks nie, alles was perfek en presies soos ons dit wou hê.  Ons was en is gelukkig met elke oomblik van daai dag.

Hoe het julle die venue gekies?


Die venue, Thaba Manzi Wedding venue, behoort aan die Kooy gesin in Warmbad.  Ek het in Warmbad groot geword en ken dus die gesin al vir jare bo en behalwe die feit dan my baba sussie, Berna, nou al 4 jaar lank met die jongste Kooy Boetie, JJ, uitgaan en ek al van die eerste dag wat ek my sussie daar moes gaan oplaai het gesien het die plek is perfek vir die Bosch bruilof.  Alles wat ek wil hê, plaas atmosfeer met baie styl daarby gegooi.

Wat was die inspirasie agter jul dekor?


Die kleur skema vir ons troue was Wit, Groen en Maroen.  ‘n Goeie vriendin van my, Llyn Marie Botha het een dag net vir my ‘n paar fotos gestuur met die kleure in en dit het dadelik my hart gewen.  Verder het ons probeer om dit so eenvoudig as moontlik te hou, met min blomme en baie loof om ‘n plaas maar tog stylvolle prentjie te skep.  My ma was ‘n absolute kampioen, sy is ‘n organiseerder gebore en het letterlik meeste van die goed gedoen, tussen haar en die 2 Kooy sussies van Thaba Manzi het hulle alles gereël en reg gekry.  Ek het meeste van die kontak werk met die diensverskaffers gedoen,  maar dit is maar net eposse stuur en telefoon oproepe maak.

Ons idee was om ‘n warm atmosfeer te skep, met die teenwoordigheid van God se liefde en geluk en dit is waaroor ons liefde gaan en waarop dit gebou is, om mekaar lief te hê soos God ons eerste lief gehad het.

Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?


Ons het 200 gaste by ons troue gehad so ons het op R1,000 per gas begroot, ek het self die finansies georganiseer op een groot Excel-sigblad en seker gemaak almal word betaal en ook dat daar nie onnodige uitgawes sal wees nie.  Alle betalings het deur my gegaan en net ek het toegang gehad tot die trougeld.  Dit is baie werk maar die moeite werd as daar ‘n streng begroting is om seker te maak almal bly daarby.

Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan?


Geniet net elke oomblik dit gaan so vinnig verby, alles gaan nie 100% wees soos jy beplan het nie maar kyk verby dit en neem elke oomblik in.

Vertel ons meer van jul Wittebrood


My oulike man en skoonma het ons wittebrood beplan en alles perfek gereël.  Ons was Mauritius toe, die ideale wittebrood bestemming.  Ons kon net ontspan en oor niks bekommer nie.  Verseker die beste vakansie van ons lewens.  Ons het eers die Maandag na die troue gevlieg wat ons die Sondag tyd gegee het om lekker tuis te wees en te rus na die besigste en lekkerste dag van ons lewe, en natuurlik oom tyd gegee om al die geskenke oop te maak.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: