Tiaan en Izel se troudag het soos iets uit ʼn sprokiesverhaal gelyk met hulle wit dekor, Wit blomme en feetjie liggies wat bygedra het tot die beeldskone sprokies troue. Hulle wou niks kleur in bring nie, die Wit van die dekor en die Groenigheid by die blomme moes die eenvoud en die mooiheid van die dag uitbeeld. Hulle het wel oor hulle begroting gegaan, maar volgens hulle was hulle troue perfek tot op die laaste minuut. Izel het soos ʼn droom gelyk in haar Spierwit bruidsrok en Tiaan het net so spoggerig in sy roomkleurige pak voorgekom. Hulle het die aardse kleure in gebring deur Tiaan se bruin das en Izel se strooimeisierokke wat Munt Groen vertoon het. Wees seker om nog advies raad en in hierdie artikel raak te lees. Ons hoop julle geniet dit.
Wat was jul troudatum en hoe oud was julle albei op dié datum?
28 April 2018. Izel 26 jaar en Tiaan 27
Hoe het julle mekaar ontmoet?
By ‘n braai aan die einde van November 2009.
Wat is jul advies aan ander paartjies wat besig is om hul troue te beplan en wat sou julle verander indien moontlik?
Absoluut niks!!! Dit was ons sprokies troue. Maar as ons dalk moet uitsonder dan sou ons meer ure in die spesiaalste dag van ons lewe wou gehad het. Lag die hele dag, staan net 5 minute stil en neem alles in. Dit gaan regtig net te vinnig verby.
Hoe het julle verloof geraak?
Vroeg oggend van die 17de Januarie 2017 het ek gedink ons gaan net ontbyt eet by die restaurant by Rietvlei dam in Pretoria. Na die ontbyt het ons bietjie deur Rietvlei dam gery en ons kar parkeer waar ons op die dek oor die dam uitgekyk het. Net daar het hy op sy een knieg afgesak en gevra of ek met hom sal trou.
Hoe lyk die ontwerp van jul ringe?
Izel se ring is ʼn Protea diamant met 2 pande van Browns.
Tiaan se ring is ʼn Swart Tungsten ring van Heathorn’s | Diamonds & Gold in Bloemfontein.
Waarheen was julle vir jul wittebrood gewees?
Aanvanklik was die verrassing dat ons Thailand toe sou gaan. Intussen wen Tiaan by sy werk rep van die jaar en ons besluit om bietjie groter te gaan. Ons vertrek einde September 2018 na Italië.
Wie was jul fotograaf en videograaf gewees?
Ons trou net een keer!! Maar as ek dit weer kon doen sou ons verseker weer vir Tania Allen gekies het. Beste in die land en laat jou elke oomblik op jou gemak voel.
Zita van Loerie Shortz films was ook uitstekend! Sal haar aanbeveel vir enige iemand wat haar wil gebruik vir hulle mooiste dag.
Wat was jul begroting en hoe het julle daarby gehou?
R100 000 was aanvanklik ‘n redelike goeie bedrag! Ons het in totaal R183 000 spandeer. (Ons het alles gaan neerskryf en opgetel.)
Hoe het julle die venue gekies?
Ons het na ‘ n hele paar trou venues gaan kyk in Bloemfontein. Monte Bello was ons keuse omrede die kapel en saal vir my die mooiste vintage gevoel gegee het met die kandelare wat uit die dak hang, wit reghoekige hout tafels, Wit Tiffany stoele en oorgenoeg (20 kamers) slaapplek waar gaste gerieflik en maklik kon oorslaap.
Wat was die inspirasie vir jul dekor?
Ek wou nog altyd ‘n vintage troue gehad het. Wou selfs nie eers kleur in gebring het nie. ‘n Wit sprokies troue was dit definitief met ‘n “tikkie Groen”.
Wat was die merkwaardigste oomblik van die aand?
Ons eerste dans saam as Mnr. en Mev. Smit met die ‘flikkers’ wat elke gas by die troue aangesteek en vasgehou het.
- Feetjie liggies: Drapeinc
- Blomme: Floweritbloem
- Dekor: Grand Room Design
- Fotograaf: Tania Allen Photography
- Videograaf: Zita Filmz
- Klank: JM Sound
- Trou Koek: Carrie’s Cookies & Candy
- Handwerk-bier en Jenewer & Toniese drankies: Brew and still